Van One Bad Pig na Alan Jackson

“Jy gaan doof word!” gil die baas nou die dag vir my.

“Huh?” antwoord ek en haal die oorfone af.  Carrey “Kosher” Womack gil nog aan “Take a Look at your Self!”

En as ek sê gil, bedoel ek die man gil en klink about soos ‘n vark oppad slagpale toe.

“Is dit Gospel?” vra Baas.

Ek wil amper my ogies afrol my oogkaste in.  Ek hoor dit nou al van seker Standerd 8 af. Dis nou wat, 24 jaar lank? “Ja, dit is,” sê ek, en maak gereed vir die verduideliking wat moet kom.

“Klink nie so nie.” En daar gaan hy, blik koffie onder die arm kombuis toe.

Ek sit maar die geraas so bietjie sagter. Well, ek sê geraas, maar as One Bad Pig so begin sing van “Never Forget the Cross!” dan is dit sommer so lekker kry gevoel. Music to my ears.

one bad pig

One Bad Pig. Ek het niks verder te sê nie…

Vandag luister ek weer na Alan Jackson. Country musiek, so eg, ek is seker as jy country music opsoek in die woordeboek kry jy ‘n foto van Alan.

Alan-Jackson

Pictured: Oxford Dictionary definition of Country Music aka Alan Jackson

En dis die ding wat vir my so amazing is van die God wat ons dien. Hy laat hom nie in ‘n mens se blik druk nie.

Hy is in alles, en enige iets wat Hy wil gebruik die sal Hy! Van die punk rock klanke van One Bad Pig, tot die rustige, strelende melodie van Alan Jackson se Hymns.

After all, hy het ‘n donkie laat gesels met Bileam die dag.  Imagine jy kom by die huis die dag, en jou hond reken jou: “Wat die joos het jy aangevang vandag??? Daar is ‘n Engel in die kombuis wat wag om jou skedel oop te split! WEET JY HOET EK MYSELF BEPOEF TOE EK HOM SIEN??? Daai Waterbak sal nooit weer dieselfde proe nie!”

Dis seker maar net aansit

Dit oorval my soos ‘n poep in die kerk. Heel onverwags en baie tot my speit.

Asof dit nie erg genoeg is dat ek nou net decaf moet drink nie, nou lyk dit my gaan ek nooit weer enige koffie drink van enige aard nie.

Die ding is, selfs Decaf koffie word lekker as jy dit lank genoeg drink.

Totdat jy die laaste slukkie van die decaf Cappuccino vat en wel, dit voel asof Bruce Lee jou in die linker nier skop.

Ek wil huil. Ek probeer etenstyd gaan skuins lê in die kar. Alles te vergewe.

“Kreun en Steun gaan nie help nie!” sê Vroulief hier langs my, hoogs die duiwel in omdat ek haar middagslapie ruineer.

Ek gee maar op, gaan toilet toe want ek voel ek moet water afslaan en die poef druk dat ek voel ek gaan ontplof.

Gaan besteig die troon, al wat ek kry is so hartseer straaltjie en ‘n half-effort poep.

Na etentstyd probeer ek werk. Maar nee. Pyn is erg. So erg. “Dit klink asof hy doodgaan toe hy my bel,” reken Vroulief haar kantoor-buurvrou.

So sukkel ons af huis toe. Dit voel asof my blaas hondstolheid het en alles en homself byt. Ek dink ek gaan nou-nou my broeksnate om die boude beproef as ek die wind laat gaan wat my pla, bang dat dit nie net wind gaan wees nie maar groot hoeveelhede, angs gelaaide maag lediging wees.

So knyp ek, kreun ek, huil ek amper oppad huis toe.

Kom by die dokter aan. “Meneer Skeletor, het jy al nierstene gehad?”

“Nee,” reken ek, hy vra dan so al asof Nierstene soos Masels is. Jy moet dit ten minste een keer in jou lewe kry…

“Wel, daar is bloed in jou water…” en ek hoor niks verder nie.

Ek haat pyn. En ek verstaan nierstene skuif is soos om die duiwel in jou blaas stelsel te hê en hy poke alles met sy vurk.

Soos nou. Ek dink die duiwel is in my totter…

diablo2

Pictured: Wat in my blaas area rondhang…

All Stand Together

Al ooit ‘n song geluister, sommer net so random?

Een wat jy jare terug geluister het?

Om te sê dit was ‘n wille woeste tyd in my lewe is bietjie van ‘n understatement.

Skool was so bietjie meer as ‘n jaar terug klaar.

Werk het ek nie.

Die destydse groot liefde van my lewe het my gelos en Israel toe gevlug.

Ek het die kerk gelos.

Hel, ek sou vir my ma ‘n afsê brief geskryf het as ek nie nodig gehad het om by haar en my pa te bly nie. Nee, ek en my ma het nie SO verhouding gehad nie. Watse brief gee jy jou ma as jy niks met niemand te doen wou gehad het nie?

So die ironie, dat ‘n song genaamd All Stand Together my so sterk herhinner aan ‘n baie eensame tyd in my lewe, is nogals ironies, sou jy nie so sê nie?

diablo

Alone Try 2

Die is nie ‘n Jammer-Jannie Verhaal nie…

Ek is graad 1. Besig om in my ou boeksakkie te soek na vader alleen weet wat. Ek sit so tweede van voor af in die saal.

“Skeletor!” hoor ek die gil oor die saal se luidsprekers. Kyk op in Juffrou Van Rensburg se oë wat die duiwel kon bang maak.

Dis daar wat my sosiale self vertroue gek(n)ak het die dag. Vir weke aaneen na dit, het ek gebewe van die skrik.

Bang dat daardie bose heks weer op my gaan skree.

Te bang om enige werk in te handig. Bang ek gebruik nie die regte kleur vir die prentjie nie. Het sy gesê Oranje of ligte Oranje??

Ek gee maar my prentjies in. Weet dit is sommer net gemors. Ek kan nie teken nie.

Maande na dit is ons opgedeel in klassies. Ek die gelukkige wenner van Graad 1 C. Jy is okay maar moenie dink jy gaan gemaklik raak nie.

Teken die dag vir Abraham wat Isak die berg opvat. Ek let nie op nie. Sien nie dat die juffrou al van oranje na pers toe geskuif het nie. En rooi vir Abraham se klere nie.

“Juffrou?” vra ek voor ek dink. “Moet ons ander kleure gebruik?”

“Het jy nou als in Oranje gedoen, Skeletor?”

“Ja Juffrou…”

Ek kan nie onthou wat sy gesê het voor af nie. Ek onthou net “… dit is so vuil en vieslik!”

Nog ‘n knak.

Pouses kom. Almal hardloop uit. Maaikies waarmee hulle speel. Broodjies share.

Ek eet die Marmite broodjies wat ma ingepak het, rol die plastiek bolletjie soos altyd en druk die plastiek in my broeksak.

Yvonne en haar bende staan voor die asblik, en ek sien nie kans om nog gespot te word nie. (Nie dat ek dink hulle sou nie. Maar ‘n 7 jarige brein weet nie wat beteken vervolgings kompleks nie.)

So loop ek die pouses om. Regs om verby my klassie, om die hoek van die rytjies rooisteen geboue.

Oor die klein stukkie gras.

Denne naalde wat nie rerig seermaak nie. Kyk hoe die kinders speel. Verby die slide, kyk hoe die kinders gly en te kere gaan.

Verby die groot branderwiel, kyk hoe die kinders gil en skree van die lekker.

Voor die klassies verby.

Alles gaan net verby…