Captain, there is a Mass Effect in my Pants!

Ek gaan nie doekies omdraai nie. Skeletor was op sy dag maar lekker stout gewees.

Baie mense sal sê dat ek nogsteeds is, maar hey. Die vloer is oop vir daardie besprekinge.

Maar sien, daar was ‘n groot klomp besluite wat ek gemaak het met die klein brein. Baie games wat ek gekoop het net vir die sexy girl op die cover.

Dan is die game die grootste klomp crap op die mark.

So eendag, sit ek op my stoel voor die internet en lees oor ‘n game wat GROOT bohaai opgeskop het.

Mass Effect.

En waaroor gaan die bohaai?

Die saak staan so. Mass Effect is ‘n wetenskap fiksie game. Dis honderde jare die toekoms in en die mensdom het ruimtevaart bemeester en agter gekom ons is nie die enigste spesies in die heelal nie.

Een van die spesies wat ons ontdek het, was die Asari. ‘n Ras Aliens wat slegs uit vroue uit bestaan. Ja ja. Ek weet. So planeet sal hemels wees om op te bly vir julle dames.

In die game kan jy kies om as ‘n human man of vrou te speel. Genaamd Shepard.

Nou behalwe vir die skop en skiet wat video games maar oor gaan, kan jy sommer ook (as jy wil) van jou ruimteskip se bemanning of bevroue-ing romance.

Die groot bohaai het gekom oor die feit dat Femshep (die vroulike Shepard) kan aanlê, verlief raak en so bietjie listig kan verkeer met Liara, ‘n lid van die blou-vrou spesie.

0

Dit bring by my die volgende vragies op:

Vergeet nou so bietjie van die polities korrekte lewe van vandag. Besluite wat ek maak in ‘n video game: Reflekteer dit op my lewens sieninge?

Maak dit my homofobies as ek nie ‘n manlike karakter sal romance, al speel ek met ‘n vroulike karakter?  Die idee om by ‘n man aan te lê sit net nie lekker met MY nie.

Idees?

 

25 Minutes to go…

How much love can you show?

Dit was die vraag wat Don Francisco, befaamde Gospel sanger my eendag gevra het. Nie persoonlik nie, maar deur een van sy liedjies.

So dink ek: Sou die grootste van my nagmerries ooit plaasvind, nl. Atomiese Anhialation gaan die laaste ding wees waaraan ek dink hoe lief ek iemand het.

Wat is tog die punt?

Ons gaan almal seker histeries rondhardloop as ons wag vir die bomme om te val, en al wat jy sal kry, ja jy wat rond loop en vir almal vertel “Ek is lief vir jou…” Al wat jy sal kry is miskien ‘n simpatieke blik van die kind het finaal mal geword en so is dit ook met hom.

Voordat gesegde blikgewer weer paniek bevange weghol arms in die lug swaaiend en gillend soos ‘n vet vark wat uitgevind het waarvan maak hulle bacon.

Ek sê maar net… Beter om nou liefde te wys. Voor die bomme val. En voordat ons in die post apocalyptic waste lands wat Suid Afrika sal wees, moet rondhardloop om te oorleef… Fallout South Africa…*

Fallout-4-Unzipped-Vault-Suit-CBBE-Bodyslide-2

Gebaseer op die Fallout reeks van video games.

 

The way forward…

Gister toe sit ek so en dink: Hierdie is after-all Skeletor’s Journal of EVIL.

Maar ek wil graag hê dit moet ‘n plek wees waar mense kan kom en lees. En nie hulle self vasstaar in tiete ek bedoel boobs nie.

So… going forward sal die models en dies meer nie meer so (kug-kug) prominent op die blog wees nie, en ek hoop om lekker saamgesels blogs te skryf wat dalk bietjie controverse kan veroorsaak, maar ook dat mense kan menings lig van hulle eie.

So ek leer jou, jy leer my tipe van ‘n ding!

Hoe voel julle daaroor?

OpdieKoppie (18NV)

Ek is in so lelike catch 22 met my tandarts.

Mens is mos veronderstel om die goed te haat soos pes.  Al wat hulle kan doen is mens seerder maak om die seer eers weg te vat.

Die tange, spuite en stoel glo ek is alles oorblyfsels van die torture chambers wat in die dreksels van die Kastele van ouds gevind was/word.

Nou sit hulle net verdowingsmiddels by en dit is nou humane.

Ha!

Sien, die ding is dit. My tandarts is hierdie pragtige jong vrou. Petite gebou. (En jammer vir die aaklige poësie.) En het het hierdie crush op haar wat die vrou van weet, natuurlik!

Skielik kan jy haar nie  haat as sy jou bek vol bitter verdowings middels spuit nie, of jou tandvleis met daai einste naald prik en jy voel jy wil jou broek nat maak nie!

So een standaard stopsel later besluit ek: Trek die onderste tand!

Begin sy daar wikkel, eers met ‘n sterpunt skroewedraaier, dan met ‘n tang. Dan sê sy vies vir die assistent sy moet ‘n ander tang gee. Die skerpbek een.

