Nagmerries en ander rillers

Nou maar kyk. Ek dink ons is almal geneig daartoe om so dan en wan ‘n lelike droom te hê. Iets wat jou laat wens jy kan eerder wakker word.

Myne was vir ‘n hele ruk die van ou Jason Voorhees, hokkie masker draende moordenaar van tieners wat spyker in die bos, dagga gebruik of, in die geval van die nerd van die groepie, haar innerlike “vamp” ontdek, net om die steek wat sy nie gesoek het nie, te kry.

Gewoontlik was dit Jason se Panga…

3945401_friday_the_13th___jason_voorhees_by_tomzj1_by_redhavic-d85yatw

Gisteraand s’n? Ha. Wens dit was Jason wat my rondgejaag get in my slaap.

Nee wat. Die ding begin heel onskuldig. Ek is by ‘n gastehuis. Daar is ‘n restaurant waar ek graag wil gaan eet. ‘n Oulike blonde kelnerin wag my in, en vat my na my tafel toe.

Oorkant my sit hierdie drop dead sexy middeljarige vrou en haar man. Ons maak flirtatious oogkontak en so speel ons eyeball voetjie-voetjie die hele aand.

En nou begin die weird.

Volgende oomblik is sy en haar man in die bed. Oppad om te slaap. Sy het sulke blou satyn slaapklere aan en die man weet ek  nie, want ek is te besig om sy vrou wit warm te vry hier langs hom.

Next moment steek hy my wysvinger en middelvinger in sy mond, en suig tog te sensueel aan dit.

Ek laat dit maar toe. Is seker maar die minste wat ek kan doen siende dat ek sy vrou left right en centre vry dat die spoeg so spat.

Next moment sit ek af. Soos ‘n computer. En toe ek weer myself op geboot (aangeskakel) vind, is ek in my woonstel wat ek en my oorlede broer deel.

Nou kyk, as ek van my broer droom, gaan enige droom in die rabbit hole in.

Buite die venster hoor ek: “Vanaand skiet ek jou vrek!” in so skril stemmetjie.

Bogger dit, dink ek en maak aanstaltes om uit die bed uit te kom. Vanaad moer ek iemand sommer dood met die vuis.  Maar Duvet se kind het ander planne.

Die verstrengel my so ek kan nie my arms los kry nie. Next moment breek die deur oop. ‘n Skraal mannetjie in ‘n wit hoody storm die deur in. Rig sy pistool op my en al wat ek kan doen is gil.

“Waaaaaaaaahhhhhhhhh!!!!!” skree ek. Kliphard.

Net om ‘n soliede poke in die ribbes te kry. “Wat de hel nou, Skeletor?” vra die verloofde, en ek imagine haar ogies was groter as Dollie Parton se buuste.

“Nagmerrie,” mompel ek deur die mis geslaap.

Of was dit?

Voor my oë het daai mannetjie op sy kniëe neergeval, en met ‘n gelaggie en rooi ogies sy verdwyning gemaak…

Advertisements

14 comments

  1. rondomtaliedraai · April 13, 2015

    hehehehehe…. dis ‘n woeste een Het jy hom so effe aangedik? Ek kan gewoonlik nie so in detail onthou nie

    • Skeletor · April 14, 2015

      Ek is nou ongelukkig geseend met ‘n brein wat amper elke nagmerrie wat ek gehad het kan onthou. Selfs die heel eerste een wat ek gehad het as ‘n jong laaitie!

      • rondomtaliedraai · April 14, 2015

        Ooo dit moet sleg wees… mooi drome ook?

        • Skeletor · April 14, 2015

          Ek kan nie onthou wanneer laas het ek n mooi droom gehad nie. 😦

          • rondomtaliedraai · April 15, 2015

            Ek droom elike aand … dis die bloeddruk medisyne maar ek dink ek kan dit beheer… dit begin ontstuimig maar raak dan rustiger tot dit sonder einde ophou

  2. perdebytjie · April 13, 2015

    Waar die hart van vol is…

    • Skeletor · April 14, 2015

      My hart is vol van blommetjie, bytjies, roomys en lollipops! Ek het nie ‘n vuil gedagte nie!

  3. Tannie Frannie · April 13, 2015

    Hmm, ja, dank jou die duiwel – hier sit ek nou, slapeloos en met koue rillings!!

    • Skeletor · April 14, 2015

      Ag sorry my Tannie. Volgende keer sit ek ‘n ouderdoms beperking op. 18(Horror, Sex, Nudity, Violence) en so meer. Net vir jou! 🙂

  4. Toortsie · April 14, 2015

    mmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmm

    • Skeletor · April 14, 2015

      Niks se ge-mmmmmmmmmmmmmm hier by my nie. Klink soos daai man wat my vingers suie… 😦

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s