Om jou kop te verloor…

Vandag se pos gaan baie selfbejammerend wees, ek moet erken. So as jy nie lus is om my op die skouer te pat en te sê: “Ag Shame Skeletor,” nie dan moet jy maar eerder verby hou,

So paar jaar terug het ek so bietjie droog gemaak by die werk.  ‘n Customer se navraag het ek so na gekyk, en vir twee weke nadat dit by my aangekom het, elke dag besluit ek sal dit more doen,

Totdat die customer ons bel, vra waar is haar werk, en die base by my wil weet wat aangaan.

Dit was die eerste dag wat ek een van die “aanvalle” gekry het.  Ek sal dit nooit vergeet nie.

‘n Sterk gevoel van deja-vu het by my opgekom, en vir ‘n wyle was ek in ‘n droom.  ‘n Swaar gesette swart vrou het ‘n trollie in ‘n lykshuis gestoot.  Ek kon nie die gesig van die persoon in die bed/trollie sien nie.  Maar die lykshuis was swart geverf, die beddens was van staatshospitaal kwaliteit.

Die tweede keer wat ek so aanval gekry het, was ek onder geen druk nie. Net so gesit toe boem! Weer dieselfde: Sterk gevoel van Deja Vu met ‘n droom van een of ander aard.

Maar dit was nou elke maand se storie. Aanval, deja vu en een of ander droom.

Dit was seker nou so twee jaar of wat terug.  Miskien meer.

Maar sedert dan, elke maand, vir een dag word ek platgeslaan deur die aanvalle.

Vandag is weer daar daai dag.

En alhoewel dit vandag baie minder gebeur as wat dit gewoontlik doen, is die ergste nog aan die kom.

Die loutere vrees vir die volgende twee of drie dae waarin ek gaan leef. Die geringste kraak van die hout gaan my vertel dat daar by ons ingebreek gaan word.

Verlede maand was die vrees so erg ek het gevoel ek wil eerder weghardloop as huis toe gaan na werk.  Wintermaande is die ergste, dit is dan wanneer jy donker by die huis kom. En jy weet nie wie of wat wag vir jou om die draai nie. Loutere vrees.

Helse vrees.

Daar is bitter min inligting oor wat ek deurgaan op die internet.  Die enigste iets wat ek kon kry was van ‘n man wat dieselfde simptome het as ek.

Hy het dit twee jaar of wat terug opgesit.  Geen resultate nie, geen inligting om hom te help nie.

My dokter het gedink dit is een of ander epilepsie en pille voorgeskryf. Nie gehelp nie.

Verdere leesstof het my vertel dit kan dalk agv spanning wees, of eerder Anxiety Disorder. Alhoewel die simptome wat ek het so hier en daar verskil, is dit die enigste ding wat naby kom aan wat ek ervaar.

So ek hoop. Ek bid dat dit net angs is.

Op die dae wat dit gebeur is ek bang. Ek rattle name af van mense wat ek in my lewe geken het. My eerste meisie wat Sannie van der Spuy. Haar ma Theresa, nooiensvan Smit. Was eers getroud met Chris, wat dood is wanneer? NIe te worry nie, jy was nog nooit goed met datums onthou nie.

Jou brein is okay. Jy onthou nog.  Soos altyd.  Niks ontsnap jou nie.

Maar die vrees is daar. Wat as ek ‘n gewas op die brein het? Wat as dit nie senuwees is nie? Ek is op ‘n senuweepil wat die aanvalle so bietjie onder beheer gebring het. So twee maande terug het ek dit elke twee weke gekry. Vandag is ons weer terug op so een keer ‘n maand.

So lyk of die pille dalk mag werk. Miskien die dokter vra vir sterkeres?

Ek is bang.  Wat as dit een of ander brein kanker is, wat besig is om my te beroof van my brein, my verbeelding? My vermoe om mense te laat lag, om ‘n vriend te wees, om ‘n lover in die regte lewe en ‘n ietwatse flirt op die blogs te wees.

Wat as ek nie daai storie kan klaar skryf nie?

Wat as ek HAAR vergeet? Vergeet van hoe dit voel om haar vas te hou? Om wakker te word in die middel van die aand, haar arm om my lyf.

