Emosionele Wipplank

Go on happy pills they said. It’s great, they said!

Ugh. Ek weet nie so mooi nie.

Is dit die pille wat hierdie wipplank veroorsaak of is dit dalk die Nuus wat my so het?

Le Sigh.

Op ‘n ander noot…

Ek weet nie hoekom nie. Nou die dag ry ek werk toe, en kom die gedagte by my op:

Wat sou my Pa se reaksie wees as ek moet uitkom en erken ek is bi-seksueel. (Nie dat ek is nie.)

Die afgelope paar dae was my pa pal by my. Die Chery karrertjie sukkel om te start, en amazing man soos hy is los hy als net om te kom help.

Ek wens ek kan meer soos hy wees!

Anyhow. Ek weet die post grens aan weird. Steeds het die vraag opgeduik.

Hoe sou hy die nuus vat?

Verder: Dink hieraan. Wat sal die persoon, hetsy dit vriend of familie lid is, wat jy reken is die naaste aan jou, se reaksie wees as jy so uit die kas moet klim?

Hallo! Kom ons praat oor die Dood

In Zagreb het ons na die mooiste mooiste begraafplaas gaan kyk.

Ek kan rerig nie vir julle verduidelik hoe mooi die laaste rusplek van sommige mense gelyk het nie.

Mense wat amper honderd jaar oudgeword het. Man en Vrou wat selfs in die dood nie geskei wou wees nie.

Die kind van 12 jaar oud…

In my lewe het ek die Dood ervaar as, ja, iets om hartseer te raak ook. Maar in al die gevalle, het ek so besef terwyl ek deur die strate gelei word van die ou stede, dat die dood van iemand baie soos die einde van ‘n era in die geskiedenis is.

My broer, my ma. selfs die troeteldiere wat ek moes afstaan.

Nou die dag, net voor ek op toer gegaan het, is die Buurman langsaan my pa-hulle dood. Oom Piet het die tydelike vir die ewige verlaat. Ek dink hy was 83 jaar oud.

Hy was ook, sedert ek kan onthou, daar in die huis langsaan. Besig met een of ander houtwerk projek. Soms bedonnerd, soms vriendelik genoeg om 7 jarige Skeletor ‘n geleentheid huis toe te gee van die skool af.

Sy vrou, wat al die kinders Ouma genoem het, is so paar jaar voor hom dood.

Ek weet niks van die begrafnis af nie. Was hulle saam begrawe? Apart?

Maar gister stop ek by my pa se huis. Langsaan staan daar een enkele bord: Huis te Koop. Privaat Verkoper.

Vir daai oomblik, het ek gevoel of die laaste van die Kinderdae wat ek gehad het, daarmee heen is. Soos die kafee op die hoek wat moes plekmaak vir die grassnyer plek.

Die Boekwinkel waar ek elke Vrydag een of ander speelding gaan koop het…

Maar met Oom Piet?

Vir al sy honde wat hy gehad het, het hy een naam gehad.

Ek wonder of ek ooit weer die naam Boelie gaan hoor vir ‘n hond…