Hier sit ek

Ek voel ek gaan uitpass.

Van hierdie stoel af neuk soos ‘n sleg munisipaliteit werker en net daar waar ek val, slaap.

O ja ek is moeg. En nee, dit is nie agv ‘n laat aand karnaval mallemeule gedoentes nie. Ek wens.

Nee wat. Die moegheid hier is AngsAanval Nr 4 (Konserwatief geskat) wat ek gehad het van gister af. Die laaste het my getref toe ek by die diere hospitaal draai oppad werk toe.

Teken? Yup. Ek glo so.

Ek moet op daai koue staal blad gaan lê, my voorpoot vir hom gee en met ‘n “Ai, jammer ou Baas…” moet hy my net uitsit. Daar en dan. Hy kan my sommer net veras ook.

Ek sal hom seker net sy R700 vooraf moet betaal.

Ek sal eerlik wees lesers. Panic attacks is nie net sommer ‘n ding wat kom en gaan nie. Sommige dae kan ek dit handle. Ander kere weer nie. Soos vandag.

Soos vandag sal ek net wil doodgaan. Rustig in daai kis klim, die deksels laat toeskroef en daar gaan ek. Grond in. Paar roos petaljes/blare op die kis en dan die grond…

En dan die rus, Die ewige rus…

 

Advertisements

One comment

  1. rondomtaliedraai · Julie 19

    *drukkie* ❤

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s