Dom. Onnosel. Dis ‘n seëning. Soms.

Ek dink die liewe Here het my dom en oninteressant gemaak vir ‘n goeie rede.

Dom is dalk nie die regte woord nie. Socially Challenged miskien.

Nou die dag try ek ‘n geselsie aanknoop met ‘n mede werker hier by die werk.

Hoe gaan dit?

Goed.

Lekker naweek gehad?

Ja en jy?

Ja dankie…

En dit was dit…

So ek dink die liewe Vrou van my slaap baie rustig elke aand, wetende dat ek nie haar kan verneuk selfs al sou sy wil hê ek moet nie.

But then again. Selfs al gooi ‘n vrou haarself voor my sal ek nogsteeds soos ‘n dom kletter staan en wonder wat aangaan.

(As ek die storie al vertel het, wat ek weet ek al gedoen het, jammer om van jou hartseer stories te hoor, maar lees die sal jy weer. Ek is nou op die Recycle fase van my lewe)

So circa 1992 sit ek en try die skaaptjoppie wat my vriend se pa gebraai het te vreet.  Ek dink nie die oom het my baie gelike nie. Ek sweer ‘n safetyboot soël/sool/swool was sagter en meer smaakvol as daardie kamstige tjoppie.

Anyhow.

Oorkant my sit familie vriendin, Tannie Naomie.  Kyk, daai tannie het probleme gehad met iets. Moes bloedserkulasie gewees het of haar bo bene moes warm gekry het. Ek het nog nooit ‘n vrou so wydsbeen gesien sit nie, en ook nie so lief daarvoor om haar rompe tot bo haar ore te trek nie.

Weet ook nie of die tannie sukkel met aantrek nie. Waarom anders sou sy my saam nooi as sy haar swemklere gaan aantrek???

Rerig. I kid you not. Ek weet dit klink scaly verby. ‘n Tiener seun wat die kans gegun word op ‘n silver platter om die ondenkbare te gaan laat gebeur.

Net jammer ek sien boggeroll van dit…

(Ek is jammer as ek jou vergas weereens met die storie. Maar die punt bly staan: My lewe is so boring ek moet al stories oor gebruik vir die blog.)

maxresdefault

Jou gesig. My gesig.

Is ek rerig so ‘n horrible mens?

Nou die dag by die werk:

Deel van my werk is om met customers te praat via web chat. So ek begin altyd met: Hallo and welcome! You are chatting to Skeletor how can I assist?

Nie lank na dit nie, is al wat ek sien is Customer has dropped the chat.

Seker amper sewe keer na mekaar.

Kla so bietjie by ‘n mede werker. Haar response? “Wat gebruik jy om jouself voor te stel aan die mense. Jou naam of jou gesig?”

Eina.

index

My Customer Support gesig. Apparently

Jy raak die klits kwyt…

So. So twee posts terug skryf ek oor porn en hoe dit nie meer deel van my lewe is nie.

Vandag deel 2. (Shut-up en lees, damnit!)

Al wil ek graag op die berge en in die dale staan en gil en skree soos ‘n besetene “Ek is vry ek is vry ek wil vry!!!” sal dit die grootste klugspul wees sedert Jacob Zuma sy vuil bek oopgemaak het laas keer.

Die ding is, jy is nooit werklik vry van ‘n verslawing nie.

Nope. Daai agterspeen word elke liewe dag voor jou neus geswaai, en hy belowe chocolate milkshake!

En die beste van als is: Dis nie die duiwel en sy sewe dissipels wat met die verskonings opkom hoekom jy so skelm moet koekeloer as die vrou besig is om ‘n bowel movement vertoning wat Oscars kan wen, gee in die badkamer nie.

Dis MY bleddie brein wat so teen my kan draai!

“Niemand sal weet nie!”

“Dis nie begeerte as die naakte girl jou prikkel nie! Dis mos maar net man-reaksie teenoor boobs!”

“Nee man! Sy soek dit van agter af! Nee! Moenie worry oor haar gesig nie! Daai is nie pyn nie, dis plesier!”

Daai laaste een veral… Kyk… Ek besef nou watse honde stront ek gevreet het vir poeding.

En die gewilligheid om te vreet! Jy dink jy vreet Smarties!

Nee wat.

