Stomgeslaan. Net so kleine bietjie

Stilbek is ‘n heel bek.

So het Ouboet mos gesê.

Maar sy stilbek het hom die graf ingehelp. Pleks hy gepraat het!

Goed. Die Vrydag is gelaai vir swaar gemoede en baie fotos van Zuma.

Sal ek dalk vir die twee wat hier lees, ‘n goeie dosis sexy gee?

Girls, as julle ook iets soek. Gil voorbeelde!

BS8-e5PCUAAFquv.jpg largeC8Od5O_VwAAZNUk.jpg largeC8AuJGjXkAANnCaC7_3KS8W4AABVNI.jpg largeC77kQcGXwAAUqOWC7XDc4QXwAEloUO.jpg largeBTd5L7ECQAEo53E.jpg large

Terugvoer

Nee. Nie wat ‘n bees doen as hy herkou nie.

Gister het ek mos die psigiater gesien.

Goeie nuus: Ek is nie manic depressive nie. Die depressie is agv die angs. En omrede ek geen beheer het oor die angs nie, raak ek depressed.

Maak sin. Daar is niks so erg om iets te voel wat jy nie WIL voel nie.

So pille is voorgeskryf. Daar is gelag oor die homeopaat wat ek gesien het.

En getreur oor die feit dat ek nie meer die goedheid van kafein kan smaak nie.

En daar is net een ding lekkerder as ‘n glas Coke saam met jou maal.

Seks.

Die slegte nuus: Ek dink die aanvalle het my offisieel oud gemaak.

Hoekom?

Ek is meer opgewonde oor die nuwe pille wat ek gekry het as die nuwe video games wat ek het om te speel!

C8JENQ0VoAAb03D.jpg large

You spin me right round baby right round

Wowow.

Spin die wêreld ook so daar by julle?

As ek my ogies toe maak dan wel, dan voel ek hoe die aarde om sy as draai.

Of ek is net besig om as te sien breinsgewys?

Ek dink dis my brein wat nie weet wat de hel hom nou tref nie.

Eers gee ek pornografie op.

Toe hou ek op vloek, magtig!

En nou ook kafien.

Dink my brein gaan in skok in.

 

Woensdag: D-Dag

Een ding wat die slim mense reken: As jy sukkel met angs, journalize.

Hou ‘n dagboek.

Woensdag gaan sien ek die psigiater. Dis nou die Omie met wie jy praat oor jou repressed seksuele drange en jou verhouding met jou hond en kokketiel.

Soms loop die drange en die verhouding hand aan hand, ander kere nie. (Of so verstaan ek.)

Die groot verskil tussen oom Psigiater en oom Sielkundige is mos die boekie. Jy weet mos, daai een wat die groot pille kan voorskryf.

Nou so op die internet druiwetros hoor ek dat sommige van die pille kan jou impotent maak. Jy weet, instede daarvan dat jou vrou die bul by die horing pak try sy eerder om ‘n besemstok van jou slurpie te maak.

Bekommernisse terdëe.

Kyk. Nie eens oom Hefner se Playboy girls kry my meer opgewonde nie. Nie eens die lang, lenige brunette wie se baba op die heup gister in Spar my die kans gegun het om die berge en dale van die vrou se buuste (wat nogals ‘n 12/10 score ek moet sê) te bewonder nie.

Wat met klein knapie wat seker honger was en toe mamma se rok oopgetrek het soos wat ek in ‘n Aero so invaar.

Nou wat gaan die pille my aandoen? Is iets soos ‘n negatiewe ereksie moontlik? Dat my libido so laag gaan daal dat dinge sommer outomaties gaan opskop?

Soos ‘n Spur generator tydens loadshedding?

C75jxPoVQAAlYzX

Beter weer vandag

Gister? Gister was die donkerste dag ooit aanval gewys.  Sjoe.

Amper gedog ek sien nie die einde van die dag nie!

Wel, hier is ek. Baie beter bui as gister, en ek sien weer uit na iets! So goed om weer so iets te kan voel.

Realisties gesproke weet ek dit kan net weer so vinnig weggevat word met een aanval. Maar vir nou enjoy ek dit.

Liewe mense, vat dit nou van ou Skeletor af: As jy weet van iemand wat sukkel so met angs, wys vir hulle jy is daar en gee om?

Ek weet dit klink simpel. Vir my gister het ek gevoel dat my hele lewe verby was. En nie net in die doodgaan deel nie.

