Hel is ‘n kantoor cubicle

Ek weet ek weet. Werk is skaars. Veral as jou vel wit is en jou geslag afhangend is. (Bedoelende as jy nou nie ‘opgewonde’ is oor ietsie nie.)

So ek sloeg maar voort hier, al is my agterstewe al rou van die goedkoop stoel waarop ek sit en my gestel my haat met als in my oor die koffie wat ek drink/

Decaf. Want angs.

Maar ek moet vra: Is die bestuurders van enige maatskappy opgelei om alles net so half-pad reg te kry?

Veral as dit kom by die lewenskwaliteit van hulle onderdane/slawe?

Hier het ons by ons so paar TV’s.

Nie sleg nie, ek weet. Maar instede van dat hulle ons iets goeds wys, of iets wat ten minste entertaining sal wees, kry ons:

Jacob Zuma se gevreet elke keer as ek opkyk? Of Malema? Of die ekonomiese syfers wat my net stywer aan onse Here Jesus se lapelle laat klou?

Of die Telemundo kanaal waarmee ons nou so gesëen word.  (Ek dink die bestuur moet die woord sëen gaan opkyk)

Mens het nie klank nodig om te kan sien watse vrot acting hier op die screen gebeur nie.  Eerste oog opslag dog ek die baas het gesuie geraak en wys nou vir ons porn.  En dat wat ek hier sien die pre-amble is tot ‘n hewige sessie van hyging en ydelike misbruik maak van ons Verlosser se Naam.

Die aktrises wissel van pop-mooi tot wel, ek reken maar average as mens hulle moet vergelyk met die super-modelle van die tyd.

En die mans is so amper aantreklik, met sommiges wat die onmoontlike regkry: Hulle lyk oorgewig en gespierd te gelyk.  So al asof hy KFC in sy keel afstop by die bucket-vol as hy gym.

Ek sien nou: Bekommerde vrou vertel vir besorgde vriend van haar man wat in die tronk is. Maar lyk my besorgde vriend het ander planne vir die bekommerde vrou, if you know what I mean.

Ek dink dis tyd om die kuber ruimte van my kantoor te verruil vir die roem en glorie en geld van sepie skryf…

 

Advertisements

5 comments

  1. Net Ek · Mei 4

    Bwahahahaha lekker lag ek vir jou! Oe my ma LOVE daai Telemundo crap. En Mills & Boon. Gapoe.

    Count your blessings nê, by my werk mag ons nie eers ‘n radio in ons kantore hê nie.

  2. Ha, ha, flippen ha… ek sal my kop teen die tafel staml as ek Zuma en Kie moet beloer, hulle is dan heeltyd “right in our face and purce, and life en flippen oral… drink meer koffie met kaffeine, dit sal jou minder angstig maak as die politici se gevrete.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s