Horsepital

Ja nee. Perd siektes word daar behandel.

Ek het vanaand die voorreg om myself as kuier gas te bevind by die plaaslike hospitaal.

Darem nie as pasient nie. Maar net besoeker.

Ek wonder of my pa se foto nog teen die muur is daar. Seker nie. Dit is tog al die eerste Paasfees na sy dood, en die laaste een wat hy gehad het. Wel, ek wonder of het hy toe al geweet daardie Paaseier gaan een van die laastes wees wat hy eet, indien nie die laaste een nie.

Ek dink nogals baie daaraan. Wat sal ek doen as ‘n dokter vir my moet sê ek het 3 maande oor om te leef.

Sal ek lag? Huil? In ‘n patetiese bondeltjie verval en net daar lê en jammer voel vir myself?

Wow.

Dis duister gedagtes.

In ander nuus. Ek dink my nuwe pilletjies het een groot newe effek. Dit maak die pens vra vir kos.

BAIE kos!

Eet nou die aand ‘n wa-vrag vol spaghetti, Magnum roomys, nog Spaghetti en seker ‘n liter Cream Soda saam met die kos.

Nee ek lieg. Coke.

Sorry ma. Ek breek al weer die rëels.43d08d6c32b21cdd6e4cf7e04d1ba3af

Advertisements

7 comments

  1. rondomtaliedraai · April 5

    Ai ek hoop jy kom gou reg. Ons het hier ‘n dame wat 6 maande gelede daardie 3maande boodskap gekry het. Sy het goeie en slegte dae maar is vir ons so goeie voorbeeld van blymoedigheid dat ek my skaam vir my eie kleingeloof…

    • Skeletor · April 6

      Dankie T! Ek hoop en glo ek is nou op die regte pad. Time will tell though.
      Ek dink ek begin nou eers werklik te rou oor my pa ook. Met die dag van sy begrafnis en die tyd na dit het ek net met angs aanvalle gesukkel en kon nooit die tyd kry om behoorlik te treur nie.

      • rondomtaliedraai · April 6

        Dis goeie nuus. Dis ook lekker dat jy nie jou sin vir humor verloor het nie. Ek is baie bly vir jou

  2. Net Ek · April 6

    Sjoe, dis ‘n vraag wat my ook laat wonder…

  3. ekmyselff · April 6

    Ek dink nie mens weet nie TOT jy so boodskap kry sal jy nie kan se nie, in elk geval EK kan my nie indink nie. Ek dink nie ek sal ne le nie….

    • Skeletor · April 6

      Ek het mos nog van kleins af ‘n onverstaanbare vrees vir die dood. Ek weet, dit klink stupid, want ek weet, die hemele wag vir my as ek reg leef wat ek probeer doen.
      Maar om dood te gaan?
      Ha. Vra my eerder om in ‘n bad vol spinnekoppe te klim.
      Wel, dan beknak ek myself en gaan in elkgeval dood…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s