Skeletor’s Journal of Fear…

Die ding wat ek die meeste haat van die crap panic attacks is dat dit met my emosionele well being rond f_k for lack of a better term.

Vrees, hartseer en negatiewe emosies is nie iets wat ek te lank mee wil sit in my dag nie. Fine, ek raak kwaad. En waar ek dit vir dae sou wys, word ek kwaad, fret and fume ek en voel so bietjie jammer vir myself en dan is dit ook verby.

Tyd om aan te gaan met jou lewe. Om weer die mooi, die snaaks, en die opregte dinge te sien en te waardeer.

Die vrees? Dit is sommer net ‘n bullshit ding wat nou net my emosies oorvat, en maak nie saak hoe ek myself convince daarvan nie, ek net nie die gevoel van vrees kan afskud nie.

En maak nie saak wat ek vir myself sê nie:  Dit werk net nie. Ek het NIKS om oor bang te wees nie. Versigtig wees, op jou hoede is een ding.

Maar bang om uit jou werksplek se kombuis te gaan af kafee toe?

Woah! Stop die lorrie net daar.

Laas keer (So maand terug) toe ek die aanvalle gehad het, was ek te bang om huis toe te gaan. Vandag weer.

Maar die vrees pak as jy so alleen sit. In stilte. Mense is om jou maar jy praat nie.  Dis net jy en jou gedagtes.

En jou gedagtes vat jou na plekke toe wat jy nie wil gevat word nie.

Dis aaklig.

Dit roof jou…

 

Advertisements

12 comments

  1. Net Ek · September 18, 2014

    Vrees en angs neem alle rasionele denke ens oor, dis vreeslik.

    Weet jy, ek was so paar jaar gelede op ‘n antidepressant wat my so mal soos ‘n haas gemaak het – ek wou onder elke trok inry en ek het mense in die winkels se vensters gesien wat my volg, en ek het stemme gehoor. Dit was vreeslik.

    Die ergste van als was dat ek VREESLIK bang was. Ek was vreesbevange dat my man besig was om my dood te maak. Ek het vir my ma gebel en gesê dat as ek iets sou oorkom kom hulle my man laat ondersoek want ek is seker hy is besig om my te vergiftig. Of ek sou vir my baas vertel het dat as ek in ‘n kar ongeluk doodgaan, moet hulle kyk, iemand peuter in die nag aan my kar. Of ek sou my ma bel en sê ek dink my man ruil my pille om. Ek kan vir jou honderde stories vertel wat ek als geglo het waar was.

    Ek dink ek het my ma-hulle mal gehad. Maar dis ‘n vrees wat jy vir niemand kan beskryf nie, en dit voel asof jy stoksielalleen op aarde is. Gelukkig het ons gou genoeg agtergekom dit was die pille en my medikasie is toe aangepas.

    Ek hoop so jy kom by iemand uit wat jou die regte antwoorde kan gee waarna jy soek.

    • Skeletor · September 18, 2014

      Die snaakse ding is, behalwe vir die een sessie,was ek nog nooit rerig by ‘n sielkundige nie. Nie by ‘n professionele een nie.
      So dit is vir my maar ‘ n vreemde ding,wat ek nie rerig graag wil doen nie.
      Maar, die feit van die saak is my storie staan so:
      Broer: Selfmoord gepleeg.
      Ander Broer: Epilepsie
      Suster: Verseie senuwee ineenstortings
      Ma; Ook senuwee ineenstortings, baie gehospitaliseer.
      Pa; Ook op senuwee medikasie, die rede daarvoor weet ek nie.
      So dit lyk my dit is in ons bloed. En dalk is dit maar net ek wat moet vrede maak met die hele ding, en maar die pille try.

      • Net Ek · September 18, 2014

        Probeer dit, jy het niks om te verloor.

        Dit kan net hierdie episodes dalk verminder. Ek dink dis die moeite werd om te ‘n go te gee! Vir jouself. Want jy verdien dit.

  2. melouisef · September 18, 2014

    Ek is regtig jammer vir jou – jy is nou angstig omdat jy angstig is, Eintlik moet jy by ‘n psigiater uitkom want hy / sy sal vir jou die regte medikasie voorskryf. Dis baie belangrik.As jy nie aan epilepsie ly nie dan kan die medikasie ‘n uiters negatiewe effek hê hoor, En epilepsie sal jy net optel met ‘n EEG wat deur ‘n neuroloog vertolk moet word! Dit sit nie in enige ou se broek nie, en huisdokters is nie daarin opgelei nie.
    Sela

    • Skeletor · September 18, 2014

      Dankie. Ek het ‘n afspraak gemaak by ‘n psigiater. Weet jy, dit is een of twee dae in die maand wat ek so voel, maar jig, dit is erg hoor.
      Ek het maar vrede gemaak dat ek maar ook dalk een van die miljoene gaan wees wat die pilletjies moet sluk. Maar so kan ek ook nie aangaan nie!

    • rondomtaliedraai · September 18, 2014

      Klink vir my na goeie raad.

  3. kellyseblog · September 18, 2014

    Dit roof jou…nes jy se.
    En ek verstaan dit. Myne word gelukkig al minder.

    • Skeletor · September 18, 2014

      Weet jy, dit gee my hoop. Dankie Kelly…

  4. rondomtaliedraai · September 18, 2014

    Ek het geen antwoorde nie…
    *drukkie*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s