Alles wat ek voor lief is om te doen is/was nou op ‘n swartlys van dinge wat NIE gedoen mag word nie. Dit laat ‘n leemte.

Dit laat ‘n frustrasie.

Dit laat ‘n  hartseer wat soms onredelik kan raak.  Soveel so dat die persoon aan die einde van die dag begin dink, en erger nog, begin glo sy lewe is beter af in die graf.

My vrou het my uitgefigure. Vang my onkant met ‘n grappie of ‘n ding. Laat my lag. Ek voel beter.

Al is dit net vir ‘n rukkie. Maar daardie rukkie is net genoeg om so asemteug van hoop te gee.

Dankie ook aan die blogvriende wat ook inloer en sterkte sê. Ek weet in die straat sal ons mekaar onderstebo loop, beleefd askies sê en dis dan dit.

Maar elke virtuele drukkie en storie en woord van bemoediging word waardeer.

C7WJluZX4AM53yo.jpg large

 

Update

Met 7 dae om te gaan voor ek die psigiater se bank belê, wens ek dat ek kon sê dinge gaan beter.

Maar nou ja.

Dit voel nou al soos ‘n maand wat ek met die aanvalle sit.

Gister se vakansie dag was ‘n blessing in disguise. Ek het so bietjie later geslaap as gewoontlik. Ek en die vrou het so bietjie winkels toe gegaan, ‘n lekker burger vir lunch ge-eet en gaan nap.

By die huis natuurlik.

Lekker nê?

Totdat ek so bietjie begin lees het. Aanval nommer een. Dag sommer omgekrap.

Vanoggend in die verkeer. Nog ‘n panic attack.

Dit help ook nie dat elke keer wat ‘n epos in my inboks beland dat ek amper ‘n mini hartaanval kry nie. Is it ‘n custmoer wat complain? My baas wat my wil uithaal en fire?

Volgens die homeopaat moet ek die volgende uitsny:

Enige iets wat my adrenalien kan pomp, soos video games, rock musiek en well, wie weet wat nog?

Waarom gaan ek nie net dokter toe en vra dat ek maar eerder geskiet word nie?

Verlede week…

Verlede week die tyd het ek gesit en dink aan Meisie A. 22 jaar terug toe ek voet uit die skool gesit het, het ek en sy nie koebaai gesê nie.

Ek het haar eendag gesien waar sy in die Spur as waitress gewerk het, en my hoog en droog belowe het ek en my meisie tans gaan nog eendag trou.

Dit het nie gebeur nie.

En verlede week? Verlede week moes ek hoor die girl het selfmoord gepleeg.

40 jaar. Pragtige vrou gewees.

Net. Dood.

Selfde soos Ouboet 23 jaar terug.

En hier sit ek vandag. ‘n Maand lank elke dag twee panic attacks on average.

Ek hoor die die dood roep. Kom. Dinge is beter die kant. Kom. Dinge is lekker die kant. Kom na my toe. Ek sal jou rus gee.

Ek staan op. Skud my kop.

Nee.

Ek sal rus eendag ja. As die Vader my kom haal. Nie voor dit nie…

Is om omring deur idiote of net nog nie heeltemal nie

Goeie vrae…

blikskottel

Met die hele saga om Helen Zille en kolonialisme, wonder ek soms of ons nie omring is deur massas idiote nie. Tot die wat veronderstel is om slimmer te wees, leiers bv, tree idioties op.

Hoe de hel is Zille verkeerd, of reg, aangesien niemand nog ooit gesit het en sommetjies gemaak het, oor wat kolonialism nou eintlik gebring het as wins, of gesteel het nie.

Eeerlikwaar, nie een leier in die land vandag, vertrou ek nie.

View original post

Nice try…

Dokters : 3

Neuroloë: 1

Breinscans: 1

Sielkundiges: 1

Homeopaat: 1 (Maar om eerlik te wees, homeopaat is vir my van soveel nut as ‘n ginekoloog.)

Volgende stap? Psigiater.

Ek kry gister ‘n epos van my dokter af: Nee wat, Skeletor. Niks verder wat ek vir jou kan doen nie.  Jy moet maar ‘n psigiater gaan sien.

Lieflik.

Waar sou ek nou gegaan het en gaan dink: Wow boet, eendag gaan jou grootste struikelblok in jou lewe angs en vrees wees. En beste van als, dit is bang wees vir niks!

Iewers lag die duiwel in die mou en die Engele wonder wat die heiligdom gaan aan.

Of so hoop ek.

retard

C63qBsBWkAAQIGE.jpg large