Waarom?

Een ding wat ek weet: As my verloofde die pos lees sny sy my keel af…

Kyk, ek is nie ‘n man wat BAIE politiek lees nie.  Ek sal die hoof opskrifte op News24 en IOL lees, en so dan en wan ‘n opninie stuk Daily Maverick.

Maar vanoggend lees ek ‘n artikel van Stephen Groottes. Met ou Malema gedrapeer oor ‘n Snooker tafel. As jy iets weet van Snooker af, sal jy weet as jou opponent jou in ‘n posisie het wat jy nie een van jou eie balle kan raakskiet nie, is jy ge-snooker.

Dis nou glo waar, volgens Groottes, Malema die ANC het.

Julius en sy Economic Freedom Fighters soek vandag nog, na al die tyd, ‘n antwoord van onse Nommer Een oor wanneer die Nkandla geld terug gaan betaal word.

Soos die res van die land ek reken. (Of eerder, dies wat nie blindelings die ANC ondersteun nie.)

My vraag wat ek vanoggend mee sit, en dit is waar die keel afsny ding inkom: Waarom lyk dit vir my asof Julius Malema die enigste hoop is wat ons het om President Zuma tot verantwoording te bring oor Nkandla?

En waarom lyk dit asof die DA tans net stof poep? Mmusi Maimane skryf baie goeie artikels vir die Daily Maverick maar as dit kom by Parlament sake? (Ek dink die hele land weet nou al, President Zuma lees nie meer koerant nie. Hel, sal JY iets lees as jy weet jy gaan net hoor watse slegte job jy doen?)

Malema en sy rooi overall brigade lyk my is ons hoop om Zuma te skud en goed te skud. Selfs al antwoord Zuma nie die vraag van wanneer gee hy die geld terug nie.

Ek glo dis Julius wat op ‘n hoogs dramatiese manier die wêreld gaan wys wat nou eintlik in die ANC se broek sit…

Advertisements

4 comments

  1. Net Ek · Januarie 13, 2015

    Kyk, ek weet boggerol van politiek, my kop is te plat.

    Maar,

    Ek weet daai rooi Teletubby kan ‘n moerse geraas maak as hy die dag lus het, so wie weet, dalk is dit soos jy sê?!

  2. carolredelinghuys@Losbek · Januarie 13, 2015

    Ek haat dit om te erken, maar ek wil al met jou saamstem!

  3. rondomtaliedraai · Januarie 13, 2015

    Ek weet nie regtig nie Ek dink die ANC het baie meer geld om veldtogte voer en daai mense wat hulle blindelings volg sien nie eers vir Malema nie. Ok miskien maak hulle dit vir die ANC ongemaklik maar intussen word miljoene Rande vermors met dioe speletjies en dan is dit nog my en jou geld

  4. coetzee2014 · Januarie 15, 2015

    Dink nog dat daardie, soos Net Ek hom noem, rooi Teletubby, ´n volgende president van SA is. ´n Ruk gelede het baie dit onmoontlik gevind, maar daar is hy al in die parlement.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s