As jy die dag sit en dink…

Meer though, as jy die dag sit en dink ek besef jy iets wat jy nie rerig wil erken teenoor jouself nie, maar ook nie blind genoeg is om jou om die feite te kan dans nie.

Die lang naweek was lekker lank. Behalwe vir die vier ure wat ek ingelog was om te werk, was dit eye opening.

Uitdagend beslis.

Naweke wat my suster kom kuier is glad nie goed vir die games speel nie. Nee wat. Mens kan nie heeldag sit in jou kamer agter die Playstation en verwag die vrou van die huis moet die gas entertain nie.

Plan B was dan altyd die opsie. Staan vroeg die oggend op, plak die headphones aan en SPEEL!

Ons praat van 5 uur uit die vere en so 9 uur as die mense opstaan, gaan maak jy koffie en begin die dag.

Ha!

Mass Effect, The Sims en Uncharted moes maar wag die naweek. Self het ek 9 uur eers uit die vere gespring, gaan koffie maak en dan net rustig gesit.

Wat sê dit van ‘n mens? Dat die tyd dalk stadig maar seker aankom wat die dinge wat jou vir jare aan een gelukkig gehou het, nou slegs vir ‘n uur of twee se vermaak per dag kan voorsien?

Ek weet. Daar is seker mense wat sal wens ek ontgroei sommige ANDER dinge…

it_is_raining_cats_and_dogs__by_ilolamai-d6qsfm8

Advertisements

2 comments

  1. Lewies Mymer · Mei 2

    Troos jou daaraan, daar is baie games om plek te maak vir die wat nie meer in jou (jeugdige) smaak val nie–brug, rolbal, puzzles, om maar net ‘n paar te noem!

    • Skeletor · Mei 2

      O nee. My ouma het my afgesit van brug, rolbal moet ek in die son wees en puzzles het ek een keer gedoen en nooit weer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s