Captain, there is a Mass Effect in my Pants!

Ek gaan nie doekies omdraai nie. Skeletor was op sy dag maar lekker stout gewees.

Baie mense sal sê dat ek nogsteeds is, maar hey. Die vloer is oop vir daardie besprekinge.

Maar sien, daar was ‘n groot klomp besluite wat ek gemaak het met die klein brein. Baie games wat ek gekoop het net vir die sexy girl op die cover.

Dan is die game die grootste klomp crap op die mark.

So eendag, sit ek op my stoel voor die internet en lees oor ‘n game wat GROOT bohaai opgeskop het.

Mass Effect.

En waaroor gaan die bohaai?

Die saak staan so. Mass Effect is ‘n wetenskap fiksie game. Dis honderde jare die toekoms in en die mensdom het ruimtevaart bemeester en agter gekom ons is nie die enigste spesies in die heelal nie.

Een van die spesies wat ons ontdek het, was die Asari. ‘n Ras Aliens wat slegs uit vroue uit bestaan. Ja ja. Ek weet. So planeet sal hemels wees om op te bly vir julle dames.

In die game kan jy kies om as ‘n human man of vrou te speel. Genaamd Shepard.

Nou behalwe vir die skop en skiet wat video games maar oor gaan, kan jy sommer ook (as jy wil) van jou ruimteskip se bemanning of bevroue-ing romance.

Die groot bohaai het gekom oor die feit dat Femshep (die vroulike Shepard) kan aanlê, verlief raak en so bietjie listig kan verkeer met Liara, ‘n lid van die blou-vrou spesie.

0

Dit bring by my die volgende vragies op:

Vergeet nou so bietjie van die polities korrekte lewe van vandag. Besluite wat ek maak in ‘n video game: Reflekteer dit op my lewens sieninge?

Maak dit my homofobies as ek nie ‘n manlike karakter sal romance, al speel ek met ‘n vroulike karakter?  Die idee om by ‘n man aan te lê sit net nie lekker met MY nie.

Idees?

 

Advertisements

13 comments

  1. Net Ek · 24 Days Ago

    😆

    Sorry nê, maar my kop is te plat en my vingers te dom vir enige games van enige aard. My seun daarenteen sal vir URE met jou kan sit en gesels.

    ‘n Planeet vol vrouens? Nee pok dankie hoor, ek kan skaars met die paar werk om my, wat nog van ‘n hele planeet?

  2. rondomtaliedraai · 24 Days Ago

    Teenvraag… Hoe reflekteer jou lewensiening jou games wat jy speel? Verander dit jou persoonlikheid?

    Ek dink mens (die meeste mense) is maar nuuskierig wat in die teenoorgestelde geslag se koppe aangaan en ons het almal al gewonder hoe sou jy opgetree het as jy van jou geslagseienskappe ontslae is.

    Soms vergeet jy dit is en bly net net ‘n game?

    • Skeletor · 23 Days Ago

      Goeie vraag: In die verlede het dit my nie veel gepla nie. Maar deesdae probeer ek games vermy wat God in ‘n slegte lig wys. Dis about al.

      • rondomtaliedraai · 23 Days Ago

        Ek hou ook van speel en die voor en nadele raak my nie eintlik nie want dit oorheers nie my lewe nie. Ek stem met jou saam dat ek nie iets sal speel wat indruis teen my persoonlike waardesisteem nie

        • Skeletor · 23 Days Ago

          Ja nee kyk. Ek wil graag glo ek is volwasse genoeg om te weet wat reg en verkeerd is in die regte lewe…

  3. Hier "blok" Elanè · 24 Days Ago

    Ek weet darem nie, ek dink nie ek was also nuuskierig nie – en dan sal my man sê: she don’t do games… dull me 😊

    • Skeletor · 23 Days Ago

      Ek sal my vrou dull noem dan skiet sy my!! 🙂

  4. diewithasie · 23 Days Ago

    Ek love M.E al skiet ek regtig nie so goed nie. In elke game wat ek speel probeer ek almal romance. Wie eerste val vir my charm (of lack of charm) is die wenner al is dit ‘n girl. Ek verkies om die girls te romance want….ek wil sien hoe lyk hulle game boobies. Die manlike karakters is daar niks om te sien, dis boring. Behalwe in Dragon Age: Inquisition waar ek altyd vir ou Iron Bull probeer vry want jislaaik, hy laat my bloos want ek hou nogal van ‘n proper alpha male.

    • Hier "blok" Elanè · 23 Days Ago

      You go withasie, you go 💪

    • Skeletor · 23 Days Ago

      My Word! Mag ons as gamers boobies waardeer? Ek vra maar net. Ek is mos van al van ‘n game site af agv die feit dat gamers net nie kan groot word nie. Ja, daar is boobs op die screen en nee, dit beteken nie ek sien vrouens as net goed vir een ding nie! Of in die geval van boobs 2 dinge nie.

      • diewithasie · 23 Days Ago

        Wel ek as chick haal my hoed af vir goeie game boobies. Ek kan ook maar net droom om so stel te besit jong. En in ‘n game is seker ook maar al plek waar ouens pervs kan wees en daarmee weg kom want die game verkoop fantasy en jong, sex(y) sells

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s