Platgeslaan, maar op ‘n goeie wyse?

Om te sê ons het swaar weer gehad hier in die Vaal, is die understatement of the year.  Ek het Sondagaand, so bietjies-bietjies my beste onderbroek bevuil soos die weer geslaan het.

Die damn goed het geklink asof dit REG BO ons damn huis gebeur.

Nou kyk, ons het die oulikste ou Worshond. Maar die ding is so bang vir die weer soos die Duiwel vir ‘n slypsteen. (Ek het nooit daai vergelyking gevang nie. Kan een van die ouer garde dit vir my verduidelik?)

Anyhow… So slaan die weer, en so krap die hond om in die huis in gelaat te word. Ding is, ons het nog NOOIT dit gedoen nie. Hy het so een of twee keer gekrap, dan het ons hom boks toe gevat en hy was not altyd orraait.

Tog Sondagaand toe.

Maandagoggend met die reen wat val, was dit nie vir my snaaks om die hond nie te sien nie. Ek het maar aangeneem hy het veilig in sy boks gebly.

Gisteraand? Heeltemal ‘n ander storie.

Geen worshond wat ons inwag by die huis nie. Niks. Ons soek. Ons skree.

Niks.

Gisteraand skiet ‘n ou gebedjie op. Laat die liewe Heer tog net ons hond terug bring.

Vanoggend.

Niks.

Ek bel die DBV. Ja. Iemand het vanoggend gebel oor ‘n worshond wat hulle gekry het. Bruin, met so wit gesiggie van die ouderdom.

My hond.

Ek vra maar solank my Pa om te gaan kyk of dit die hond is. Wragtag waar dit is!

Lang storie kort. Ek is platgeslaan.

Deur die klein maniere wat ek God sien werk in my lewe. Eers met my gesteelde foon wat ek terug gekry het. Dan met die manier waarop Hy my gedagtes verander sodra ek te paniekerig raak. Ja ek weet, mens kan sê dit is die brein se manier om jou te help deel met die spanning. Ek glo net eenvoudig dit is God.

En nou met die hond ook.  Ek het NET die DBV gebel, toe die dame sê die oproep voor myne was iemand wat die worshond geraporteer het.

Al wat ek kan sê is: Dank die Vader…

Kyk, ek wil hê julle as my lesers moet weet, hierdie gaan nie nou Skeletor’s Journal of Bergpredikasies word nie.  Nope. nee. Sorry.

Ek is nie ‘n leek pastoor nie.

Wil ook nie wees nie.

Sal ook nie wees nie.

Maar wat gebeur het, het gebeur…

 

Advertisements

20 comments

  1. Net Ek · September 30, 2014

    Dis amazing as mens sien hoe (goeie) dinge in mens se lewe gebeur sonder dat jy beheer daaroor het.

    Ek is bly dinge gaan bietjie goed weer!

    • Skeletor · September 30, 2014

      Ek is net te bly ek het my hond terug!!!!

      • Net Ek · September 30, 2014

        Ja ek kan dink.

        My hond is net skielik dood so paar weke gelede. hy het die oggend absoluut niks makeer toe ek werk toe is nie, en die aand toe ek van die werk af kom was hy stokstyf in sy hok. Hy was nie eers oud nie. 😦

        • Skeletor · September 30, 2014

          Ag nee! Dit moet crap wees!

          • Net Ek · September 30, 2014

            Ja, geen slangpik nie niks. Net dood. My man wou dadelik weer vir my ‘n Boston koop, maar ek is nou klaar. Ek sal maar net katte hê. Ek het nog ‘n hond, maar as hy ook vrek is dit maar so, ek wil nie weer honde hê nie. My hart raak te seer.

            • Skeletor · September 30, 2014

              Weet jy, toe ek ons Boerboel moes vat om te laat uitsit het ek snot en trane gehuil. Hel, ek het erger oor die hond gehuil as my ma! (Ek kon net nog nooit huil oor mense wat dood is nie.)
              Maar ek kan nie my lewe indink SONDER ‘n hond nie. Ja dit maak seer as hulle sterwe, maar die vet weet, daar is niks so lekker soos die liefde van ‘n hond nie!

              • Net Ek · September 30, 2014

                Ja sjoe dis erg!

                Maar eerlik? Ek is mal oor honde en baie lief vir hulle, maar ek verkies die rustigheid en kalmte van katte. Ek is eintlik maar ‘n katmens.

                • Skeletor · September 30, 2014

                  “If cats looked like frogs we’d realize what nasty, cruel little bastards they are. Style. That’s what people remember.”
                  ― Terry Pratchett, Lords and Ladies

                  • Net Ek · September 30, 2014

                    Hehehehe, cruel little bastards?!

                    My arme kietie! (alhoewel hy moer weird is soms!)

                    😆

                    • Skeletor · September 30, 2014

                      Pas by sy baas! 🙂

                    • Net Ek · September 30, 2014

                      😆

                      Beslis dink ek ook so!

  2. melouisef · September 30, 2014

    Kan hy nie maar inkom as die donnerweer slaan nie, hy belowe hy sal baie soet wees.

    • Skeletor · September 30, 2014

      Die probleem is as hy eers in is, dan neem hy oor. en my geliefde is erg sensitief vir hom. Sy gee hom een vryf en sy slaan bulte uit! Maar as die weer weer so swaar is gaan ek ander plan moet maak.
      Ek wil nie weer so skrik nie!

      • melouisef · September 30, 2014

        Eintlik is ek look allergies vir ons honde dus as ons almal

      • melouisef · September 30, 2014

        Saans TV kyk Dan drink ek maar allergex 😀 Hier is drie wat oorneem en dit help!

  3. rondomtaliedraai · September 30, 2014

    A-nee-a jy wat so bang is, verwag van die hondjie in vrees in sy boks te lê… maak ‘n plan!!!!!! Laat hom inkom en sit die radio/tv aan en sorg vir ‘n wegkruipplek!

    • Lewies Mymer · September 30, 2014

      Net so Tina, en daai brakkie het nie eens ‘n beste onnerbroek nie!

    • Skeletor · Oktober 1, 2014

      Weet jy Tina, jy is reg. Ek gee nie verskonings nie, maar die waarheid is dat my eie vrees my dryf om sulke simpel dinge te doen. Maar daar is vergader in die huishouding, en besluit as die weer weer so erg is gaan ons hom op die stoep wat toegebou is sit. Hopenlik help dit die arme dier…

  4. shadowwhisper · Oktober 1, 2014

    Ek is ook eienaar van ‘n worshond en die goed kruip diep in mens se hart. Ek is bly jy het jou hond terug gekry…. miskien is daar ‘n spesiale tipe beskermengel net vir hulle 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s