Kom laat ons suip

‘n Mens is nie veronderstel om voor vyf in die more te moet blog posts skryf nie.

Nie op ‘n Sondag nie, in anycase.

Maar nou ja. Hier sit ek, in die koue, wens vir slaap maar is soortvan uit die slaapkamer verban.

Snork.

Ugh…

Droom jou drome en sien jou gesigte. Maar gisteraand se drome? Ek moet ophou met daai dop Jack Daniels voor ek gaan slaap. Sure, dit laat mens lekker slaap.

Maar die drome?

Hou verby.

1. Eers droom ek ons gaan shop by ‘n cash ‘n carry. En met ons bedoel ek my pa, ma en ek.

My pa skeur net pakke vuurhoutjies oop want hy wil net een vuurhoutjie koop. My ma koop groot pakke chips en soek toilet papier.

Ek staan by die elektroniese afdeling en kyk watse dildo om vir myself te koop…

2. Ek kuier by mense wat ek glad nie ken nie. Ek moet gaan die troon besteig en ‘n tjoklit treintjie laat gaan. Maar ek soek met alle mag eers my iPad want lees die moet ek.

Hoor ek my oorlede broer roep uit die een toilet uit. Ek moet kom kyk.

Stupid soos ek is, maak ek die deur oop. Die hele toilet, mure en al is met poefie toegemaak. Ek kyk so vir my broer en al wat hy kan sê is: “My maag het so bietjie gewerk. Maar ons kan nie die loo so los nie. Gaan soek vir jou ‘n emmer dat jy kan skoonmaak!”

En so gaan soek ek emmer…

waving

Advertisements

3 comments

  1. Daniël Bezuidenhout · Mei 24, 2015

    Nee man… daar’s iets anners in jou Jack!

  2. Sparkle · Mei 24, 2015

    As ek reg onthou het coke jou ook eenkeer so klomp vreemde dinge laat droom. Dalk moet jy hot chocolate probeer en ons vertel wat gebeur. (jy is gelukkig om nog flieks in jou slaap te kan kyk, ek droom baie min)

  3. ekmyselff · Junie 24, 2015

    Jy het behoorlik n klomp BOLLIE gedroom. Was seker verlig om wakker te word. lol

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s