Eeeeennnnnnnnnnnnnnnnn… Ek is nog aan’t lewe.

Ek wil nie graag die blog afskeep nie. Maar ek weet ek doen.

Is net, is net as mens niks het om te sê nie? Moet ek dan nogsteeds hier opkom een keer ‘n week en wat doen? Niks sê nie?

Nie dat my lewe so boring is dat niks blogswaardigs gebeur het nie! O nee. Als behalwe.

Ek het so paar weke terug ‘n amazing vakansie in Mosselbaai gehad! Ek het rerig verlief geraak op daai plek.

Die mooiste see views, die mees amazingste eetplekke. Gaan besoek gerus Kaai 4 Braai restaurant op die kaai. Beste restaurant ooit!

So paar weke terug sit ek voor my PC. Bored. Niks te doen nie. Ek reken dit was die somtotaal van ‘n hele ruk se siels ondersoek wat my die laat doen het.

Delete al die porn wat ek op my PC gehad het.

En hier is wat die sports begin. Ek wou nie iets hieroor skerts nie. Maar tog dink ek ek moet.

Sien, na die besluit van my wou ek ook nie meer blog nie. Ek wil nie vir mense vertel ek het al die porn delete, en dan die dag wat ek weer ‘n foto van ‘n girl pos wat dalk so bietjie meer wys as wat sy moet nie, dan weer die aakligheid van ‘n blog-oorlog met iemand te voer oor wat porn is nie.

Ek was al eenkeer daardeur. Wil nie weer nie.

‘n Wyse man het eendag vir my gesê van splinters in die oog van my broer en balke in my eie oog.

Die… kom ons noem dit die waarheid daarvan het my eers getref in my 38’ste jaar op die planeet.  En dis ‘n leuse wat ek my eie gemaak het.

Kan ek dieselfde verwag van my mede blog broers en susters?

Te oordeel aan die internet, nie so seer nie.

Almal van ons is geregtig op ‘n opinie. Net soos wat ek is. Maar is dit nodig vir ons om altyd daai opinies uit te bassuin op die bergtoppe van die wêreld wye web?

My wens vir die week?

Dat mense (en ek sluit myself hier in) sal besef: Om in ‘n ander mens se huis in te storm en die plek te kritiseer as lelik en walglik was nog altyd so bietjie… Ongeskik.

sunghi-041803-p07_011

Advertisements

8 comments

  1. Lewies Mymer · Desember 14, 2014

    Sung-Hi velly nice gil, no pawn.

    • Skeletor · Desember 15, 2014

      Ha ha! Ja nee kyk, sy het mos die Playboy dinge gedoen op haar dag, en well, ek sal erken ek crush op haar van toe af! Jig, dink dis nou al amper tien jaar of meer?

  2. crlredelinghuys · Desember 14, 2014

    Dis ‘n nice foto. Wens ek het so gelyk!

    • Skeletor · Desember 15, 2014

      Lag ek nou vir jou! Dis maar baie oefening en reg eet wat haar so goed laat lyk het. Sy is mooi om na te kyk, ek erken, maar helaas, ek soek ‘n vrou wat ook lekker in ‘n steak en chips kan inklim! 🙂

  3. rondomtaliedraai · Desember 14, 2014

    Ag kom nou Boet Ek het het nog nooit met jou baklei nie – geraas ja maar baklei nooit

    • Skeletor · Desember 15, 2014

      Nee Tina, met jou het ek geen probleem nie, want al die tye wat ons met mekaar verskil het oor iets was die respek altyd daar.
      Ek verwys meer na die Crusaders, wat, omdat HULLE dink ‘n ding is boos/evil, dat ons almal so moet voel/doen/optree.

      • rondomtaliedraai · Desember 15, 2014

        Ag hulle is al vir eeue besig met hulle eie agendas … sal ook nooit verander nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s