So vinnige menings peiling

Vir dies van julle wat sou wonder:

Ek oorweeg dit om so een keer ‘n week ‘n plasing te doen oor ‘n video game wat ek speel of gespeel het. Meer om so bietjie dies van julle wat nie speel nie, in te lig oor wat die wonder wêreld van games bied en is.

Dit sal nie boeke wees wat ek skryf nie, maar ‘n kort sinopses oor die storie in die game, hoe dit speel en klein bietjie deel van wat dit vir my so wonderlike belewenis gemaak het!

Sal julle so iets lees of eerder net verbyskraam?

cvnmi72umae2rvq-jpg-large

Dubbel jou standaarde

Vanoggend is een van daai dae. Eers ontgeld die Passesier dit. “Stadig net so bietjie toe?” vra sy terwyl ek mik om in die ou voor my se boot in te jaag. 

Kyk. Ek kan ogies rol dat ek een van daai oor dramatiese drag queens in die skande sal, wel, steek.

Dus. Een persoon kwaad vir my.

Hier waar ek nou op die k@khuis sit en blog knyp ek genadelooslik hard. Een rede is die Ouma beskuit en koffie roetine. Die magie gaan lekker na die tyd.

Die ander rede: Is ek die enigste dom kind van my ma wat my gat afskrik en panic as ‘n customer inbel en vra vir terugvoering vir ‘n saak wat ek weet eknal die vorige dag gekry het? Nie dat ek die kant sit en niks doen nie. 

Rokers rook. Ek blog.

Bite me.

Sou iemand my een epos stuur van ‘ n customer wat my al die 5’e genader het?

Ouma en haar beskuite sal nie nodig wees vir my om myself te beskuit nie…

Dankie…

Danksy Ekmyself (die blogger nou) kan ek net nie meer dieselfde dink aan die woord titels nie.

Dit is vir altyd en vir ewig geruineer.

In elk geval. Ek weet my blog posts hierdie laaste ruk vandat ek weer die sleutelbord opgeneem het is maar bra mistroostig.

Hel. Die jaar is nogals vrek mistroostig.

En hier sit ek en voel soos ‘n varkhond as ek banke bel en ander finansiele instansies om uit te vind hoe lank ek moet wag vir my erf porsie.

Ja wel. Geld is geld… En my pa se laaste hulp aan sy seun gaan wees om skuld te delg.

Thanks Pa!

 

Niks rerig

Ek het niks rerig om te raporteer nie.

Well, ek praat glad nie oor die melt down wat ek gehad het in die dokter se spreekkamer nie.

Ek praat glad nie oor hoe ek soos ‘n baba gehuil het en sneesdoekies gegryp het soos een of ander dame in ‘n cheesy romance movie wat die liefde van haar lewe verloor het nie.

Ook nie dat die dokter ‘n pil so sterk voorgeskryf het, dat as ek die ding neem, ek kan sweer ek sien Neal Armstrong en Superman op die maan sit en tee drink saam.

Ook nie hoe ek, sonder enige skaamte in sig (wel, miskien so bietjie) ‘n video game klaar gespeel het waar die heldin wat ek geskep het, se boobs die hele wêreld vol rondswaai nie.

Ek bedoel, as jy wraak neem op ‘n lot buitenste ruimte wesens wat die aarde verwoes het, wie het ‘n bra nodig??

Knaap gedaan…

Vandag was wel, daar is nie gevoelens om die dag te beskryf nie.

O. Daar was baie gevoelens. Eers die bittere angs wat elke maand vir ‘n week of so ervaar.

Dan die snot en trane wat ek, groot man soos ek is, huil in ‘n dokters spreek kamer.

Ek kan die stront net nie meer hanteer nie. Selfmoord gedagtes, so donker as wat dit is wat my jaag en ek wat myself begin oortuig dat dalk is dit nie die slegste van idees nie.

Maar liefde en pille is ‘n ander ding.

Liefde wat saggies jou rug streel terwyl jy voel jy is oppad na ‘n senuwee ineenstorting.

Pille wat jou so damn mellow maak nie eers die sinkende rand laat jou sleg voel nie.

Vir dies van julle wat met angs stoei soos ek doen: Gaan spreek jou huis dokter. Praat met ‘n vriend/vriendin/familie lid wat jy weet jou ernstig sal opneem.

waiting_for_a_train_by_ilolamai-d6mnnfe

Om Grafte te Grou…

Ek het ‘n nuwe respek vir die mense wat gate grou vir ‘n lewe.

Gister oggend het ek die graf gegrou. Diep genoeg. Wyd genoeg.

Die hondjie toegedraai in ‘n handdoek.

Saterdag nog vir die vrou gesê ons moet die hond Dinsdag invat veearts toe. Ek glo sy tyd is min.

Maar net soos met my Pa was ek so verkeerd gewees.

Saterdag vind ons die dier op die gras. Haal skaars asem. Staar net voor hom uit.

Ek het saggies oor hom gevryf. Probeer water gee.

Als verniet.

Sy laaste asempie uitgeblaas soos ek die bruin pelsie gevryf het…

 

As jy hard genoeg druk…

Ek verstaan dit nie.

Eers word jy die pinkie gegee. Maar jy is geregtig op die hand. (Jy is. Dit was die laaste wil…)

Eers as jy gil en skree, dan word die opsie van die hele hand bespreek.

Maar dat Jan Taks twee van die vyf vingers gaan vat. Of dalk drie.

 

Geldsake en hoe om dit nie te doen nie…

Die maand was crappy.

Of eerder, is nog crappy.

Maar niks is so crappy soos daai gevoel om jou bankstaat te bekyk en te sien die goed wat jy DINK jy betaal het, het jy nie betaal nie.

En dat jy tog te lekker die geld wat jy “oorgehad” het, lekker uitgegee  het.

Dit is soos om uit te vind die girl wat jy die heeltyd nog ‘n crush op het, is eintlik jou niggie. (Ware verhaal vir ‘n ander slag.)

Hoop julle dag is amazeballs!

ct7lbjeviaiyot8ct6bgwjueaa1nscrmtpymvuaaej-i