Chester no mo’

So. Chester Bennington van Linkin Park voeg sy naam op die lys van oorlede celebs.

Dit is opsigself jammer. Iewers op die aarde is daar nou ses kinders wat sonder ‘n pa moet groot word.

Maar anders as miljoene mense vandag, kan ek net nie my self so ver kry om Linkin Park te luister nie.

Ek is of eerder was, ‘n groot fan van hulle gewees. Ek dink Hybrid Theory is een van die beste albums wat sekulêre rock kon vrystel.

Maar soos tyd aangeskuif het, het ek net soortvan weg gedryf van Chester se musiek. Die laaste wat ek gehoor het was dat hulle laaste album bietjie heavy aan die suig kant was.

So Chester, ou boet: Ek hoop jy vind vrede in die dood.

 

Hier sit ek

Ek voel ek gaan uitpass.

Van hierdie stoel af neuk soos ‘n sleg munisipaliteit werker en net daar waar ek val, slaap.

O ja ek is moeg. En nee, dit is nie agv ‘n laat aand karnaval mallemeule gedoentes nie. Ek wens.

Nee wat. Die moegheid hier is AngsAanval Nr 4 (Konserwatief geskat) wat ek gehad het van gister af. Die laaste het my getref toe ek by die diere hospitaal draai oppad werk toe.

Teken? Yup. Ek glo so.

Ek moet op daai koue staal blad gaan lê, my voorpoot vir hom gee en met ‘n “Ai, jammer ou Baas…” moet hy my net uitsit. Daar en dan. Hy kan my sommer net veras ook.

Ek sal hom seker net sy R700 vooraf moet betaal.

Ek sal eerlik wees lesers. Panic attacks is nie net sommer ‘n ding wat kom en gaan nie. Sommige dae kan ek dit handle. Ander kere weer nie. Soos vandag.

Soos vandag sal ek net wil doodgaan. Rustig in daai kis klim, die deksels laat toeskroef en daar gaan ek. Grond in. Paar roos petaljes/blare op die kis en dan die grond…

En dan die rus, Die ewige rus…

 

Naweek Verslag:

Genade tog. Sondag? Sondag? Sondag is ‘n dag wat ek nie wil oor hê nie. Thanks but no thanks.

Kom ek stel dit so: As jy nou ‘n boek wil skryf oor depressed, moes jy gister in die Skeletor huis gewees het.

En ook, kom skuif maar jou stoel nader vandag. Ek sal jou ‘n paar tips kan gee. Of eerder, ek sal my eie boek skryf, thank you very much.

Happiness: How to Avoid it.

Chapter 1

Apply for a Job you want, but have no chance of getting.

 

Ek bedoel. Ek het so min vriende in die lewe, en al 4 van hulle is damn goeie vriende. Hulle stel my nooit teleur nie.

So ek neem maar daai mantel op myself.

Dit hou jou gegrond as jy so dan en wan hard met moeder-aarde kennis maak. So hard jou voortande sit vas tussen die klippe en gruis.

Net sodra jy dink jy is main peanut in die pakkie oop, maak iemand anders sy pakkie oop.

Gisternag op Twitter pos ‘n skrywers vriendin van my ‘n foto van ‘n poedel nakende man, baie opgewonde oor iets wat hy sien buite die venster wat hy deur staar.

Ek is amper bang die man het tydens die foto sessie vinnig omgedraai en homself in die oog ge-poke.

Net daar kom ek agter die main peanut in die pakkie is ek nie, ek is die ou rosyntjie…

bikini, black hair, blush, cleavage, flowers, long hair, nardack, navel, original, petals, purple eyes, swimsuit, t.jpg

O ja… En George A Romero, vader van die moderne Zombie film is gister oorlede…

best-George-A-Romero-movies

And then we have…

Noudat ek getroud is, en seks is nou nie meer die groot sonde as wat dit was voor my huwelik nie, sit ek nogals baie daaraan en dink.

Oh, who am I kidding? Ek is ‘n man wat mentally nog 14 jaar oud is vandat ek 10 was, volgens dies wat my ken. So ek dink permanent aan seks.

 

Dies van julle wat so bietjie die stoute kant van die litturgie al bespeur het, sal weet daar is ‘n honderd en een duisend name vir die… wel… jy weet mos!

Net in Afrikaans alleen kyk ons na:

Voël

Tottie.

