Siek

1459301386-47e8fe0c9b02904d6fe2e361caa725ea

Kyk, ek weet nie of dit in ons gene is of nie.

Maar ek is een van daai mans: As ek siek is, dan is ek SIEK en grens aan dood. En dan is dit net ‘n ou kuggie van ‘n verkoue. Oorle Pa sou gereken het ek is een van daai moffies, te fyn en delikaat vir die wêreld, nie een wat van ander mans hou nie.

Maar vanaf Maandag het ek hierdie ou seer lyfie en koppie wat dik voel, en jy weet mos: Kyk jy vir die kombers vrek jy van die hitte, klim jy nie onder hom nie vrek jy van die koue.

Slaap kom ook moeilik. Ek lê en luister na Lene Marlin se gerouklaag oor die CD speler. Gewoontlik een liedjie en ek saag balke. Die keer moes ek aanhoor hoe geen van Lene se sleepsels omgee nie, haar teddiebeer het haar verlaat en haar ma skop die kokketiel.

Happy stuff.

Twee uur vanmore word ek wakker. Keel so droog soos ‘n Zuma speech en blaas so vol soos, wel, ‘n vol blaas. (Is daar iets ergers wat druk aan ‘n mens as ‘n vol blaas?)

Gelukkig hou ek kop by stuk en slaan water in die toilet af en slaan die glas water in my keel af. Anders het ek in die glas gepie en uit die toilet uit gesuip.

Eeennnnn slaap kom weer nie. Drie uur kom.

Dink ek aan die storie wat die Pastoor eendag vertel het:

Tannie Sannie het so gesukkel om te slaap.  Toe reken Pastoor mos: “Tannie, as jy sukkel om te slaap bid net!”

So bid Tannie Sannie die een dag, en val sommer dadelik aan die slaap. Lyk my ou Niek, Satan, Duiwel, like nie as ons bid nie, so hy laat ons eerder slaap.

Ha.  Ek wens.

Dalk hou die Here my wakker om op te maak vir verlore bid tyd????

 

 

 

Advertisements

8 comments

  1. Thys · April 20

    Wel, begin dan maar bid!

  2. Thys · April 20

    Sterkte nietemin! 🙂

    • Skeletor · April 20

      Thanks! As dinge gaan soos dit nou gaan bid ek vanaand, met al die tyd wat ek wakker is, vir alles en almal wat ek ken, nie ken nie, weet van en op TV gesien het!

  3. diewithasie · April 20

    Hahahahaha!!! Hierdie klink nie soos man-flu nie.

  4. perdebytjie · April 20

    Haha,jy het darem nog jou humorsin!Word gou gesond ou Skellie

  5. sovereignfemale · April 20

    nogal gelag terwyl ek lees en dink dis seker nie n laughing matter nie…

  6. rondomtaliedraai · April 20

    Stomme vroutjie … so siek man is ‘n pyn op ‘n plek wat mens nie het nie

    • Skeletor · April 21

      Ek moet erken my vrou was skitterend in haar sorg en geduld. Tot gisteraand toe. Siek of te not, skeer die moes ek!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s