Groote Griet…

Huisgenoot het altyd na dit verwys as buuste. Die woord is myns insiens net so klein bietjie meer walglik as borste.

Die Ingelse met hulle boobs slaan nogals die spyker op die kop.

Een ding wat my sal maak ‘n spyker in my eie kop inslaan is juis die internet. Of elke Jan Rap en sy maat wat nou net so ‘n harde opinie soos jy kan hê.

Lees ek ‘n tweet vandag. Jongheer is nie gelukkig met die groote van n nuwe video game se girls nie.

Die buuste is te groot.

Riiiiiigggghhhhttttt…

Sien. Daar is mos die geween oor hoe ons vroue net sien as boude en buuste. Fine.

Ons het nog baie vêr om te stap met vroue regte en so meer.

Maar vra ek toe vir jongheer: “Maar wat van dies van ons wat nou juis ‘n voorkeur het aan groot rondinge?” (Nog ‘n haatlike woord, dankie Huisgenoot circa 1986)

Sy response? Sodra ek weet sal julle weet…

IMG_1483.JPG

Seer pote en honne pote

Sug. Weer. Donderweer en blitse. Promise van rëen en dis ook al wat mens kry.
Boem. Vat so jou klein bliksem! Skrik goed!
Weer is die teenoorgestelde van klappers.
Klappers wat jou hond die skrik op die lyf jaag kan jy in die Mohamedaan of Goeie Christen se hol gaan opdruk en die man rede gee om harde k@k aan te jaag.
Maar weer? Ek kan nou NIE die hemele invaar en God vertel waar Hy daai lawaai makers van Hom kan loop steek nie.
Netnou bevind ek myself iewers in ‘n oop vlakte op ‘n onweer dag, en Liewe Jesus voel lus vir target practice…
Maar vandag wil ek vir Hom dankie sê vir my seer pote. Die hek wat ek moes sulke fensie plastiek mee toemaak. Die bloed blasie wat ekke myself geknyp het.
Dankie Here dat my hond weer veilig is in sy bedjie hier tuis vanaand…