Alone Try 2

Die is nie ‘n Jammer-Jannie Verhaal nie…

Ek is graad 1. Besig om in my ou boeksakkie te soek na vader alleen weet wat. Ek sit so tweede van voor af in die saal.

“Skeletor!” hoor ek die gil oor die saal se luidsprekers. Kyk op in Juffrou Van Rensburg se oë wat die duiwel kon bang maak.

Dis daar wat my sosiale self vertroue gek(n)ak het die dag. Vir weke aaneen na dit, het ek gebewe van die skrik.

Bang dat daardie bose heks weer op my gaan skree.

Te bang om enige werk in te handig. Bang ek gebruik nie die regte kleur vir die prentjie nie. Het sy gesê Oranje of ligte Oranje??

Ek gee maar my prentjies in. Weet dit is sommer net gemors. Ek kan nie teken nie.

Maande na dit is ons opgedeel in klassies. Ek die gelukkige wenner van Graad 1 C. Jy is okay maar moenie dink jy gaan gemaklik raak nie.

Teken die dag vir Abraham wat Isak die berg opvat. Ek let nie op nie. Sien nie dat die juffrou al van oranje na pers toe geskuif het nie. En rooi vir Abraham se klere nie.

“Juffrou?” vra ek voor ek dink. “Moet ons ander kleure gebruik?”

“Het jy nou als in Oranje gedoen, Skeletor?”

“Ja Juffrou…”

Ek kan nie onthou wat sy gesê het voor af nie. Ek onthou net “… dit is so vuil en vieslik!”

Nog ‘n knak.

Pouses kom. Almal hardloop uit. Maaikies waarmee hulle speel. Broodjies share.

Ek eet die Marmite broodjies wat ma ingepak het, rol die plastiek bolletjie soos altyd en druk die plastiek in my broeksak.

Yvonne en haar bende staan voor die asblik, en ek sien nie kans om nog gespot te word nie. (Nie dat ek dink hulle sou nie. Maar ‘n 7 jarige brein weet nie wat beteken vervolgings kompleks nie.)

So loop ek die pouses om. Regs om verby my klassie, om die hoek van die rytjies rooisteen geboue.

Oor die klein stukkie gras.

Denne naalde wat nie rerig seermaak nie. Kyk hoe die kinders speel. Verby die slide, kyk hoe die kinders gly en te kere gaan.

Verby die groot branderwiel, kyk hoe die kinders gil en skree van die lekker.

Voor die klassies verby.

Alles gaan net verby…

 

 

Advertisements

4 comments

  1. perdebytjie · Junie 14

    Ek voel saam met daardie klein Skeletorretjie…almal het iewers so ‘n storie van vrees en onsekerheid…goed geskryf!

  2. ekmyselff · Junie 15

    Ag nee… sad

    • Skeletor · Junie 15

      Ja en nee. Glo my, dit was nie lekker gewees daai tyd nie. Maar dit het gemaak dat ek vandag nie so afhanklik van mense is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s