‘n Ope (lyf) brief aan Jan van Riebeeck

Liewe Jan

Dit spyt my sopnat dat jy vandag, daar waar jy in die hiernamaals sit, moet afkyk (of opkyk, depending on the political point of view van die leser hierso) en moet sien dat jy vir alles blameer word wat fout gaan hier in Sunny Souf Efrica.

Maar ek moet net eenvoudig vra:

Waarom het jy nie groter kragstasies gebou toe jy hier in 1652 aangeland het nie?

Ek bedoel, my fok man! Was jy nou weer hoog op die dagga en te veel gespyker deur die los floozies wat jy saam met jou gebring het van die Walletjies in Holland af?

Kon jy nie sien ons gaan meer elektrisiteit kort nie?

Nee man. Sies. Ek skaam my dood vir jou.

Tweedens: Jou slapgatheid teenoor misdaad. Weet jy, jy het my nou al, onder andere, twee Xbox 360’s, moerse klomp juwele, en last but not least, ook ‘n helse lot goed wat ergerlike sentimentele waarde gehad het, gekos. En ja. Ook ‘n stel prescription sunglasses. Maar okay. Ek weet. Ek klink nou net soos ‘n whiney white privilage entitled bitch.

Maar wat dan van al die ander k@k hierso? Moord. Bedrog. Korrupsie.

Jig Jan. Waar was jou brein? Te veel gepla oor daai wavy lang lokke van jou?

Derdens: Nkandla. Kyk. Ek verstaan. ‘n Verversingspos is belangrik. Maar die moerse hoenderhokke? Die lanie fire pit? Die “check my funky goose” amfiteater?

Liefde Groete.

Skeletor.

PS: Ek blameer jou ook vir my verslawing aan scantily clad females…

Advertisements

6 comments

  1. Lewies Mymer · Januarie 20, 2015

    Ou Jan het mos net ‘n kiosk hier kom oopmaak.

    • Skeletor · Januarie 20, 2015

      Sadly nie jong. Dis nou as Zuma en sy manne geglo kan word. Jan is mos Hollands vir Duiwel.

  2. carolredelinghuys@Losbek · Januarie 20, 2015

    Hehehe vir jou brief… en hou op om my so jaloers te maak met die mooi girls op jou blog!

  3. rondomtaliedraai · Januarie 20, 2015

    hehehehe vertel hom Boet! Ek sien Zuma piekel sowaar een van sy vroue saam Swede toe. Eish dit kos my baie geld

  4. Daniel Bezuidenhout · April 13, 2015

    Jy het vergeet van daai gravy train. Daai ding beginne hy mos toe ry toe hy van sy skippie ontslae raak…

    • Skeletor · April 13, 2015

      Nee kom nou Daniel. Gee die man darem net kans om die donnerse koloniale sous trein, aangedryf deur die beendere van die plaaslike volk uit te vind! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s