Mielies gooi.

Ek is een van daai mense wat nie mielies kan verwerk nie. Met die eet is ek ook so bietjie lang tand.

Dis een van die dinge wat ek, ten spyte van myself net nie opgewonde kan raak oor nie. O, dis lekker om die ding se blare so af te trek, die hare skoon te maak en dan te dink: So dis hoekom oorlede boet na sy totter verwys het as ‘n mielie!

In elk geval.

Die lekker ruik as dit kook… Die eerste hap as jy net die sout oorgegooi het.

YUP! Eintlik mind ek nie die odd mielie in my lewe nie.

Dis net.. .dis net as die lewe sy gang gaan en mielie moet uit.

Wanneer die een plons op die toilet verander in plonsies. Dink as jy ‘n hand of twee vol klippe in die water gooi. Dis hoe dit klink.

Of as jy sommer kan voel aan die tekstuur. Hier kom die mielies.

Seer magie. Seer boudjies.

En dan volg die inspeksie. Ek is mos een van daais wat as ek klaar bomme gegooi het, observeer ek die skade. Dis hoe ek een dag mos as kind, die wurms daar sien krioel het.

Hardloop ek na my ma toe: “Ma! Daar is wurms in my poep!” gil ek met bewende lippies.
Dis toe ek uitvind my ma gee nie veel om nie. Stilte is ook ‘n antwoord.

Anyhow.

Met nou die aand se inspeksie wou ek foto’s neem. Een van die booshede wat moderne fone ons gee.

Want ek sweer, dit moes een van daai frats natuur ongelukke gewees het.

Ek staar. Ek kan nie glo wat ek sien nie.  Mielies. Perfek ingeryg, mooi langs mekaar op ‘n poefstronk…

brain_bleach2_4427

 

Advertisements

2 comments

  1. Lewies Mymer · Desember 30

    Jy moet daai mielies maar fyn kou sodat dit netjies kan passeer!

  2. rondomtaliedraai · Desember 30

    EeeeeEeeeeuuuwwww… heeltemal te veel inligting

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s