Dinsdag, 27 Junie 2017

Hierdie is ‘n dag wat ek vir altyd wil onthou. Die datum.

Ek is terrible met datums. Ek weet nie wanneer my ma verjaar het nie. Weet nie wanneer sy die lepel in die dak gesteek het nie. Ook nie my Pa nie. Of my broer s’n nie.

OK, Ouboet se verjaarsdag sal ek nie vergeet nie. Dit is immers een van ons publieke vakansie dae.

Hel. Ek het die aand vergeet wat ek en die wel bebuuste dame Toy Story “Gekyk” het in die Drive Inn daardie een koue winters-aand. (Die datum. Nie die aand nie. Maak nie saak hoe graag jy wil nie, sommige dinge bly by jou)

So wat is so belangrik aan die 27’ste Junie 2017?

Wel kom ek vertel dit so:

My rug het ek seergemaak. Vrek seer. Nou nie afgebreek of so nie, maar seer genoeg dat ek loop soos ‘n ou man met aambuie wat ‘n wille poep try onderdruk.

En dit is soveel erger as ek gesit het vir ‘n rukkie.

Dis die eerste keer in my lewe dat ek fisies moes dink aan hoe om regop te staan. Die spiere wat my bo hou fisies te moet flex anders knak ek net vooroor soos ‘n strooitjie papier in die wind.

Vet pret. ‘n Week later en nogsteeds kan ek nie proper loop nie, en ek vrees vir die dag wat iemand gaan aanbied om die weerluis uit my agterstewe te haal met ‘n knyptang.

So waarom wil ek die dag so graag onthou?

Wel, die saak staan so.

Paulus vertel ons van die dag wat ons nie meer soos dommes deur ‘n spieel gaan kyk nie, maar ons alles mooi gaan verstaan en ons gaan niks meer nie kan verstaan nie.

As ek die dag in die Hemel kom, en Jesus wys my na die hekke toe gaan ek net daar stop. Ek gaan na Hom toe draai en vra:

“Jesus, kan U asb vir my verduidelik. Op die 27’ste Junie 2017 het ek my rug seergemaak.  Hoe op die dees aarde het ek daardie onderbroek aangetrek om my rug SO seer te kon maak?”urdnot_wrex_by_illusive955-d4udzv0

Advertisements

One comment

  1. diewithasie · 20 Days Ago

    hahahahahahaha!!! ag neeeeee!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s