Naweek. Tyd van rus?

best-photos-thechive-15Vandat ek op my happy pille is sien ek sommer baie meer uit na die naweek as vroëer. Hel, hier teen Maandag al wens ek dis al naweek.

Soos die res van die wêreld ook seker maar doen.

Die naweek weer, het ek sports beleef uit die hoogste rakke. Kyk!

Ons hond is nou oud. So oud, die weer sê net saggies askies vir die komende donderweer poep dan doen daai Worshond flik-flakke van vrees.

Selfs al is al die sterre in die aand uit, as die hond nie toe is op die stoep nie, ontgeld die kombuis deur dit weer soos daai pootjies aan die deur krap.

So gaan Saterdagaand, die horlosie soek so tien minute tot elf uur, uit om die hek toe te maak. So van die bure af hoor ek ‘n argument begin. Saggies, en soos dit aangaan so gaan die volume van die geveg ook op. Kort voor lank word daar geskree:

Die man gil.

Die vrou gil.

Die baba gil. Maar ek dink meer die baba is ongelukkig dat sy slaap alweer versteur word deur die dronkenskap van sy ouers.

Nie lank nie, of die lokasie kom sterk na vore. Gille word weer so intens ek dog mense gaan vermoor word hier. Bottels word geslinger en ek wou nog die foon gryp om die polisie te bel toe word dit net stil. Doodstil.

Dit was dit…

Aan die anderkant van ons huis staan ‘n lëe huis. Afgebrand so paar jaar terug maar die eienaars loots so dan en wan ‘n poging om die huis reg te maak.

Gisteraand lê ek, rustig en slaap. Of so wens ek.

Ek word wakker van die geluid van klappers wat afgeskiet word. Dit weergalm sommer so. Net soos wat dit sal klink as dit  geskiet word in ‘n lëe huis. En die timing van die klappers is perfek. Boem…boem…boem…

Kyk. Dis Sondagaand. Ek het tandpyn. Ek sukkel om te slaap. Die laaste ding wat ek nou soek is ‘n spul ongepoetse barbare wat dink dis Guy Fawkes. Wit, Swart, Geel. Ek voel Fawk-ol. Vanaand druk ek my snoet daar by die venster uit en gil dat die gode van Olympus sal bang word vir my.

Lig my kop op. Nee. Die “klappers” kom van die anderkant af. Soos in reg langs my.

Kyk. Ek het al langs ‘n paar mense in my lewe geslaap. En almal van hulle snork een of ander tyd. Maar daai dame van my? Sy kan nuwe maniere van snork mee vorendag kom soos jy nog nooit gehoor het nie.

Die perfekte “afskiet” van die “klappers” was toe al die tyd sy wat uitasem, en dan maak haar keel die klapgeluid…

Advertisements

7 comments

  1. tlr · Maart 23, 2015

    Daars blykbaar hierdie eksklusiewe behandeling beskikbaar in die Swiss Alps vir respiratoriese ongeruimdhede, bederf mekaar en sien dit sommer as n lekker wegbreek wat ook toekomstige bekaskenades kan hokslaan 😉

    • tlr · Maart 23, 2015

      bed-kaskenades ie “klapper-nabootsers”

  2. perdebytjie · Maart 23, 2015

    Hehe,ou snaaksie!Oulik geskryf.Ek het nou lekker gelag vir jou.

  3. rondomtaliedraai · Maart 23, 2015

    hehehehehe jy moet maar ‘n dubbeldosis van die pille probeer

  4. ddupl3ss1s · Maart 24, 2015

    Ek hoor ek snork ook.. nog nie gehoor van klapgeluide nie.. gmf ek glo jou niks nie!!

  5. Toortsie · Maart 25, 2015

    Klappers in die bed? 😯

  6. carolredelinghuys@Losbek · Maart 27, 2015

    Hehehe, omring die ellende jou van alle kante af!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s