Quicky…

Wow. Ek moet erken. My pa se dood klap my vir ‘n ses soms!

Gister weer aan hom gedink. Vreeslik erg. Maar tog…

Kyk, as mens groot word in ‘n huis met een TV, een sport fanatikus en een video game verslaafde… Dan gebeur interessante goed.

Veral tydens 5 dag krieket.

Maak g’n fout. Ek en die Ou Toppie het baie saam krieket gekyk, en ek het dit geniet. Maar die 5 dag? Nee wat. Al rede hoekom ek sit en kyk is om HOM dop te hou.

Nie te lank nie, dan hoor ek daai snork. Dan het die La-Z-Boy gewen en die moegheid oorgeneem.

Sluip ek saggies op, verander die TV kanaal, prop die video games in en begin NET te speel.

Word hy wakker. “Sit af daai k@k! Sit terug op die krieket!”

Tien minute later… ZZZZZZZZZZZZZZZ

cx1pouywqaapric

Ek leef nog…

Werk is net vrek besig en als. Aande is ek te vrek moeg om selfs toilet toe te gaan.

Ek voel net jammer vir die Vrou wat wakker skrik as ek daai eerste harde poep gee…

Video Speletjie van die Week: The Sims 4

So. Hier gaan ons. Die eerste pos oor games wat ek speel.

The Sims is een van die mees bekendste reeks speletjies op die mark en het vanaf die eerste weergawe tot die 4’e een wat ons vandag na gaan kyk, miljoene eenhede verkoop.

Wie sal hiervan hou:

Wow. Oud, jonk, man, vrou geniet hierdie speletjie terdëe!

Waarop speel mens dit?

The Sims 4 is uitsluitlik op Rekenaar beskikbaar, en glad nie op Playstation of Xbox nie .

Waaroor dit gaan:

As jy begin is jou heel eerste takie om ‘n Sim of Sims te skep. Jy kies of dit man of vrou is, gee hulle klere, haarstyle en vele ander kosmetiese dinge soos hoede, brille en dies meer. Selfs die gewig van die Sim.

sims02

So vinnige kykie na die Create A Sim skerm, waar die Sim waarmee jy gaan speel geskep word.

Nadat jy die  Sim geskep het, koop jy ‘n huis met die begin fondse wat die speletjie jou gee.

Jy trek in en dit is waar als begin. Jy moet ‘n werk kry vir jou Sim. Geld moet gemaak word om aan die lewe te bly, meer en beter dinge te kan koop soos beter TV’s (Sims raak, nes ons opgetens as hulle ‘n nare dag agter die blad het by die werk.) Hulle basiese behoeftes moet na omgesien word. Hulle moet bad, eet, slaap sosiaal verkeer en soos ons, piepie en poep.

My Sim, genaamd Pienk Brook het besluit om haar geluk te probeer as tuis blywende skilder.

1

Die skilderye is ‘n modifikasie wat ek self aan die speletjie gemaak het. Net om by my eie smaak te pas…

Sims bou hulle talente en vaardighede op elke slag wat hulle iets doen. Hoe meer hulle verf, hoe beter raak hulle met dit. Selfde met kos kook. Ywerige kunstenaars verf dan meesterstukke en bobaas kokke kook maaltye wat Sims gelukkig maak en langer die pensies volhou. Daar is soveel meer wat gedoen kan word. Sims kan fotograwe wees, tuin makers in hulle vrye tyd. En ja, verlief raak trou en kinders hê.

2

Kos kook in die begin stadium. Hier sien ons Pienk se kleindogter ‘n dis aanmekaar probeer slaan…

Vir dies van julle wat hou van julle eie stories opmaak is die speletjie perfek. Sepies kan geskep word wat skrik vir niks. Hieronder is die eerste Brook gesin wat ek gespeel het voor my rekenaar gegroet het.

3

Meneer Brook was gelukig getroud. Het ‘n pragtige vrou gehad maar hy het gesukkel om klein Meneer Brook in sy broek te hou.

Die huishulp het kort voor lank die ekstra aandag aan haar gegee kop toe gevat en toegelaat dat die vark van n verneukspul haar swanger maak.

7 keer.

4

Hierdie is keer nr 4 of 5…

Hierdie is maar net een van vele stories wat al geskrywe is deur die Sims 4 gemeenskap. Mevrou Brook het gelukkig vir Meneer Brook, nooit ingestap kom waar die meneer se pype bietjie skoongemaak word nie (Moenie bekommerd wees nie. Seks in die game is glad nie grafies nie. Dit word nie eers seks genoem nie, maar word na verwys as Woo-hoo. Enige naaktheid word gesensor.)

EN NEE! BETEKEN NIE EK PRAAT ONTROUHEID IN DIE HUWELIK GOED NIE!

Inteendeel, ek het nogals jammer gevoel vir Mevrou Brook wat nie eens weet wat aangaan nie! En dan nog haar man so goed behandel!

Hierdie is ‘n video speletjie wat wyd oop is vir jou. Net wat jy wil doen, kan jy doen. As jy bv glad nie voel dat jou Sims ontrou gaan wees nie, jy kan dit so doen. As jy wil hê jou Sim moet die rykste een in die buurt wees of die mooiste huis op die dorp hê, jy kan dit so doen.

Daar is vele dinge wat gedoen kan word, en wat ure se pret verskaf!

Wow. 

Heel duidelik is WordPress nie die plek vir simpatie nie. Nee wat. Kanse dat ons perdeby vriendin ‘n strip club in die dorre woestyn gaan kry is beter.

Either that of ek is die plaaslike bron vir half gekleede Anime girls! 

Sies julle perverse varke!

Gesê tong in die kies. Moet nie julle Ma’s op my sit nie.

Dankie Pa

My Pa is so maand of twee terug oorlede. Sorry ek hou nie tred van sulke datums en dies nie.

Ek verkies om iemand  se lewe te onthou.

So was my Pa… Enige tyd as hy kon, het hy gehelp met iets. Karre regmaak (hy was ‘n selfgeleerde mechanic) tips en truuks hoe om ‘n verstopte, verspotte toilet drein te fix.

Ek kon nooit vertel hoe ek op die ou einde die drein reggemaak het nie. Hy is kort voor dit oorlede.

Vrydag het ek my erf porsie gekry.

Dankie Pa. 

Ek kon vir die liefde van my lewe uitvat vir ete op haar verjaarsdag. ‘n Oulike geskenkie koop en cupcakes.

Dankie Pa.

Ek kon ‘n groot klomp skuld afbetaal. 

Dankie Pa.

Dankie Pa vir die laaste hulp verleen. 

Maar dankie Pa vir die goeie mens wat Pa was. 

Dis my hoop en gebed dat ek die helfte van die man kan wees wat Pa was.