Woensdag: D-Dag

Een ding wat die slim mense reken: As jy sukkel met angs, journalize.

Hou ‘n dagboek.

Woensdag gaan sien ek die psigiater. Dis nou die Omie met wie jy praat oor jou repressed seksuele drange en jou verhouding met jou hond en kokketiel.

Soms loop die drange en die verhouding hand aan hand, ander kere nie. (Of so verstaan ek.)

Die groot verskil tussen oom Psigiater en oom Sielkundige is mos die boekie. Jy weet mos, daai een wat die groot pille kan voorskryf.

Nou so op die internet druiwetros hoor ek dat sommige van die pille kan jou impotent maak. Jy weet, instede daarvan dat jou vrou die bul by die horing pak try sy eerder om ‘n besemstok van jou slurpie te maak.

Bekommernisse terdëe.

Kyk. Nie eens oom Hefner se Playboy girls kry my meer opgewonde nie. Nie eens die lang, lenige brunette wie se baba op die heup gister in Spar my die kans gegun het om die berge en dale van die vrou se buuste (wat nogals ‘n 12/10 score ek moet sê) te bewonder nie.

Wat met klein knapie wat seker honger was en toe mamma se rok oopgetrek het soos wat ek in ‘n Aero so invaar.

Nou wat gaan die pille my aandoen? Is iets soos ‘n negatiewe ereksie moontlik? Dat my libido so laag gaan daal dat dinge sommer outomaties gaan opskop?

Soos ‘n Spur generator tydens loadshedding?

C75jxPoVQAAlYzX

Advertisements

12 comments

  1. Net Ek · Maart 27

    Ai ja.

    Baie sterkte vir jou, ek hoop dinge raak makliker.

    Joernale? Ek het rakke vol, dis soms nogal weird om in hulle te gaan rondlees. Doen dit gerus, dit laat mens beter voel, al is dit net vir ‘n paar minute.

    • Skeletor · Maart 27

      Na Woensdag hoop ek om te raporteer als is fine en dandy punt in die wind goed. Maar nou ja… Ek hoor jou. Maar laas wat ek ‘n joernaal try doen het was in Standerd 10 Rekeningkunde! 🙂

      • Net Ek · Maart 27

        Hehehehe, ek belowe jou dis veel meer fun as Rek! Ek plak klomp stuff ook in myne, suikersakkies en slippies en als sulke soppy goed wat ek hou en versamel. Probeer dit, dis lekke.

        Ek hou vir jou duim vas hoor!

        • Skeletor · Maart 27

          Dankie. Jong ek weet nie. Ek het altyd nog ‘n ding vir reuke gehad. Kon nooit my snoet uit Nugget skoen politoer of Bostik gom hou nie. Laaste ding wat ek nou nodig het is nog ‘n verslawing!

  2. rondomtaliedraai · Maart 27

    Sug… ek weet niks van sulke goed af maar my mond hang oop – so al wat ek sê is “sterkte”

  3. ekmyselff · Maart 28

    Maak ook nie saak hoe dit met jou gaan en wat in jou wereld aan die gebeur is nie, jou sin vir humor verstom my altyd…. ek lees nooit by jou sonder om te smile nie.
    Sterkte jong!

    • Skeletor · Maart 28

      Selfs toe ek die dag van my pa se dood geblog het? Hmmmm… Jy het ‘n BAIE snaakse sin vir humor! 🙂 #JokeNet. #JyHetBegin

  4. perdebytjie · Maart 28

    Ek hoop ook Woensdag gaan jou iets bied wat jou laat beter voel.Ek hou baie van jou aweregse humorsin.

  5. Hier "blok" Elanè · April 13

    kielie-kielie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s