OpdieKoppie (18NV)

Ek is in so lelike catch 22 met my tandarts.

Mens is mos veronderstel om die goed te haat soos pes.  Al wat hulle kan doen is mens seerder maak om die seer eers weg te vat.

Die tange, spuite en stoel glo ek is alles oorblyfsels van die torture chambers wat in die dreksels van die Kastele van ouds gevind was/word.

Nou sit hulle net verdowingsmiddels by en dit is nou humane.

Ha!

Sien, die ding is dit. My tandarts is hierdie pragtige jong vrou. Petite gebou. (En jammer vir die aaklige poësie.) En het het hierdie crush op haar wat die vrou van weet, natuurlik!

Skielik kan jy haar nie  haat as sy jou bek vol bitter verdowings middels spuit nie, of jou tandvleis met daai einste naald prik en jy voel jy wil jou broek nat maak nie!

So een standaard stopsel later besluit ek: Trek die onderste tand!

Begin sy daar wikkel, eers met ‘n sterpunt skroewedraaier, dan met ‘n tang. Dan sê sy vies vir die assistent sy moet ‘n ander tang gee. Die skerpbek een.

Op die stadium van die wedstryd voel ek lus om haar ‘n bobbejaan spanner te gee en haar ma sleg te sê net om van die agony van die trek ontslae te kan raak.

Sy sukkel. Sy swoeg. Naderhand staan sy hier bo my kop.

Al wat ek sien is neusgate.

Al wat ek voel is haar boob (ek weet nie wat is die enkelvorm van buuste, nie jammer) hier op my voorkop…

(En al wat ek kan imagine is, is dat die bo my kop afspeel…)

imageoppikop

‘Jy het seker toe van die pyn vergeet, nê?!” vra die Vrou toe ek en sy wegstap van die tandaarts af en ek haar vertel.

“Ja.” Is al wat ek kan sê, bang ek spoeg die wattetjie uit wat die tande dokter my in die kies gestop het.

 

Advertisements

6 comments

  1. perdebytjie · Mei 8

    Hehe…tandartse is definitief uit die middeleeue se martelkamers.

    • Skeletor · Mei 8

      Vir seker! Selfs die maskertjies wat hulle dra… Laat my dink aan die maskers wat die martelaars altyd dra in die strokiesprente.

  2. Net Ek · Mei 8

    😆

    O ek ril sommer as ek aan tandartse dink! Maar dis ongelukkig ‘n moet nê.

    • Skeletor · Mei 8

      Veral as jy wil slaap in die aand en nie lê en rondrol van die pyn nie.

  3. Ja-nee… hou niks van hulle nie

  4. Skeletor · Mei 12

    Dit was nie snaaks toe sy daai tand summier uit my bek uitruk en amper my voortanne losslaan in die proses nie.
    En welkom hier! Wees gewaarsky jy betree hier op eie risiko… 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s