Manne wat hier lees:  Vat dit van my af. Porn is net oulik vir wel, dit IS nie.  O dit mag dalk so lyk! Boobs, boude en bossies!

Maar daardie een dag wat jy vir jouself kyk en sien wat de hel jy mee besig is…

O hello

Soos ‘n nat poep kom jy en ruineer my dag. Die oomblik is daarmee heen.

Die tanniedeksel sit alleen. Ek wonder: Op die stoep? Sit sy en verlang na dae wat gekom het en gegaan het?

Kan sy my nog onthou?

Of is sy nes ek? Bang vir die dag wat die dood my bespring in ‘n donker alley en my sy bitch maak.

Wat is volgende? Koffie is weg. Coke is weg. Musiek?

Ek het nou die dag ‘n track op die net gesien. Jy moet dit luister as jy angstig is. Dit is so rustig dit sal jou aan die slaap sus.

Wat is dan die punt?

Vanaand gaan ek weer Sims. Of dalk Mass Effect. Ek sukkel nou nog om in daardie 900 jarige dame se hart en bed in te klim.

En more? More gaan ek moet keer.

Oranje pakkies pas my nie.

En kan hulle suig!

Ek kan een ding more or less met baie sekuriteit sê: Ek is een van vele mans wat dit kon regkry om porn uit sy lewe te kon kry.

Dis nie altyd so maklik nie nee. Die duiwel ry mens ook maar holrug in sy sexy lyfkouse en bra’s.

But hey. Niks wat ‘n goeie dosis van die Heer se Musiek nie kan help mee nie.

cover-mortification

Maar kyk. Ek het die Porn Ponie bloots gery. En vandag spyt dit my dat ek so baie damn kilometers op die ding gesit het, en dat ek menigte male krediet kaart uitgepluk vir my fix. (Dis ook waar ek gesien het ouer dames kan suig, Elane, and boy, do they love it! Apparently. Maar hey, mense sal enige iets fake as die geld reg is.)

Is dit ‘n ‘fix’ as jy heeldag en aldag daaraan dink?  Jury’s out on that one.

Anyhow.

Vandag kan ek sê ek is Porn free.

Daar is dae wat ek nog van dit te sien sal kry. Twitter kan soms, so dan en wan, rof raak. Maar dis okay. Jy scroll maar vinnig verby, neurie Op Berge en in Dale en oweral is God…

Soms… soms raak dit so erg dat ek dink ek moet kop eerste die pilaar hier by my tafel be-duik. Glo my. Harsingskudding is peanuts teen die struggle om van so verslawing in jou lewe ontslae te raak.

Maar daar is dae… Kom ek vertel eers die: Die ding met ‘n verslawing is dit: Los die een ding en vervang dit nie met iets anders nie? Dis die vinnigste wat jy terugval in jou ou gewoontes in. Glo my.

20+ jare se ondervinding wat praat hier.

So toe begin ek met die Anime girls. Die prentjies wat ek plak hier.

En die Asian girls wat ek nog al die jare van kindsbeen af as pragtig beskou het.

So. Hier kom die waarheid. Waar die pastoor se foto’s vol van foto’s is van sy pragtige gesin, is myne vol van anime girls en asian girls wat apparently, vir een of ander rede, se baai kostuums altyd sewe sizes te klein is, maar net groot genoeg om tog seker te maak mens sien niks nie.

Maar nou die dag, oppad huis toe, vra ek die Vrou hier langs my: “Ruil ek maar nie net een tipe porn vir ‘n ander se verslawing nie??”

 

 

Waantoe nou?

Let’s face it. Politikuste moet almal vir ‘n maand lank gaan poef.

(dis al wat ek gaan sê oor daardie onsmaaklike onderwerp.)

Maar Waantoe nou?

Dis die vraag. Dis die een verdomde vraag waarop ek net nie ‘n bloody antwoord kan kry nie.

Laat ek verduidelik: Ek werk nou al vir 15 jaar vir die maatskappy. En as ek nou dood eerlik die donkie in die oë moet kyk, gaan ek net kan erken hier is nerens waar ek heen kan gaan nie.

Op is my nie beskore nie, want glo dit of te nie, ek is nie een wat ass kiss nie. Gat skop? O daarvoor is ek BAIE lief.