Op die stadium van die wedstryd voel ek lus om haar ‘n bobbejaan spanner te gee en haar ma sleg te sê net om van die agony van die trek ontslae te kan raak.

Sy sukkel. Sy swoeg. Naderhand staan sy hier bo my kop.

Al wat ek sien is neusgate.

Al wat ek voel is haar boob (ek weet nie wat is die enkelvorm van buuste, nie jammer) hier op my voorkop…

(En al wat ek kan imagine is, is dat die bo my kop afspeel…)

imageoppikop

‘Jy het seker toe van die pyn vergeet, nê?!” vra die Vrou toe ek en sy wegstap van die tandaarts af en ek haar vertel.

“Ja.” Is al wat ek kan sê, bang ek spoeg die wattetjie uit wat die tande dokter my in die kies gestop het.

 

Hel is ‘n kantoor cubicle

Ek weet ek weet. Werk is skaars. Veral as jou vel wit is en jou geslag afhangend is. (Bedoelende as jy nou nie ‘opgewonde’ is oor ietsie nie.)

So ek sloeg maar voort hier, al is my agterstewe al rou van die goedkoop stoel waarop ek sit en my gestel my haat met als in my oor die koffie wat ek drink/

Decaf. Want angs.

Maar ek moet vra: Is die bestuurders van enige maatskappy opgelei om alles net so half-pad reg te kry?

Veral as dit kom by die lewenskwaliteit van hulle onderdane/slawe?

Hier het ons by ons so paar TV’s.

Nie sleg nie, ek weet. Maar instede van dat hulle ons iets goeds wys, of iets wat ten minste entertaining sal wees, kry ons:

Jacob Zuma se gevreet elke keer as ek opkyk? Of Malema? Of die ekonomiese syfers wat my net stywer aan onse Here Jesus se lapelle laat klou?

Of die Telemundo kanaal waarmee ons nou so gesëen word.  (Ek dink die bestuur moet die woord sëen gaan opkyk)

Mens het nie klank nodig om te kan sien watse vrot acting hier op die screen gebeur nie.  Eerste oog opslag dog ek die baas het gesuie geraak en wys nou vir ons porn.  En dat wat ek hier sien die pre-amble is tot ‘n hewige sessie van hyging en ydelike misbruik maak van ons Verlosser se Naam.

Die aktrises wissel van pop-mooi tot wel, ek reken maar average as mens hulle moet vergelyk met die super-modelle van die tyd.

En die mans is so amper aantreklik, met sommiges wat die onmoontlike regkry: Hulle lyk oorgewig en gespierd te gelyk.  So al asof hy KFC in sy keel afstop by die bucket-vol as hy gym.

Ek sien nou: Bekommerde vrou vertel vir besorgde vriend van haar man wat in die tronk is. Maar lyk my besorgde vriend het ander planne vir die bekommerde vrou, if you know what I mean.

Ek dink dis tyd om die kuber ruimte van my kantoor te verruil vir die roem en glorie en geld van sepie skryf…

 

Not much

Hier gebeur elke half uur niks en dan hou dit vir 3 ure aan.

Werk hou my besig en die naweek moet ek kaste bou en insit.

Wat beteken ek moet boor.

En ek is nie geseen met Pappie se hande skills nie.

O nee. Soos hy gesê het: “Jong jy het net piele vir vingers!” Sy woorde. Nie myne nie. En die geval moet ek die woord sê om die krag daarvan oor te dra.

So ek gaan maar met bewerige vingers en groot gebede daai boor vasvat en boor! En hoop ek boor nie skeef, of ‘n groter gat as wat nodig is nie.

Moenie vra nie. Ek kan dit GOED regkry, apparently.

Wens ek was my suster! Haar hande is goed met die goed!

C0F11sJWQAAV0o0

 

As jy die dag sit en dink…

Meer though, as jy die dag sit en dink ek besef jy iets wat jy nie rerig wil erken teenoor jouself nie, maar ook nie blind genoeg is om jou om die feite te kan dans nie.

Die lang naweek was lekker lank. Behalwe vir die vier ure wat ek ingelog was om te werk, was dit eye opening.

Uitdagend beslis.

Naweke wat my suster kom kuier is glad nie goed vir die games speel nie. Nee wat. Mens kan nie heeldag sit in jou kamer agter die Playstation en verwag die vrou van die huis moet die gas entertain nie.

Plan B was dan altyd die opsie. Staan vroeg die oggend op, plak die headphones aan en SPEEL!

Ons praat van 5 uur uit die vere en so 9 uur as die mense opstaan, gaan maak jy koffie en begin die dag.

Ha!

Mass Effect, The Sims en Uncharted moes maar wag die naweek. Self het ek 9 uur eers uit die vere gespring, gaan koffie maak en dan net rustig gesit.

Wat sê dit van ‘n mens? Dat die tyd dalk stadig maar seker aankom wat die dinge wat jou vir jare aan een gelukkig gehou het, nou slegs vir ‘n uur of twee se vermaak per dag kan voorsien?

Ek weet. Daar is seker mense wat sal wens ek ontgroei sommige ANDER dinge…

it_is_raining_cats_and_dogs__by_ilolamai-d6qsfm8