Happy Days are here to Stay!

B7dSx54CYAANGVA

]Ek hoop.

So gister gaan meld ek myself aan daar by my huis dokter. Ou Dokter Nic.

Nou Dr Nic is honestly, hy is 100% dokter maar ook so 25% showman. Eerlikwaar.

Om na hom toe te gaan is ook om ‘n vertoning te kry in hoe animated ‘n mens kan wees.

Gister nou moet hy vir my ‘n voorskrif gee vir die Panic Attacks wat ek so kry.  Staan hy eweskielik net so botstil in gehardlopery tussen sy tafel en die ondersoek bed, en staar na die muur.

Lyk of hy iets teen die muur try lees, so al asof hy nou ‘n lys van medikasie daar teen sy muur het.

Rerig mense. Daai kop van die man gaan so op en af, kompleet asof hy op ‘n verskriklike groot kennisgewing bord na iets soek.

Imagine iemand wat soek na ‘n naam op een van daai memorial walls met duisende name…

Goed. So. Voorskrif geskrywe vir Prozac se cheap sussie wat jy op die straathoeke sal kry. Nuzac.

En Epitec. Apparently ‘n Mood Stabiliser.

So. Een van die dae gaan ek wawiele doen. Permanent. En sal ek nie kan blog, Facebook of Twitter nie. Tensy ek iemand kan kry aan wie ek my posts kan dikteer.

Enige iemand beskikbaar vir daai posisie? Ken jy iemand wat werk soek? Ek kan nie betaal nie.

Maar ek dink “Blog diktasie geneem van wawiel arties” gaan nogals goed lyk op ‘n CV.

Of wat?

Advertisements

10 comments

  1. perdebytjie · Februarie 19, 2015

    Lyk my jy is deur ‘n moeilike tyd.Ek is bly om jou weer hier te sien!

    • Skeletor · Februarie 19, 2015

      Thanks perdebytjie. Weet jy, die panic attacks, veral die dae na dit, het my gehad wens ek was eerder dood. Regtig… My hoop is op die pille…

      • perdebytjie · Februarie 19, 2015

        Hou net moed,dit sal regkom.Ek is al ook deur soiets.Die pille neem ‘n hele rukkie om in te skop.Moet dus nie haastig wees nie.Dit gaan eers slegter voor dit beter word.

  2. rondomtaliedraai · Februarie 19, 2015

    Ek is bly jy het die dr. nader geroep. Hy sou dit nie sommer net voorskryf nie Sterkte!

    Ek sal maar nie aanbied om jou te help met die diktasie nie. Van dag het ek weer lus om die stomme kind toe te gooi – weet jy hoe selg is sulke grotes vir jou rugstring en as sy oud is hang dit op haar knieë … stomme kind!

    • Skeletor · Februarie 20, 2015

      Ag nee man! Is jy nou weer die ou vrou met die beswaarde hart???? Ons almal weet in jou gees is jy nog 23! Wat’s nou met die ou tannie van 95 kommentaar?

      • rondomtaliedraai · Februarie 20, 2015

        Man of ek nou 23 of 95 is, sulke grotes is vir my hondgrillerig… dit maak my sommer half naar. Dis soos ‘n melkkoei wat vir 3 dae nie uitgemelk is nie Stomme Koeitjie

        • Skeletor · Februarie 20, 2015

          Nee. Jig. Nou nes ‘n stout kind! 🙂

          • rondomtaliedraai · Februarie 20, 2015

            Lekker naweek … hoop die pille skop gou in!

            • Skeletor · Februarie 20, 2015

              Jong, dink ek moet vir jou gaan kuier en van die pille share! Ons kan saam hoog in die takke raak! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s