Eers…

1184517

Mense. Rêrig. Ek blog baie minder, en ek belowe, daar is ‘n rede.

Ek wil nie kla nie. Ek wil nie hê julle moet hier aanland, en dan agterkom ek moan nie.

Want sien, ek het, soos baie mense, baie om oor te moan.

Maar, ek het ook, om dit in goeie Afrikaans te stel, donners baie om oor dankbaar te wees. En ek wil graag daai fokus van ek het baie om oor te kla, skuif eerder na ek het baie om voor dankbaar te wees.

Ek het amazing mense in my lewe.

My suster is die beste suster in die geskiedenis van sussies.

Dan praat ek nie eens van die wonderlike girl in my lewe nie, want sy het gesê as ek praat oor haar hier op die blogs is daar pêrre…

Maar ek gaan so bietjie kla vandag:

Waarom, moet mens eers, voorlat iemand in diens van die staat iets doen, eers gil en skree soos ‘n verdomde besetene?

Vir maande lank, is daar ‘n fire hydrant wat lek voor ons erf. Ek het die nou al in November aan die mislikepaliteit ge-raporteer. Boggerol gedoen deur die owerhede aan die saak.

Lekker soos ‘n cracker nê?

Vandag, net mooi gatvol geraak.

Gister is daar tyres gebrand in die Vereeniging sentrale besigheids distrik. Mense soek die Burgermeester se “kop” op ‘n platter. Hy moet eerder waai uit sy kantoor uit.

Ek sou SO graag saam daar wou wees. Saam my ou tyre aan die brand steek. Toyi-Toyi in die strate. Baksteen gooi.

Shosoloza sing uit volle bors.

Ek is gatvol.  (Die paaie ook, ek weet. Veral na die lekker rëen wat so geval het vanoggend.)

Samewerking.

Dit haal die pret uit als uit…

B-mDsF6XIAAJltN

Ek weet die is seker nou onsensitief en als, maar die speelgoed versamelaar in my soek die Fuhrer Poppie so graag.

Happy Days are here to Stay!

B7dSx54CYAANGVA

]Ek hoop.

So gister gaan meld ek myself aan daar by my huis dokter. Ou Dokter Nic.

Nou Dr Nic is honestly, hy is 100% dokter maar ook so 25% showman. Eerlikwaar.

Om na hom toe te gaan is ook om ‘n vertoning te kry in hoe animated ‘n mens kan wees.

Gister nou moet hy vir my ‘n voorskrif gee vir die Panic Attacks wat ek so kry.  Staan hy eweskielik net so botstil in gehardlopery tussen sy tafel en die ondersoek bed, en staar na die muur.

Lyk of hy iets teen die muur try lees, so al asof hy nou ‘n lys van medikasie daar teen sy muur het.

Rerig mense. Daai kop van die man gaan so op en af, kompleet asof hy op ‘n verskriklike groot kennisgewing bord na iets soek.

Imagine iemand wat soek na ‘n naam op een van daai memorial walls met duisende name…

Goed. So. Voorskrif geskrywe vir Prozac se cheap sussie wat jy op die straathoeke sal kry. Nuzac.

En Epitec. Apparently ‘n Mood Stabiliser.

So. Een van die dae gaan ek wawiele doen. Permanent. En sal ek nie kan blog, Facebook of Twitter nie. Tensy ek iemand kan kry aan wie ek my posts kan dikteer.

Enige iemand beskikbaar vir daai posisie? Ken jy iemand wat werk soek? Ek kan nie betaal nie.

Maar ek dink “Blog diktasie geneem van wawiel arties” gaan nogals goed lyk op ‘n CV.

Of wat?

Stoelgang… Normaal. Of so hoop ek.

308835_fullDis 3 uur die oggend. Woensdag.

Na ‘n nag van burgers en biltong vreet (want eet is wat mense met maniere doen) besteig ek die troon met geen halelujah of enige seremonie van enige aard nie.

Nope.

3 uur die oggend sit ek, en klink dit asof ek water afslaan op daai toilet. Instede van die gerusstellende plons-plons wat ‘n goeie opelyf vergesel, klink dit meer asof die Vereeniging Brandweer hulle beste hosepipe daar in my toilet druk en spuit.

Dit het my so effens laat dink aan die dae toe ek nog by die huis gebly het, en my ma (aka Ouvrou) nog geleef het. Sal my pa gaan water maak, sal hy sommer so direk in die water pis.

Jy weet mos die geluid wat water op water maak. Hier twee uur die oggend as jy moet slaap is dit die heel irriterendste ding wat jy kan hoor.

Dan gil Ma daaruit die kamer uit: “Manie! Die Rand!”

Dan skree Pa terug. “Ag jou moer ook, man!” En dit gevolg dan deur stilte soos hy maar die brandslang mik na die rand toe.

(Dis maar hoe hulle met mekaar gepraat het. So, moet asseblief nie nou na die Menseregte komissie toe hardloop om my pa te laat toesluit nie asb. Dis maar moeilik om aan buitestaanders te verduidelik. Jy moes in daai huis geleef het om dit te gesien het en te waardeer)

Maar ja.

Na die Groot Maagwerkings van 2015, staan ek heel gedwee op van die toilet, reg om verder te gaan slaap.

Net jammer die magie het ander planne.

Nie tevrede daarmee dat ek nou net die Groot Spuitpoep van 2015 gehad het nie, nou moet ek nog vir Jaws ook gaan roep.

Sal so Vettie nou daar voor ‘n toilet neer duik, seat lig en “Jaaaaaaaaaaaaaaaaaawwwwwwwssssssssss”

Ugh. Nooit gedink half verteerde bacon sal SO lyk nie…

In elk geval…

Lang storie kort.

Ek wil nooit weer bacon of burgers voor my sien nie!