Stoelgang… Normaal. Of so hoop ek.

308835_fullDis 3 uur die oggend. Woensdag.

Na ‘n nag van burgers en biltong vreet (want eet is wat mense met maniere doen) besteig ek die troon met geen halelujah of enige seremonie van enige aard nie.

Nope.

3 uur die oggend sit ek, en klink dit asof ek water afslaan op daai toilet. Instede van die gerusstellende plons-plons wat ‘n goeie opelyf vergesel, klink dit meer asof die Vereeniging Brandweer hulle beste hosepipe daar in my toilet druk en spuit.

Dit het my so effens laat dink aan die dae toe ek nog by die huis gebly het, en my ma (aka Ouvrou) nog geleef het. Sal my pa gaan water maak, sal hy sommer so direk in die water pis.

Jy weet mos die geluid wat water op water maak. Hier twee uur die oggend as jy moet slaap is dit die heel irriterendste ding wat jy kan hoor.

Dan gil Ma daaruit die kamer uit: “Manie! Die Rand!”

Dan skree Pa terug. “Ag jou moer ook, man!” En dit gevolg dan deur stilte soos hy maar die brandslang mik na die rand toe.

(Dis maar hoe hulle met mekaar gepraat het. So, moet asseblief nie nou na die Menseregte komissie toe hardloop om my pa te laat toesluit nie asb. Dis maar moeilik om aan buitestaanders te verduidelik. Jy moes in daai huis geleef het om dit te gesien het en te waardeer)

Maar ja.

Na die Groot Maagwerkings van 2015, staan ek heel gedwee op van die toilet, reg om verder te gaan slaap.

Net jammer die magie het ander planne.

Nie tevrede daarmee dat ek nou net die Groot Spuitpoep van 2015 gehad het nie, nou moet ek nog vir Jaws ook gaan roep.

Sal so Vettie nou daar voor ‘n toilet neer duik, seat lig en “Jaaaaaaaaaaaaaaaaaawwwwwwwssssssssss”

Ugh. Nooit gedink half verteerde bacon sal SO lyk nie…

In elk geval…

Lang storie kort.

Ek wil nooit weer bacon of burgers voor my sien nie!

Advertisements

5 comments

  1. Net Ek · Februarie 6, 2015

    Hehehehehe!

    Wel ek is bly jy is darem nou beter Skeletor!

    • Skeletor · Februarie 6, 2015

      Net jammer dit vat BAIE om my te oortuig om vleis te eet…

  2. Net Ek · Februarie 6, 2015

    Foei, wou nog vra of Sussie ook maagpyn het? Die dat sy die pensie so vashou?

    • Skeletor · Februarie 6, 2015

      Jong, na ‘n naby-er ondersoek dink ek eerder sy het blaas probleempies… 🙂

  3. carolredelinghuys@Losbek · Februarie 7, 2015

    Stomme man! HEHEHE!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s