Let it Go… Let it Go…

Yes. Julle kan maar dankie sê as daai tune in julle koppe vassteek vandag.

Dit was ‘n plesier.

Die Apostel Paulus het gesê: Elke las moet ons afgooi. Die sonde wat so maklik verstrik.

Broers en Susters. Vandag wil ek amper soos ‘n Apostolie van ouds skree ” Kan ek ‘n Amen kry!” en hande klap van apparent blydskap.

Kyk. Jy hoef nie ‘n goeie Christen te wees om die waarheid te sien in Oom Paulus se skrywes nie.

Ons almal het maar so ‘n las of wat wat ons moet afgooi.