Dis seker maar net aansit

Dit oorval my soos ‘n poep in die kerk. Heel onverwags en baie tot my speit.

Asof dit nie erg genoeg is dat ek nou net decaf moet drink nie, nou lyk dit my gaan ek nooit weer enige koffie drink van enige aard nie.

Die ding is, selfs Decaf koffie word lekker as jy dit lank genoeg drink.

Totdat jy die laaste slukkie van die decaf Cappuccino vat en wel, dit voel asof Bruce Lee jou in die linker nier skop.

Ek wil huil. Ek probeer etenstyd gaan skuins lê in die kar. Alles te vergewe.

“Kreun en Steun gaan nie help nie!” sê Vroulief hier langs my, hoogs die duiwel in omdat ek haar middagslapie ruineer.

Ek gee maar op, gaan toilet toe want ek voel ek moet water afslaan en die poef druk dat ek voel ek gaan ontplof.

Gaan besteig die troon, al wat ek kry is so hartseer straaltjie en ‘n half-effort poep.

Na etentstyd probeer ek werk. Maar nee. Pyn is erg. So erg. “Dit klink asof hy doodgaan toe hy my bel,” reken Vroulief haar kantoor-buurvrou.

So sukkel ons af huis toe. Dit voel asof my blaas hondstolheid het en alles en homself byt. Ek dink ek gaan nou-nou my broeksnate om die boude beproef as ek die wind laat gaan wat my pla, bang dat dit nie net wind gaan wees nie maar groot hoeveelhede, angs gelaaide maag lediging wees.

So knyp ek, kreun ek, huil ek amper oppad huis toe.

Kom by die dokter aan. “Meneer Skeletor, het jy al nierstene gehad?”

“Nee,” reken ek, hy vra dan so al asof Nierstene soos Masels is. Jy moet dit ten minste een keer in jou lewe kry…

“Wel, daar is bloed in jou water…” en ek hoor niks verder nie.

Ek haat pyn. En ek verstaan nierstene skuif is soos om die duiwel in jou blaas stelsel te hê en hy poke alles met sy vurk.

Soos nou. Ek dink die duiwel is in my totter…

diablo2

Pictured: Wat in my blaas area rondhang…

Advertisements

7 comments

  1. Net Ek · Junie 21

    Ek is jammer ek lag, maar dis daai laaste sin van jou se skuld.

    Maar sorry nê, ek voel rerig jammer vir jou. Rerig erig. Ek dink dis moer seer. Dis glo gelykstaande aan kraampyne. Ek sal nie weet nie want die duiwel het nog nie in my niere rondgedryf nie.

    Maar sterkte hoor.

    • Skeletor · Junie 21

      Ag dankie… Kyk, dit is seer. Maar laas s’n was seerder. Apparently was die infeksie so hoog die masjientjie waarmee hulle jou piepie toets kon dit ne eers lees nie.

      • Net Ek · Junie 22

        Liewe genade!

        Spoedige beterskap vir jou ou Skellie!

  2. rondomtaliedraai · Junie 21

    Ai sterkte…

  3. ekmyselff · Junie 22

    Kies ek lag…. die duiwel in jou totter…. bawhaaaa!!!!
    Nee ernstig nou, dit IS vrek seer – baie sterkte!

    • Skeletor · Junie 22

      Dankie… Vandag is dit die pro-biotics wat die maag opfjort. Sug.

  4. sovereignfemale · Junie 23

    sjoe ek dink dit kan entertaining raak om jou- dit wat jy beskryf klink erg maar kielie my lag spiere. maar sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s