Beter weer vandag

Gister? Gister was die donkerste dag ooit aanval gewys.  Sjoe.

Amper gedog ek sien nie die einde van die dag nie!

Wel, hier is ek. Baie beter bui as gister, en ek sien weer uit na iets! So goed om weer so iets te kan voel.

Realisties gesproke weet ek dit kan net weer so vinnig weggevat word met een aanval. Maar vir nou enjoy ek dit.

Liewe mense, vat dit nou van ou Skeletor af: As jy weet van iemand wat sukkel so met angs, wys vir hulle jy is daar en gee om?

Ek weet dit klink simpel. Vir my gister het ek gevoel dat my hele lewe verby was. En nie net in die doodgaan deel nie.

Alles wat ek voor lief is om te doen is/was nou op ‘n swartlys van dinge wat NIE gedoen mag word nie. Dit laat ‘n leemte.

Dit laat ‘n frustrasie.

Dit laat ‘n  hartseer wat soms onredelik kan raak.  Soveel so dat die persoon aan die einde van die dag begin dink, en erger nog, begin glo sy lewe is beter af in die graf.

My vrou het my uitgefigure. Vang my onkant met ‘n grappie of ‘n ding. Laat my lag. Ek voel beter.

Al is dit net vir ‘n rukkie. Maar daardie rukkie is net genoeg om so asemteug van hoop te gee.

Dankie ook aan die blogvriende wat ook inloer en sterkte sê. Ek weet in die straat sal ons mekaar onderstebo loop, beleefd askies sê en dis dan dit.

Maar elke virtuele drukkie en storie en woord van bemoediging word waardeer.

C7WJluZX4AM53yo.jpg large

 

Advertisements

3 comments

  1. rondomtaliedraai · Maart 23

    Oulike poppie wat jy hier het. Bly dit gaan beter Vasbyt! ❤

  2. perdebytjie · Maart 23

    Ek stem saam met Tina…die poppie laat my aan die ou Skeletor dink.Dalk is dit ‘n goeie teken.Sterkte!

  3. ekmyselff · Maart 24

    Nou toe. Ek is bly dit gaan beter. Hoop sdit hou vir n hele rukkie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s