Rotte in die totte

Gisteraand sit ek myself en vermaak daar voor die PC. Die anner helfte sit in die kamer en maak fotos’ vir haar fotoboek bymekaar.

Met die hitte en die sweet wat my tap eyeball ek die bottel Coke langs my en wonder of ek die hele ding moet uit suie of darem vir haar ook ‘n slukkie moet los.

Net voordat ek die ding leegmaak kom sy die kamer in. Begewe my moed my en offer ek haar ‘n slukkie.

Met die staan in die gang hoor ons iets wat klink soos ‘n voëltjie in die huis. Kyk, ons het nou al sulke moles in die huis gehad met ‘n Mynah wat wou kom kuier.

Verdere ondersoek klink dit of genoemde geveerde vriend buite in die tralie hek vas sit.

Sluip uit die huis uit. Nope.

Niks.

Boggeroll

Soos my seks lewe.

Kyk rondom my rond.

Shame. Hier sit hy vas. Onder in die tralie hek.

Nie ‘n oulike vreesbevange voël nie.

‘n Rot. Met ogies swart en vreesbevange.

Pleitend dat ek nie ‘n permanente einde aan sy knaag bestaan maak nie.

Eers try ek die ding met ‘n stok uit kry. Tik hom liggies dat hy sy gat kan wip en daar uitkom.

Geen kans.

Die arme ding laat saak sy koppie, so al asof hy nou vrede maak met sy lot.

Gryp ek ‘n ou was handskoen, gryp die arme ding daar aan sy stert en tel hom tog te maklik daar uit.

Rot en kaal hang hy daar, rot knatertjies in die warm V’town aandlug.

En toe gooi ek die dink voor ‘n aankomende kar in.

Grap net…