Lig met die kniege

Dom is ek, simpel is ek. Tel die swaar ou TV op met die rug, doen ek.  Maak weer die blerrie rug seer.

Ek dink dit is hoogtyd dat ek myself gaan oorlewer aan die SPCA. Miskien na twee weke as niemand my soek of adopt nie sal hulle my dan uitsit.

Verlos die wêreld van my stupidheid.

Sug.

En seer rug en al, pot ek amper gister ‘n ou man nog in die gesig. Ek was so naby.  Maar nou ja. Ek kort die werk en ek wil ook nie in die tronk my gat cover vir al wat ‘n lady boy is nie.

My bed is lekker warm genoeg dankie.

Maar hoekom?  Waarom is mense sulke kans vatters? Ek verkoop ‘n ou, werkende TV gister. R500 is die prys wat ek gemaak het. Fair enough, daar is bietjie skade aan die TV, maar die ding werk nog. (Die skade kan met bietjie vernuf en ‘n dun spykertjie uitgesort word.)

Ek is nog gaaf genoeg en gee die man honderd en vyftig rand afslag agv die skade.

Stop hy my R150 in die hande.

“En die?” vra ek, nogal in my noppies met die tip wat ek smaak ek gekry het.

“Ons het afgespreek op R300 vir die TV” reken die man my.

Geen so iets is gedoen nie. Ek weet dit sommer.

My bloed kook.

My Spoeg kook.

Die water in my blaas en die stront in my derms kook.

Ek sien al hoe ek die man Freddy Kreuger styl vermoor.

Kalm dog dringend sê ek maar toe: “Ag weet jy, ons het baie aanvraag vir die TV. So vat hom of los hom.” (Of so iets. Ek is mos altyd ordentlik met vreemde mense.)

Gelukkig vir die oom stem hy toe in op R300. Nogsteeds minder as die oorspronklike prys.

Maar net genoeg om nie te maak dat die oom met die TV in sy hol huis toe gaan nie!

C5vrlrAWMAAGfka

Te gevaarlik???

Advertisements

10 comments

  1. rondomtaliedraai · 27 Days Ago

    Eish my somme is nie so goed nie.

    • Skeletor · 27 Days Ago

      Toemaar Tina. Myne ook nie. Een jaar tydens eksamen was die antwoord waarby ek uitgekom het vir n wiskunde vraag”Potato”

  2. Toortsie · 27 Days Ago

    Simpel oom.

    • Skeletor · 27 Days Ago

      Simpel verby. Maar hey, naasteliefde en dies meer nê?? Sommige mense kan bly wees oor daai gebod. Glo my! 🙂

  3. perdebytjie · 27 Days Ago

    Ek gee meer om oor jou rug as oor die tv! Lekker gelag vir jou beskrywing.

    • Skeletor · 27 Days Ago

      My vrou het ook gelag vir my vanoggend twee uur toe ek eers op my maag moes rol, en toe hande viervoet in reverse van die bed af moet klim net om te gaan loo.

  4. Hier "blok" Elanè · 26 Days Ago

    What a bargain… 😂

  5. coetzee2014 · 25 Days Ago

    Ek is nogal jammer hy het toe die geld betaal, want ek sou graag die foto wou sien met daardie TV in sy hol.

  6. ekmyselff · 23 Days Ago

    Bawhaaaaaaa

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s