Om Grafte te Grou…

Ek het ‘n nuwe respek vir die mense wat gate grou vir ‘n lewe.

Gister oggend het ek die graf gegrou. Diep genoeg. Wyd genoeg.

Die hondjie toegedraai in ‘n handdoek.

Saterdag nog vir die vrou gesê ons moet die hond Dinsdag invat veearts toe. Ek glo sy tyd is min.

Maar net soos met my Pa was ek so verkeerd gewees.

Saterdag vind ons die dier op die gras. Haal skaars asem. Staar net voor hom uit.

Ek het saggies oor hom gevryf. Probeer water gee.

Als verniet.

Sy laaste asempie uitgeblaas soos ek die bruin pelsie gevryf het…

 

Advertisements

6 comments

  1. sovereignfemale · Oktober 10

    Ai shaim. Het saterdag n baba katjie aam die lewe probeer hou en is die aand ookrustig weg. Sy was so klein en nie myne so ekt nie eers n graf gegrou nie… Was die hondjie al oud?

  2. Tannie Frannie · Oktober 10

    Ek is so jammer…maar weet jy, so het die hondjie jou dalk ‘n baie moeilike besluit by die veearts gespaar…Sterkte met die leegheid daar waar sy plek was.

  3. perdebytjie · Oktober 10

    Ag eina dis so hartseer!Sterkte Skeletor.

  4. Net Ek · Oktober 10

    Ai, dis darem hartseer.

    Baie sterkte.

    😦

  5. rondomtaliedraai · Oktober 10

    *drukkie* … ❤

  6. coetzee2014 · Oktober 10

    Sterkte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s