‘n Pos in 20 minute

Is ek meer as my angs? Yup.

Is ek meer as die games wat ek speel? Yup

Is ek meer as die vermaak wat ek soek in my lewe? Yup.

Is ek meer as die kras grappie waarvoor ek so kan lag? Yup.

Is ek so behep met myself dat ek nie aan ander mense om my kan dink, of dink wat hulle voel, en hoe hulle my doen en late interpreteer nie? Glo my, ek dink nogals ek is.

Nou die dag vertel ‘n girl vir my: Ek praat nie meer met jou nie want jy hou jouself so distant deesdae.

Die skok golf slaan my soos ‘n, wel, soos ‘n golf wat my des moes geslaan het op die see vakansie van ’84.

“O nee,” kom die verweer. “Ek is maar eintlik net skaam.”

Die ding is, ek is so socially unadjusted ek kan nie vir jou vertel nie! Ek praat rerig nie baie nie! Nou die dag praat ‘n baie goeie vriend van my oor die blesbok wat hy geklits het op 135 meter of so iets.

Wat moet ek sê? “WOW AWESOME BOET!!!” of moet ek hom in sy glore instuur want ek glo nie in jag vir sport nie.

Sien, van gewere en jag weet ek so min as wat ek weet van brein chirurgie.

So ook Rugby. Sokker. Krieket. Juskei.

Ek weet darem dat seks lekkerder is as juskei.

Of so hoop ek.

Jukskei het ek nog nie gespeel nie…C666FGGU8AEOtXx

Advertisements

7 comments

  1. rondomtaliedraai · 13 Days Ago

    Nou die dag vertel ‘n girl vir my: Ek praat nie meer met jou nie want jy hou jouself so distant deesdae.

    Ek stem nogal saam met die girl. Ons het ook altyd lekker gekuier Ek hou van jou vreemde sin vir humor maar jy antwoord mens soms nie eens meer nie … wel… sug… wat sal ek nou weet …

    • Skeletor · 12 Days Ago

      Ai dame, jy laat my sleg voel. Ek wil nie snaaks wees nie, maar hier by die werk is dinge bietjie woes. Ek word met arends oë dopgehou en ek blog maar skelm.
      Verskonings ek weet, maar ek sal TRY om bietjie meer sosiaal hier te wees.

  2. ekmyselff · 12 Days Ago

    Gister n Brief gaan blog, juis oor iemand wat doen wat die girl beweer jy doen – en ek is nogals befok vir die person… gaan lees bietjie. So pasop netnou voel mens onnodiglik ook dalk so oor jou. Mooi dag!

  3. Hier "blok" Elanè · 10 Days Ago

    Jy klink asof jy my seun kon wees. Maar ja, jag freak my beslis uit. Of daar nou biltong ter sprake is of nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s