OK

So die pille werk nog nie.

Nee wat. Vrydagoggend word ek luilekker wakker. Naweek om na uit te sien. Video games te speel, vrou om baie lekker tyd mee saam te bring.

Maar nee.

Kaptein Angs en sy 7 Handlangers het ander planne.

Die eerste aanval gekry toe ek wakker word. Een oppad stort toe en twee so deur die dag by die werk.

Saterdagoggend toe ek voor die rekenaar sit en werk nog een.

Sondag? Sondag kan ek nie onthou nie.

So Skeletor se anxiety levels is hier hemelshoog. En die ergste van als is, maak nie saak wat ek dink of doen nie, of selfs glo nie, die lewe is een groot moëe angstigheid.

Ek wil slaap. Vir ‘n week.

Net hierdie tyd verby kry dat die anti-depressante wat die dokter gegee het kan inskop. Die angs gatskop.

En ek kan aanhou skop.

Ek is lief vir hierdie lewe op aarde. Ek wil dit nie mis nie.

Ek wil deelwees. Meemaak. Droogmaak.

Terugkyk en sê: Jolly Good Show Chaps!

C1OcDmYWIAAM-_hC1OxO7VWIAA0nGe.jpg largeC1Pg3b3WgAAfvSm

Advertisements

27 comments

  1. Net Ek · April 10

    Ai, dis geen niks lekker nie ou Skellie. Dink aan jou in die moeilike tye.

    Wou iets sê om jou te laat smaail, maar netnou trap ek weer op tone!

    • Skeletor · April 10

      Die is my blog, en op tone mag hier maar getrap word. So asb, gaan voort!

      • Net Ek · April 10

        Ek wou sê:

        fluister: darem het ons gerasperde kaas 😆

        Jammer, ek weet dis totaal en al onvanpas.

        • Skeletor · April 10

          Kyk, daai gerasperde en gesnyde kaas red telkens my lewe! Ek is net bang ek rasper en rasper en hou aan rasper en rasper naderhand my polse af…

          • Net Ek · April 10

            😆

            ek ken JUIS daai pyn, ek dink dis hoekom ek ook kan spot oor dit.

            • Skeletor · April 10

              Ek glo lag is beste medisyne, of eerder, beter as sommiges. Sodra ek begin praat van polse sny en dis NIE in ‘n lighartige sin nie, dan hoop ek mense wat my ken weet dit is DAN noodligte en sirenes wat moet afgaan.

              • Net Ek · April 10

                Dis net so Skellie. Gelukkig ken mense na aan ons die verskil.

  2. Lewies Mymer · April 10

    Ek wens ek kon iets sinvols hier skryf, maar as ek gaan probeer gaan dit vals klink. Dus se ek net “Byt vas ou maat.”

  3. perdebytjie · April 10

    Weet net,daar is van jou bloggervriende wat aan jou dink

    • Skeletor · April 11

      Hopenlik nie vuil gedagtes nie! En as dit is, soek ek details! LoL. Mens kan sien iemand voel beter!!! Dankie Perdebytjie! Ek waardeer dat julle ouens so opgeskeep sit met my.

  4. rondomtaliedraai · April 10

    My duime is nog vas

    • Skeletor · April 11

      Dankie jy! Ek dink ek moet weer bietjie fotografie opneem, bietjie uitkom of net iets anders doen met my tyd. Dalk help dit?

  5. coetzee2014 · April 10

    Neem Lewies, die woorde uit my mond en ek stem met rondomtaliedraai.

    • Skeletor · April 11

      Thanks! Ek waardeer! Los net Rondomtaliedraai se duime uit. Sy gaan dit een of ander tyd benodig!

  6. Wragtag, want hierdie lewe op aarde is in ‘n oogveeg verby, en dan kan jy nie te veel slaap bekostig nie – my p/a het gekla oor haar pille, sy sê sy voel te min en is hopeloos te veel “Zombie-like” sy gaan nou medisinale dagga-olie gebruik.

    • Skeletor · Mei 3

      As dit pille is wat deur ‘n huisdokter voorgeskryf is: Uit my persoonlike ondervinding : my dokter het net nie reggekom met my en my angs/depressie nie. Op die einde van die dag moes ek psigiater toe.
      Dit klink dalk extreme, maar hy het my so paar vragies gevra en pille voorgeskryf wat actually werk.

      • Sy was nou onder ‘n psigiater se behandeling en dit is juis sy pille wat haar so sleg laat voel het, of sal ek sê niks laat voel het nie.

        • Skeletor · Mei 3

          Eina! Het sy terug gegaan na die psigiater toe? ‘n Vriend van my moes so paar keer terug gaan voordat hulle die regte medikasie kon kry vir hom.

          • Sy sê dit is te duur, haar medies wil nie betaal nie en die pille moes sy ook uit haar sak betaal het. Dit was een hengse proses net sodat die medies allerhande vereistes het omdat sy slegs op ‘n hospitaalplan is.

            • Skeletor · Mei 3

              Ja dit is moeilik. Ons self is ook maar op ‘n barebones medies wat net hospitaal en MINIMALE dekking gee vir die res.

              • Ek glo darem sy weet wat die beste vit haar

                • Skeletor · Mei 3

                  Ja nee. Ek hoop so. Dalk is ‘n moederlike heart to heart nodig?
                  Sorry as my raad heeltemal van die pad af is. Ongelukkig het ek mos nie kinders van my eie nie.

                  • ek weet nie hoe om my boo-boo reg te stel nie, ek wou sê ek glo sy weet beslis wat die beste vir haarself is en ek verstaan die gevoel van niks voel nie.

                    • Skeletor · Mei 3

                      Ja, dis aaklig om so te voel. Liefde is so mooi ding maar dit kan ook die ding wees wat jou die seerste maak!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s