Drome. Ons almal het dit.

Maar rerig.

Ek kan nou al sien hoe ek einde se kant toe kan staan met die nagmerries.  Net jammer my onderbewussyn het duidelik iets teen my sanity.

Kom ons plaas die blaam op die pille.

Gisteraand weer. Ek en Vroulief en ‘n goeie vriend is by die see.  Alles gaan lekker. Totdat ons op die strand is en sien: Daar val Atoombom se kind daar in die see.

Mushroom cloud en all ek sê.

Waters wat opstoot en die Vriend wat reken: “Hier moet ons wegkom voor ons verdrink!”

So gemaak. So gedaan.

Volgende oomblik is ons iewers in iemand se huis, en kyk ek uit na die wolke wat sommer nou so diep donker kleur aan hulle kry soos die atoom reaksies plaasvind.

My hart en siel is stukkend. Ek weet nie wat gaan gebeur nie.  Gaan ons almal nou stadig maar seker doodgaan van radiation poisoning of wat?

Die meeting met die superheroes gaan nie goed af nie. Captain America en Iron Man baklei oor iets. Batman is ook daar, maar die ander twee wil nie hê hy moet help nie.

En ek sê vir hulle: “Mense, Batman HOEF ons nie te help nie, maar hy wil! Wat is julle probleem?”

Ek skuif terug na Vrou toe, waar sy op die bank sit. “Wat gaan van ons word?” vra ek haar.

Terug in die werklike lewe word ek wakker met ‘n slag!

“Het jy dit gehoor?” vra Vrou hier langs my. “Dit het geklink soos iemand wat boor. Ek het dit vier keer gehoor!”

Dankie.

Waar my hart nou-nou by my keel wou uitspring van die nagmerrie val hy sommer by my poepholletjie uit soos ek try en wonder en luister na die mense wat my brein vertel, by ons wil inbreek.

Ek hoor niks. Die hond blaf nie. Is hy dalk dood? Is die kar gesteel? IS ONS VOLGENDE???

Saggies snork die vrou hier langs my.

Dankie, Lief. Ek het die lewens tereur nodig gehad.imagemercy

Advertisements

2 comments

  1. diewithasie · April 25

    Oi, ek het net soveel nagmerries deesdae en niks om die skuld op te pak nie. Hulle is sommer net vanself daar en dis weird want ek het NOOIT slegte drome nie. Iets in die lug dalk?

  2. Hier "blok" Elanè · April 25

    Shame… die onderbewussyn is dalk besig om te reboot 😊 op ‘n nare manier, dit gooi dalk al die spam folders uit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s