Mielies gooi.

Ek is een van daai mense wat nie mielies kan verwerk nie. Met die eet is ek ook so bietjie lang tand.

Dis een van die dinge wat ek, ten spyte van myself net nie opgewonde kan raak oor nie. O, dis lekker om die ding se blare so af te trek, die hare skoon te maak en dan te dink: So dis hoekom oorlede boet na sy totter verwys het as ‘n mielie!

In elk geval.

Die lekker ruik as dit kook… Die eerste hap as jy net die sout oorgegooi het.

YUP! Eintlik mind ek nie die odd mielie in my lewe nie.

Dis net.. .dis net as die lewe sy gang gaan en mielie moet uit.

Wanneer die een plons op die toilet verander in plonsies. Dink as jy ‘n hand of twee vol klippe in die water gooi. Dis hoe dit klink.

Of as jy sommer kan voel aan die tekstuur. Hier kom die mielies.

Seer magie. Seer boudjies.

En dan volg die inspeksie. Ek is mos een van daais wat as ek klaar bomme gegooi het, observeer ek die skade. Dis hoe ek een dag mos as kind, die wurms daar sien krioel het.

Hardloop ek na my ma toe: “Ma! Daar is wurms in my poep!” gil ek met bewende lippies.
Dis toe ek uitvind my ma gee nie veel om nie. Stilte is ook ‘n antwoord.

Anyhow.

Met nou die aand se inspeksie wou ek foto’s neem. Een van die booshede wat moderne fone ons gee.

Want ek sweer, dit moes een van daai frats natuur ongelukke gewees het.

Ek staar. Ek kan nie glo wat ek sien nie.  Mielies. Perfek ingeryg, mooi langs mekaar op ‘n poefstronk…

brain_bleach2_4427

 

2016…

Ek dink jy kan nou maar vir eers ophou hoor.

Eers my pa, toe die hond.

Die foon ook… Twee karre.

Dankie vir die troue though.

En die lekker vakansie.c0f11sjwqaav0o0

 

In jou drome!

Dis die standaard antwoord wat ‘n getroude man mos kry as hy sê hy gaan iets vir homself koop. Soos bv ‘n stoel gemaak vir games speel en wat R3500 kos.

Nou kyk. Die happy pille wat ek tans op is gee vir my sulke awesome drome. Soos dat die SABC my hele lewe verwoes het oor ‘n fiksie storie wat ek gepubliseer het. En die vind ek eers uit nadat iemand my vertel daarvan.

En die persoon pleeg selfmoord deur op ‘n roller coaster te ry wat hy self gesaboteur het. Staan ek en kyk hoe hy die tydelike se spoor kwytraak en die ewige ingaan met ‘n helse ontploffing. Want roller coasters is befaamd vir hulle ontploffende karretjies.

Of soos gisteraand. Vroulief wil met mag en mening ‘n threesome hê met ‘n meisie wat op haar dag Springbok gimnas was. In my drome. Natuurlik.

Die meisie is gewillig. My vrou is gewillig. Die vrou wat saam met my werk is ook gewillig. Sy vat net ons order vir ‘n threesome platter…

Enigste probleem is ons kry nie die gimnas meisie nie…