Piel

Plesier-spier

Eenoog koggelmander ensovoorts en so aan.

koggel

Die vrou se privaatheid het ook derduisende benoemings. (Nie dat ek van dit hier gaan uiter nie. Dit is allermins ‘n familie blog die.)

Maar dit laat my dink: Ek is seker toe die ou Grieke of Latyners of wie ook al die ledemate  benoem het, moes hulle aliens of so iets gaan spreek het om ons Block en Tackle ‘n naam te gee.

Kyk, ons het kop (ek praat van jou hoof. Haal bietjie jou brein uit my broek uit, asb?), arms, bene, tone, voete, nek, mond, oë en so aan en so voorts.

Maar wat sal ons die ding noem waaroor empires geval het, (sommige) presidente bedank het en mans oor die algemeen meer dink mee as hulle breins?

Ons besluit om dit die lelikste naam ooit te gee.

Penis.

Soos in WTHeck Pythagoras? Kon jy nie iets beter kry vir die wortel van alle kwaad en lekker kry in die lewe nie?

En dan vir die dames: Vagina.

Ek kan nie eens die lelikheid van daai woord beskryf nie. Ek wil ook nie eers probeer nie!

Ek dink dis g’n wonder dat ons amper ‘n thesaurus vol van sinonieme vir die arme, dog een van die belangrikste dele van onse lywe het nie.

Kick an organ when it’s down! Is dit nie erg genoeg dat die arme ding se naaste buurmanne twee nuts en ‘n asshole is nie???

koggel2

‘n Pos in 20 minute

Is ek meer as my angs? Yup.

Is ek meer as die games wat ek speel? Yup

Is ek meer as die vermaak wat ek soek in my lewe? Yup.

Is ek meer as die kras grappie waarvoor ek so kan lag? Yup.

Is ek so behep met myself dat ek nie aan ander mense om my kan dink, of dink wat hulle voel, en hoe hulle my doen en late interpreteer nie? Glo my, ek dink nogals ek is.

Nou die dag vertel ‘n girl vir my: Ek praat nie meer met jou nie want jy hou jouself so distant deesdae.

Die skok golf slaan my soos ‘n, wel, soos ‘n golf wat my des moes geslaan het op die see vakansie van ’84.

“O nee,” kom die verweer. “Ek is maar eintlik net skaam.”

Die ding is, ek is so socially unadjusted ek kan nie vir jou vertel nie! Ek praat rerig nie baie nie! Nou die dag praat ‘n baie goeie vriend van my oor die blesbok wat hy geklits het op 135 meter of so iets.

Wat moet ek sê? “WOW AWESOME BOET!!!” of moet ek hom in sy glore instuur want ek glo nie in jag vir sport nie.

Sien, van gewere en jag weet ek so min as wat ek weet van brein chirurgie.

So ook Rugby. Sokker. Krieket. Juskei.

Ek weet darem dat seks lekkerder is as juskei.

Of so hoop ek.

Jukskei het ek nog nie gespeel nie…C666FGGU8AEOtXx

Toedrag? van sake…

Ja ja ek weet. My Afrikaanse onderwysers het almal seker nou in hulle grafte omgedraai of in hulle urns sulk poef geluide maak soos hulle ontplof.

Toedrag? Toenadering? EK KEN NIE DIE AFRIKAANSE WOORD NIE, OKAY!!!???

Anyhow.

Twee weke terug benat ek amper my broek van die blaas infeksie wat ek gehad het.

Soveel was die pyn die dokter het my sommer net daar en dan sommer binne aarse pyn middels injaag.

Die blou kol waar die suster mis gesteek het, het seker eers hier teen Vrydag gewyk.

Skryf die dokter mos nou vir my pille voor. Vir die blaas en vir die pyn.

Drink die pynpille.

Niks. Pyn is maar nog daar.

Maar ja. Pa Skeletor het mos nie ‘n sissie groot gemaak nie. Besides, hier na dag twee word die pyn minder en kan ek weer regop loop.

En sulke sterk strome water piepie, soos wat die Liewe Vader my inmekaar geslaan het.

Apparently het Pa Skeletor se as nou die dag so rukking gegee daar by my suster.

Sissie? Wie ek?

Natuurlik nie!

Well, as dit by my tande kom.

Abses.

Groot dramas. Pyn. Lyding. Hartseer! Ek sit in die nag en wieg soos ‘n ou weduwee wat die nuus gehoor het haar enigste kind is met die dorp se Vlerrie getroud.

