Een van daai dae

Wil jy my up in arms hê?

Vertel my dan dat video games die oorsaak is dat mense geweldadig raak en klomp mense des glorius to skiet.

Ten spyte van wat die “geleerdes” jou wil vertel, is ons gamers nie almal ‘n klomp mal hondsdolheid brakke wat net wil blaf byt en moor nie.

Maar nou die dag vind ek myself in ‘n akademiese penarrie. So by die huis en werk vat mens so ‘n breek, lees jy comics en so meer.

Gister kom ek op Cyanide and Happiness af. Somtyds is die humor skerp, ander kere val hulle die bus mis. Die trand is maar smaakloos daar.

Soos byvoorbeeld:

beth

Nou weet ek  nie wie van julle ken die storie van Rihanna nie. Sy’s die sangeressie wat so paar jaar terug goed onder haar boyfriend Chris Brown se vuiste deurgeloop het. Lelike ding. Rerig. Die foto’s was aaklig.

Chris Brown moet sy man-kaart inhandig as jy my vra.

Onthou die storie. Kom nou-nou terug daarna toe.

Right. So. Nou lees ek gister die redelik onsmaakvolle comics. Giggel so dan en wan vir die humor, skuif gou-gou oor na ‘n ander blad, kyk die nuus en so voorts.

Lees ek gister ‘n kommentaar op die net: “Rihanna is always winning”

En die eerste ding wat in my kop inkom? “That is if she’s not being beaten by Chris Brown.”

En daar dog ek ek huil, beskeit myself en gee terug MY man-kaart. En is ek sommer de donner in vir myself.

Ek is een wat glo EK is verantwoordelik vir die stront wat EK aanjaag. En dit sluit my eie gedagtes in.

Maar… Vra ek nou myself die ding af. Is dit moontlik dat sommige dinge jou so beinvloed dat jy naderhand soos die goed dink? Sonder dat jy regtig wil?

Of is ek maar net swak van brein, groot van bek?

Babas. Laat skrik die k@k uit jou uit

Babas. Laat skrik die k@k uit jou uit

Advertisements

7 comments

  1. rondomtaliedraai · April 17, 2015

    Ek verstaan nie heeltemal wat jy bedoel nie, maar die mense wat op die oomblik moor en verniet is mens wat nooit speletjies speel of selfs comics lees nie. Mense wat speletjies speel is volgens my gewoonlik nie sosiaal goed aangepas nie, maar selde geweldadig… (‘n mening want ek het nie bewyse nie)

    • Skeletor · April 19, 2015

      Daar het jy dit reg. As ons in die regte lewe sou ontmoet sal daar baie ongemaklike stiltes wees. Ek kan rerig nie met mense gesels in die regte lewe nie. Maar ook bygesê, ek het kleintyd al ‘n lelike knou weg gehad wat, snaaks genoeg, vandag nog my vertroue met inter persoonlike verhoudings erg belemmer.
      En nee, ek is nie geweldadig nie. Ek sal vuiste bal as dit moet, maar ek sal nie uitgaan en gaan skoor soek met mense nie!

      • rondomtaliedraai · April 19, 2015

        Ek doen ook nie regtig mense nie… veral nie vreemde mense nie. In my beroep was dit ok want ek was in beheer… maar funksies by vreemde mense is vir my pynlik

  2. Tannie Frannie · April 18, 2015

    Dink tog die speletjies het ‘n invloed op mens se gemoedstoestand. Laatlam speel sulke donker oorlewingscenario’s en hy het nou-die-dag ‘n apokaliptiese toekomsvisie vir Suid-Afrika geskilder wat verseker deur daardie speel-speel-tonele beinvloed is!

    • Sparkle · April 19, 2015

      Ek kan nie eintlik saampraat nie want ek speel nie eers kaart speletjies nie, maar ek reken die ouens wie vandag in die tronk sit maar min games gespeel het. Plaas dat hul het, dan het dit hul uit die moeilikhied uit gehou. ;). Ek het ‘n pel wie so lekker games speel, tot laat in die aand. Skeletor, sou jy reken mens kan verslaaf raak daaraan?

      • Skeletor · April 19, 2015

        Dit hang maar af,. Soos enige ding kan mens verslaaf raak aan iets. Games, drank, hot cross buns… Ek is nie regtig ‘n sielkundige nie. Dalk het jou pel net ‘n vreeslike lekker game gekry wat hy nou speel.
        My verslawing was dat ek derduisende rande per maand aan games bestee het, naweke om gespeel het en my mense lelik afgeskeep het.
        Dalk is die beste ding om te doen om jou pel so dan en wan te nooi iewers heen, soos ‘n eetplek of so, dat hy net vir so paar ure kan wegkom van die games af.

    • Skeletor · April 19, 2015

      Tannie Frannie, mens moet versigtig wees vir iemand wat aan die donker kant van die lewe leef te verwar met iemand wat net ‘n goeie verbeelding het.
      Wat jy speel, is maar ook soos wat jy lees. Games gryp jou, trek jou in en dis great. Dis ontsnapping en so meer.
      En ja, as die storie en game goed genoeg is, dan sal Laatlam se verbeelding dalk self neig om sulke dinge te “voorspel”
      Maar nou ja. Ek is ook nou nie ‘n sielkundige nie, maar ek kan dit sê: As games goed benut word, en jy nie jou hele lewe wegspeel nie, het dit ook hulle plek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s