Veral as die persoon wat jou moet lei of leer, myns insiens natuurlik, dommer is as ‘n McDonalds patty. En ek kry net die idee my idee van eerlik is nie wat hulle wil hoor nie.

Maar Waantoe nou dan?

Hier is ook die ding: Ek is tans op so geestelike plek waar ek voel, daar is ‘n trek aan my siel. ‘n Begeerte om mooi na myself te kyk, en kyk watse talente ek in die grond begrawe het.

Dan, miskien dan sal die liewe Heer dit goed dink om my uit hierdie “lewe”

maxresdefault

(“Hahaha” – Odin)

uit weg te vat, en dat ek iets kan doen wat A) die moeite werd sal wees en B) My nie so sal depress dat ek elke dag kans sien vir boggeroll, nie eens ‘n half-uur speel aan ‘n video game nie. Ja mense, dit is so erg.

So… Waantoe nou? Vir eers, toilet toe en dan koffie kry…

C7_VOgrXgAAVfIj.jpg large

Lig met die kniege

Dom is ek, simpel is ek. Tel die swaar ou TV op met die rug, doen ek.  Maak weer die blerrie rug seer.

Ek dink dit is hoogtyd dat ek myself gaan oorlewer aan die SPCA. Miskien na twee weke as niemand my soek of adopt nie sal hulle my dan uitsit.

Verlos die wêreld van my stupidheid.

Sug.

En seer rug en al, pot ek amper gister ‘n ou man nog in die gesig. Ek was so naby.  Maar nou ja. Ek kort die werk en ek wil ook nie in die tronk my gat cover vir al wat ‘n lady boy is nie.

My bed is lekker warm genoeg dankie.

Maar hoekom?  Waarom is mense sulke kans vatters? Ek verkoop ‘n ou, werkende TV gister. R500 is die prys wat ek gemaak het. Fair enough, daar is bietjie skade aan die TV, maar die ding werk nog. (Die skade kan met bietjie vernuf en ‘n dun spykertjie uitgesort word.)

Ek is nog gaaf genoeg en gee die man honderd en vyftig rand afslag agv die skade.

Stop hy my R150 in die hande.

“En die?” vra ek, nogal in my noppies met die tip wat ek smaak ek gekry het.

“Ons het afgespreek op R300 vir die TV” reken die man my.

Geen so iets is gedoen nie. Ek weet dit sommer.

My bloed kook.

My Spoeg kook.

Die water in my blaas en die stront in my derms kook.

Ek sien al hoe ek die man Freddy Kreuger styl vermoor.

Kalm dog dringend sê ek maar toe: “Ag weet jy, ons het baie aanvraag vir die TV. So vat hom of los hom.” (Of so iets. Ek is mos altyd ordentlik met vreemde mense.)

Gelukkig vir die oom stem hy toe in op R300. Nogsteeds minder as die oorspronklike prys.

Maar net genoeg om nie te maak dat die oom met die TV in sy hol huis toe gaan nie!

C5vrlrAWMAAGfka

Te gevaarlik???

Moge

Ek is nou so moeg ek kan nie eers dit spel nie.

Ek gaan rol sommer in nat suiker en gaan sit dan op ‘n miershoop.

Ek sal te moeg wees om op te staan en weg te hardloop.

Of is ek nou soos Salomo die wyse gesê het: Te lui om jou hand by jou mond te bring om jouself te voer?

Nee regtig…

hqdefault

Hokaai hou my vas…

Nou die aand sit ek mos nog so en Sims speel, rol die wielietjie van die muis dat ek nou mooi die toilet kan sien.

Sim moet mos gaan piepie. (ek sweer, my Sim het een of ander blaas infeksie want kort-kort moet sy gaan.)

Een probleem. Die muis wielietjie rol nie te lekker nie. Instede, hy gly meer as rol.

En wat is nou meer annoying as games hardeware wat nie werk nie?

Blaas infeksie sal ek vir jou sê.

Maar anyhow. Ek reken my vrou ek sal maar moet nuwe muis gaan koop.  So is ons gister in Incredible Rip-Off in. Staan ek en kyk na die gaming muise. Goodkoopste wat ek kan kry is so by die R1000.00. Yup. Die duurste hier by R2800.00

Ek lag. My vrou lag. Die muis lag. Well, vir daai prys moet daai muis kan terug gesels…

CwoULfZXcAENp5H.jpg large