Video Speletjie van die Week: The Sims 4

So. Hier gaan ons. Die eerste pos oor games wat ek speel.

The Sims is een van die mees bekendste reeks speletjies op die mark en het vanaf die eerste weergawe tot die 4’e een wat ons vandag na gaan kyk, miljoene eenhede verkoop.

Wie sal hiervan hou:

Wow. Oud, jonk, man, vrou geniet hierdie speletjie terdëe!

Waarop speel mens dit?

The Sims 4 is uitsluitlik op Rekenaar beskikbaar, en glad nie op Playstation of Xbox nie .

Waaroor dit gaan:

As jy begin is jou heel eerste takie om ‘n Sim of Sims te skep. Jy kies of dit man of vrou is, gee hulle klere, haarstyle en vele ander kosmetiese dinge soos hoede, brille en dies meer. Selfs die gewig van die Sim.

sims02

So vinnige kykie na die Create A Sim skerm, waar die Sim waarmee jy gaan speel geskep word.

Nadat jy die  Sim geskep het, koop jy ‘n huis met die begin fondse wat die speletjie jou gee.

Jy trek in en dit is waar als begin. Jy moet ‘n werk kry vir jou Sim. Geld moet gemaak word om aan die lewe te bly, meer en beter dinge te kan koop soos beter TV’s (Sims raak, nes ons opgetens as hulle ‘n nare dag agter die blad het by die werk.) Hulle basiese behoeftes moet na omgesien word. Hulle moet bad, eet, slaap sosiaal verkeer en soos ons, piepie en poep.

My Sim, genaamd Pienk Brook het besluit om haar geluk te probeer as tuis blywende skilder.

1

Die skilderye is ‘n modifikasie wat ek self aan die speletjie gemaak het. Net om by my eie smaak te pas…

Sims bou hulle talente en vaardighede op elke slag wat hulle iets doen. Hoe meer hulle verf, hoe beter raak hulle met dit. Selfde met kos kook. Ywerige kunstenaars verf dan meesterstukke en bobaas kokke kook maaltye wat Sims gelukkig maak en langer die pensies volhou. Daar is soveel meer wat gedoen kan word. Sims kan fotograwe wees, tuin makers in hulle vrye tyd. En ja, verlief raak trou en kinders hê.

2

Kos kook in die begin stadium. Hier sien ons Pienk se kleindogter ‘n dis aanmekaar probeer slaan…

Vir dies van julle wat hou van julle eie stories opmaak is die speletjie perfek. Sepies kan geskep word wat skrik vir niks. Hieronder is die eerste Brook gesin wat ek gespeel het voor my rekenaar gegroet het.

3

Meneer Brook was gelukig getroud. Het ‘n pragtige vrou gehad maar hy het gesukkel om klein Meneer Brook in sy broek te hou.

Die huishulp het kort voor lank die ekstra aandag aan haar gegee kop toe gevat en toegelaat dat die vark van n verneukspul haar swanger maak.

7 keer.

4

Hierdie is keer nr 4 of 5…

Hierdie is maar net een van vele stories wat al geskrywe is deur die Sims 4 gemeenskap. Mevrou Brook het gelukkig vir Meneer Brook, nooit ingestap kom waar die meneer se pype bietjie skoongemaak word nie (Moenie bekommerd wees nie. Seks in die game is glad nie grafies nie. Dit word nie eers seks genoem nie, maar word na verwys as Woo-hoo. Enige naaktheid word gesensor.)

EN NEE! BETEKEN NIE EK PRAAT ONTROUHEID IN DIE HUWELIK GOED NIE!

Inteendeel, ek het nogals jammer gevoel vir Mevrou Brook wat nie eens weet wat aangaan nie! En dan nog haar man so goed behandel!

Hierdie is ‘n video speletjie wat wyd oop is vir jou. Net wat jy wil doen, kan jy doen. As jy bv glad nie voel dat jou Sims ontrou gaan wees nie, jy kan dit so doen. As jy wil hê jou Sim moet die rykste een in die buurt wees of die mooiste huis op die dorp hê, jy kan dit so doen.

Daar is vele dinge wat gedoen kan word, en wat ure se pret verskaf!

Advertisements

9 comments

  1. ekmyselff · November 10

    Ek het jare terug Sims vir my kids gekoop om op n PSPs te speel. Nou lyk dit dan vir my oulik, ek het nie daardie tyd so in detail na die game gekyk nie. Ek speel Sims in die regte lewe (met my eie lewe) weet darem nie of ek krag het vir NOG n gesin se drama nie…. lol . Klink my jy en Die Withasie sal lekker saam speel, sy is absoluut verslaaf daaraan.

    • Skeletor · November 10

      Gelukkig hier kan jy die drama hanteer! Ek het menige male al Sims kinders laat trek wat my iriteer het. Wel, veral toe die game my Sim “seen” met ‘n drieling…

      • ekmyselff · November 10

        Ooh heng…. 3 van die goedjies… tjo, ja nee ek sou ook van hulle laat trek. Dit is steeds baie “werk” wie betaal vir die trek en waar soek jy blypelk of is dit nie SO intens nie?

        • Skeletor · November 10

          Nee dis nie SO intens nie. AL wat jy doen is doen ‘n vinnige family management waar jy die Sims in ‘n ander huis inprop. Twee minute later en dis gedoen!

  2. diewithasie · November 10

    Ek is terug na sims 3. Sims 4 is so vlak en hou my skaars ‘n uur besig. As ek sims speel wil ek begin in die oggend en as ek opkyk moet dit 2 dae later wees. Miskien skrik die klomp wakker en bring seasons en pets weer terug. Ek hoop want anders smous ek my sims 4.

    • Skeletor · November 10

      Ek weet nie. Die ding wat Sims 3 vir my vermoor is die laai tye. Dit het naderhand so erg geraak hulle het ons ‘n “Find the hidden object” game gegee. Die vlakheid van die Sims 4 kan my SOMS vang, ek sal erken. Maar vir my wat nie so baie tyd het om te speel meer nie, is dit ‘n bonus!

  3. rondomtaliedraai · November 10

    Ek het jare gelede gaan kyk en begin maar dit was net te stadig na my sin Ek is seker dit het wonderlik verbeter want daar is baie mense wat dol daaroor is.

    • Skeletor · November 11

      Tina, ek sal eerlik met jou wees, die vorige games was ook net te stadig vir my. Die een se pas is perfek. Ek kan ‘n paar ure ‘n week speel en jy sal vordering sien. Baie belangrik vir my wat nie meer so baie kan speel soos in die verlede nie!
      PS: Ek mis jou vreeslik baie vandag!!!! 🙂

      • rondomtaliedraai · November 11

        Dis die lekkerste van aftree As jy lus het om die dag heel dag te speel is daar niemand wat jou keer nie. Al wat my beperk is my IK en tegnologies gestremdheid.

        Jy bly een van my super gunstelinge! *drukkie* ❤

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s