crazy-dog

Ek weet hoe jy voel, Tjom!

Gisteraand was seker die ergste wat ek nog die panic attacks beleef het. Net so vir die rekord, ek het vanogged weer een gehad. Derde dag na mekaar.

Gisteraand sit ons en kyk ‘n episode Castle. In kort, dit gaan oor ‘n skrywer, genaamd Richard Castle, wat ‘n New York speurder, Kate Beckett help om moord sake op te los. Dis nie so erg op die senuwees soos Criminal Minds wat met die donkerste van die mens se psiges deel nie.

Maar gisteraand se episode het so ietwat van ‘n emosionele einde gehad. En wel, die afgelope paar jaar vind ek dit maar moeilik om nie emosioneel betrokke te raak by ‘n TV show of fliek nie.

Met die dat ek besluit het, ek sal nie my manlikheid te VEEL van ‘n knou gee as ek so traantjie laat rol oor die hartseer in die episode nie.

Maar ja. Slim vang sy baas huil agter die klip!

Sal ek gisteraand vir jou trane uitpak wat skrik vir niks of niemand nie! Genade tog!

Ek voel vandag ek moet my Manly Membership Card gaan inhandig!

 

Advertisements

One comment

  1. rondomtaliedraai · September 19, 2014

    Moenie alleen voel nie! Ek het vanmiddag my poppe uit die kot gegooi en gehuil oor die bokkie wat hulle nie kom wegvat van die Landgoed nie. Ek het so getjank dat my keel nou seer is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s