Verlede week…

Verlede week die tyd het ek gesit en dink aan Meisie A. 22 jaar terug toe ek voet uit die skool gesit het, het ek en sy nie koebaai gesê nie.

Ek het haar eendag gesien waar sy in die Spur as waitress gewerk het, en my hoog en droog belowe het ek en my meisie tans gaan nog eendag trou.

Dit het nie gebeur nie.

En verlede week? Verlede week moes ek hoor die girl het selfmoord gepleeg.

40 jaar. Pragtige vrou gewees.

Net. Dood.

Selfde soos Ouboet 23 jaar terug.

En hier sit ek vandag. ‘n Maand lank elke dag twee panic attacks on average.

Ek hoor die die dood roep. Kom. Dinge is beter die kant. Kom. Dinge is lekker die kant. Kom na my toe. Ek sal jou rus gee.

Ek staan op. Skud my kop.

Nee.

Ek sal rus eendag ja. As die Vader my kom haal. Nie voor dit nie…

Advertisements

4 comments

  1. melouisef · Maart 20

    My broer het selfmoord gepleeg -en eintlik niks daardeur bereik nie. Behalwe dat ons agtergebly het met baie skuldgevoelens. Nie omdat ons iets of niks gedoen het nie maar omdat die wat agterbly altyd wonder hoe kon hulle dit wel verhoed het.Hy was nie siek nie, hy was noe oud nie, sy lewe was netnie perfek op daardie stadium nie en dis al. Sy vrou was lank op anti-depressante want almal het die vinger na haar gewys en was vies vir my omdat ek haar nie verantwoordelik gehou het nie en omdat ons vriende was.My ma, wel dis seker nie nodig om dit te vertel nie. Dis n wrede ding om aan jou ma te doen. Dit het my lank geneem om alles in perspektief te plaas omdat my emosies so oorweldigend was dat ek dinge nie duidelik kon insien nie.Ek het selfs aan sy vrou genoem dat miskien moet ek na n sceance toe gaan want ek moet met hom praat. Sy het gelag en gesê dink ek vir n enkele oomblik Tom sal hom verwerdig om sy veskyning.n te maak…. en boonop as jy MY ken sal jy ook lag want dis nie in my repertoire nie. Dis nie iets wat ek aan glo nie. Nou na al die baie jare is ek hartseer maar regtig ook vies dat hy dit aan my ma gedoen het, die hoogtepunt van selfsugtighied en eiebelang. Dit beteken geensins dat ek nie selfmoord kan verstaan of dit nie soms eens kan regverdig nie, glo my daar is gevalle waar dit wel geregverdig is.
    En ja ek glo aan mense wat terminaal siek is, wat baie pyn het, wie se lewensverwagting in elk geval nie skitterend is nie en wat ontsettende trauma beleef het, wat hulp moet ontvang, dis net wat jy vir jou geliefde dier sou doen. Maar dis n ander saak as jy n las is vir jou geliefdes. Na al die jare verstaan ek Tom nou en hou ek hom verantwoordelik.
    Terloops daar is psigiaters wat uitsluitlik net in angstoestande spesialiseer.n Dokter sal nooit die korrekte medikasie kan voorskryf nie. Dis nie sy veld van opleiiding nie.

  2. rondomtaliedraai · Maart 20

    *drukkie* ❤ Jy is baie spesiaal

  3. perdebytjie · Maart 20

    Ai Skellie,sterkte.

  4. ekmyselff · Maart 20

    Strongs. Vasbyt!
    *drukkie*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s