Toedrag? van sake…

Ja ja ek weet. My Afrikaanse onderwysers het almal seker nou in hulle grafte omgedraai of in hulle urns sulk poef geluide maak soos hulle ontplof.

Toedrag? Toenadering? EK KEN NIE DIE AFRIKAANSE WOORD NIE, OKAY!!!???

Anyhow.

Twee weke terug benat ek amper my broek van die blaas infeksie wat ek gehad het.

Soveel was die pyn die dokter het my sommer net daar en dan sommer binne aarse pyn middels injaag.

Die blou kol waar die suster mis gesteek het, het seker eers hier teen Vrydag gewyk.

Skryf die dokter mos nou vir my pille voor. Vir die blaas en vir die pyn.

Drink die pynpille.

Niks. Pyn is maar nog daar.

Maar ja. Pa Skeletor het mos nie ‘n sissie groot gemaak nie. Besides, hier na dag twee word die pyn minder en kan ek weer regop loop.

En sulke sterk strome water piepie, soos wat die Liewe Vader my inmekaar geslaan het.

Apparently het Pa Skeletor se as nou die dag so rukking gegee daar by my suster.

Sissie? Wie ek?

Natuurlik nie!

Well, as dit by my tande kom.

Abses.

Groot dramas. Pyn. Lyding. Hartseer! Ek sit in die nag en wieg soos ‘n ou weduwee wat die nuus gehoor het haar enigste kind is met die dorp se Vlerrie getroud.

Dis ‘n geween, maar geen gekners van die tande nie. Te seer. Ek haal net hard asem dan begin die Klaagliedere van Skeletor daar uit die kamer uit basuin.

Die Adco-Dolls help nie. Nie eers ‘n vlootskip vol Dolls gaan help nie.

Nee. Nood gedwonge sluk ek maar die ou pyn pilletjies wat die dokter vir die blaas gegee het.

Fantasities.

Dit werk.

Ek val aan die slaap.

Langs my (en hiervan is ek salig onbewus) begin die geween en gekners van tande by my vrou opdawer.

“SKELETOR! JY SNORK!!!!”

Konachan.com - 226659 bikini breasts brown_hair cleavage flowers headdress long_hair original pink_eyes sand-rain swimsuit water wet wristwear

Advertisements

11 comments

  1. Net Ek · 14 Days Ago

    Jou vrou het al my simpatie! My man snork ook, selfs al lê hy op sy maag en slaap.

    😆

    • Skeletor · 13 Days Ago

      Ek hoor dit gereeld: Skeletor! Draai op jou sy! Jy snork!

      • Net Ek · 13 Days Ago

        😆

        Probleem is, (as jy soos my man is) julle kan gedraai en geskud en geskop word, snork SNORK julle.

  2. Thys · 14 Days Ago

    Ek slaap al jare lank nie meer nie … no rest for the wicked … maar ek verstaan waarvan julle praat 😉

  3. rondomtaliedraai · 14 Days Ago

    Sug… Sjoe jy kry darem swaar…

  4. ekmyselff · 13 Days Ago

    Die pyn ry jou bloots die afgelope tyd! Daar is min wat vir tandpyn help, ek is bly dat dit vir jou gewerk het… ek moes al 6 pynpille en halwe glas skoon “Whoopski” drink en selfs dit het nie vir my tand gewerk nie – soos n blerrie baba getjank.

    • Skeletor · 13 Days Ago

      Ek huil nie. Maak maar net my broek so bietjies-bietjies nat…

  5. Hier "blok" Elanè · 13 Days Ago

    😂😂😂 jy moet ‘n vrou duisend hê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s