Dis ‘n geween, maar geen gekners van die tande nie. Te seer. Ek haal net hard asem dan begin die Klaagliedere van Skeletor daar uit die kamer uit basuin.

Die Adco-Dolls help nie. Nie eers ‘n vlootskip vol Dolls gaan help nie.

Nee. Nood gedwonge sluk ek maar die ou pyn pilletjies wat die dokter vir die blaas gegee het.

Fantasities.

Dit werk.

Ek val aan die slaap.

Langs my (en hiervan is ek salig onbewus) begin die geween en gekners van tande by my vrou opdawer.

“SKELETOR! JY SNORK!!!!”

Konachan.com - 226659 bikini breasts brown_hair cleavage flowers headdress long_hair original pink_eyes sand-rain swimsuit water wet wristwear

Tot wedersiens

Dit is met groot tandpyn en hartseer dat ek die blog post, my laaste post, skryf.

Ja nee mense.

Die statistieke het gepraat.

Aan die einde van die dag is dit tog waarom jy ‘n blog het: Jy deel jou dinge en sieninge en geite met die wêreld.

Andersins waarom blog jy? (En moenie met die ‘Jy doen dit vir jouself’ goed kom nie.)

So dit is cheers.

Koebaai.

Gaan julle goed…

Mnr. Pik Botha

Ek sien ek moet weer boobies begin plak

Sug.

Rerig mense?

Is dit al waarvoor my blog goed genoeg is?

Plaas ek geen dames wat dreig om uit hulle klere te ontplof nie, dan vrek die blog van my ‘n stadige, pynvolle dood.

Plak ek girls, well, dan skiet my stats die hoogte in, daai grafieke dreig om hier bo by my screen uit te breek, te gil “We’re Free!” en dan die vlaktes in te hardloop.

Ek voel so goedkoop en gebruik…

book, bow weapon, breasts, cleavage, cowgirl, drink, gloves, hat, original, purple eyes, purple hair, scarf, shorbikini, black hair, blush, cleavage, flowers, long hair, nardack, navel, original, petals, purple eyes, swimsuit, tasuna_by_ilolamai-d5ip73k31299425_p043285628_p046127432_p046660538_p0

Dinsdag, 27 Junie 2017

Hierdie is ‘n dag wat ek vir altyd wil onthou. Die datum.

Ek is terrible met datums. Ek weet nie wanneer my ma verjaar het nie. Weet nie wanneer sy die lepel in die dak gesteek het nie. Ook nie my Pa nie. Of my broer s’n nie.

OK, Ouboet se verjaarsdag sal ek nie vergeet nie. Dit is immers een van ons publieke vakansie dae.

Hel. Ek het die aand vergeet wat ek en die wel bebuuste dame Toy Story “Gekyk” het in die Drive Inn daardie een koue winters-aand. (Die datum. Nie die aand nie. Maak nie saak hoe graag jy wil nie, sommige dinge bly by jou)

So wat is so belangrik aan die 27’ste Junie 2017?

Wel kom ek vertel dit so:

My rug het ek seergemaak. Vrek seer. Nou nie afgebreek of so nie, maar seer genoeg dat ek loop soos ‘n ou man met aambuie wat ‘n wille poep try onderdruk.

En dit is soveel erger as ek gesit het vir ‘n rukkie.

Dis die eerste keer in my lewe dat ek fisies moes dink aan hoe om regop te staan. Die spiere wat my bo hou fisies te moet flex anders knak ek net vooroor soos ‘n strooitjie papier in die wind.

Vet pret. ‘n Week later en nogsteeds kan ek nie proper loop nie, en ek vrees vir die dag wat iemand gaan aanbied om die weerluis uit my agterstewe te haal met ‘n knyptang.

So waarom wil ek die dag so graag onthou?

Wel, die saak staan so.

Paulus vertel ons van die dag wat ons nie meer soos dommes deur ‘n spieel gaan kyk nie, maar ons alles mooi gaan verstaan en ons gaan niks meer nie kan verstaan nie.

As ek die dag in die Hemel kom, en Jesus wys my na die hekke toe gaan ek net daar stop. Ek gaan na Hom toe draai en vra:

“Jesus, kan U asb vir my verduidelik. Op die 27’ste Junie 2017 het ek my rug seergemaak.  Hoe op die dees aarde het ek daardie onderbroek aangetrek om my rug SO seer te kon maak?”urdnot_wrex_by_illusive955-d4udzv0