Drome… Nog een

As daar een ding is van die happy pills? My drome is tog te interessant deesdae!

Gisteraand voor bed tyd sluk ek mos ‘n hele beker Coke af. En 3 uur die oggend?

Dan skree blasie “Ek is vol! Ek is vol!” met so ‘n skril stemmetjie.

Dan reken ek “Okay, okay. Bly kalm! Moet net nie jou broek natmaak nie!” en draai dan om en slaap verder.

My blaas en brein team dan op teen my.

En vanoggend se droom het nie teleurgestel nie.

Imagine ek staan by ‘n skool. Daar is sport. Die snoepie het my gevra om te help met die kos maak.

Soos dit wil, moet ek nou dadelik die likkewaan gaan melk. Net een probleem. EK kan vir geen rede gaan nie, en al wat ek ge-offer word (dankie Juffrou) is ‘n polystyrene bekertjie, en ek moet daar en dan gaan. In die kombuis. Voor almal.

Geen probleem. Ek haal die likkewaan uit, mik na die beker en begin. Beker is vol, en ek ledig hom in die toilet wat reg langs my staan. (My blaas haat my)

Eers is dit so gesonde geel stroom wat vloei. Sterk. Sonder ophou.

Ietwat ge-amuseerd merk ek dat die stoof nou vol piepie is. En dat daar ‘n man staan, arms al leunend op die stoof, reg in die middel van die stroom water geplant.

“Geen probleem!” reken hy my toe ek hom vertel van waarin presies sy arms ingedruk is…

IMG_9631

Advertisements

9 comments

  1. Sparkle · April 19, 2015

    Mens kan darm maar die snaakste goed droom ne. Aanvanklik het ek gedink jy praat van ‘n regte likewaan! Hehehe!

    • Skeletor · April 19, 2015

      Jong nee. Likkewaan melk sien ek nie kans voor nie!

  2. carolredelinghuys@Losbek · April 19, 2015

    My blaas is ook in my pad as ek wil slaap. Wil die ding afhaak vir die nag en oor die toilet hang

  3. rondomtaliedraai · April 19, 2015

    hehehehe… op my ouderdom moet mens maar opstaan en gaan … die ou blaas luister nie meer nie

    • Skeletor · April 19, 2015

      Die ding wat my worry is as jy droom jy laat gaan jou blaas, dat jy nie die ding in die regte lewe laat gaan nie! Ek is te oud en te jonk om nou al my bed te wil nat maak! 😛

  4. coetzee2014 · April 20, 2015

    Wat ´n interessante onderwerp, wat julle hier beet het, maar ´n probleem, wat ons almal voor te staan kom.

  5. Olga · April 21, 2015

    Pointing Percy of so iets ne. Drink maar die waterpil soggens. 🙂

  6. perdebytjie · Mei 11, 2015

    Bly maar droogbek hier van sesuur saans af,dan slaap ek deur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s