Eers…

1184517

Mense. Rêrig. Ek blog baie minder, en ek belowe, daar is ‘n rede.

Ek wil nie kla nie. Ek wil nie hê julle moet hier aanland, en dan agterkom ek moan nie.

Want sien, ek het, soos baie mense, baie om oor te moan.

Maar, ek het ook, om dit in goeie Afrikaans te stel, donners baie om oor dankbaar te wees. En ek wil graag daai fokus van ek het baie om oor te kla, skuif eerder na ek het baie om voor dankbaar te wees.

Ek het amazing mense in my lewe.

My suster is die beste suster in die geskiedenis van sussies.

Dan praat ek nie eens van die wonderlike girl in my lewe nie, want sy het gesê as ek praat oor haar hier op die blogs is daar pêrre…

Maar ek gaan so bietjie kla vandag:

Waarom, moet mens eers, voorlat iemand in diens van die staat iets doen, eers gil en skree soos ‘n verdomde besetene?

Vir maande lank, is daar ‘n fire hydrant wat lek voor ons erf. Ek het die nou al in November aan die mislikepaliteit ge-raporteer. Boggerol gedoen deur die owerhede aan die saak.

Lekker soos ‘n cracker nê?

Vandag, net mooi gatvol geraak.

Gister is daar tyres gebrand in die Vereeniging sentrale besigheids distrik. Mense soek die Burgermeester se “kop” op ‘n platter. Hy moet eerder waai uit sy kantoor uit.

Ek sou SO graag saam daar wou wees. Saam my ou tyre aan die brand steek. Toyi-Toyi in die strate. Baksteen gooi.

Shosoloza sing uit volle bors.

Ek is gatvol.  (Die paaie ook, ek weet. Veral na die lekker rëen wat so geval het vanoggend.)

Samewerking.

Dit haal die pret uit als uit…

B-mDsF6XIAAJltN

Ek weet die is seker nou onsensitief en als, maar die speelgoed versamelaar in my soek die Fuhrer Poppie so graag.

Advertisements

2 comments

  1. Net Ek · Februarie 25, 2015

    Oooooohhhhhhh ek soek ook sulke poppie asb!!!!!!

  2. rondomtaliedraai · Februarie 26, 2015

    Hoekom wil jy in Vereeniging toi-toi? Jy bly mos nie daar nie?

    Ek is nou lekker dom want ek wonder oor die poppie… hy gaan glad nie by jou versameling pas nie? Hy het nie eers spiere nie? ❤

    Werk die pille al?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s