As ek nie my eie naam kan onthou nie. Nie kan onthou wie ek is nie?

Ek is te jonk om dood te gaan.  Te jonk om, soos die een rekenaar tegnikus wat ek so vinnig ontmoet het, te kwyn totdat sy vrou met groot trane hom moes begrawe.

Die lewe bied my nog soveel. ‘n Amazing liefde, goeie blog vriende soos Tina en Net Ek. Mense wat ek nog moet irriteer, teen die mure uitdryf. Harmless mee moet flirt…

Lief hê soos net ek kan.

Vrees maak jou dood.

Dis al…

 

 

Advertisements

20 comments

  1. Net Ek · September 17, 2014

    Sjoe.

    Ek het so lank gesit en dink wat ek vir jou kan sê sodat jy effens beter kan voel, maar ek is ongelukkig nie soos jy wat met een sin iemand se dag kan ligter maak nie. 😦

    My hart is sommer seer vir jou vandag. Ek ag jou as een van my goeie vriende, en dis sleg om so hulpeloos te staan en kyk hoe iemand swaarkry.

    Ek het geen benul waardeur jy gaan nie – my angsaanvalle het ek vir ander redes gekry, tot laat in my lewe. My vrees vir die donker wat die lewe uit my lyf druk was ook oor ander redes, so ek kan geensins sê ek verstaan waardeur jy gaan nie. Ek verstaan wel vrees en angs, en hel is nie ‘n sterk genoeg woord daarvoor nie.

    Glo dit of nie, ek het net vanmiddag so halwe aanval gekry agter my lessenaar, oor werksdruk en die feit dat niemand self hulle werk kan doen nie, maar dis ‘n lammetjie in vergelyking waardeur jy gaan.

    Ek wens so ek het die antwoorde gehad waarna jy soek, of ten minste dan net ‘n paar woorde om jou beter te laat voel.

    • Skeletor · September 18, 2014

      Wow. Hoe respond ek op die sonder om as soetsappig of afkraakerig voor te kom? En ook nie om die ding cheap te laat klink nie?
      Dankie jy. Dit beteken baie dat ek kan weet daar is iemand oor die lyne heen wat omgee. Maak mens nederig.
      Of trots. Is dit trots om te erken jy is nederig? Ek glo so… 🙂

      • Net Ek · September 18, 2014

        Ja ek dink om nederig te wees is beslis iets waarop ‘n mens kan trots wees! 🙂

        En ja, ons gee om, ek het so vermoede meer mense gee om as wat jy dalk dink!

  2. melouisef · September 17, 2014

    Paniekaanvalle (deel van angs). Miskien moet jou dokter liewer ‘n anitdepressant met angswerende middel voorksryf.
    Sterkte!

    • Skeletor · September 18, 2014

      Dankie. Ek wonder of Jack Daniel’s tel as angswerende middel…

  3. rondomtaliedraai · September 17, 2014

    *drukkie* al gaan dit dalk nie help nie.
    Jy moet dringend hulp kry. Jy moet dalk die blog vir jou sielkundige wys.
    Die probleem is as dit jou werk beïnvloed is dit later ‘n ernstige probleem.

    *fluister* Hoeveel oefening kry jy? Ek vra net?

    • Skeletor · September 18, 2014

      Oefening??? Wat is dit? Kan ek dit op my pap eet??? Dankie T. Ek waardeer die inloer. Maar op ‘n ernstige noot, nie baie nie. Of eerder, net mooi niks. Ek moet begin, en oorweeg dit om net vir ‘n begin op en af in die erf agter te draf! (Seriously!)

      • rondomtaliedraai · September 18, 2014

        Mmmm ek kwel my oor jou.

        Neee mens kan nie begin draf as jy nie daarvan hou nie. Wat van ‘n oefenfiets? Bly weg van ‘n gim dit maak mens net eers depressief … al daai lywe sal mens jou polse laat afknaag.

        • Skeletor · September 18, 2014

          Polse laat afknaag? Hel, ek bly uit die gyms uit omdat ek nie vir die mense wil verduidelik waarom ek met ‘n knop in die broek staan oor al die dames wat so hard oefen nie!
          En oefenfiets? Daai ding maak my gat so lam ek kan nie langer as twee minute op die ding bly nie! 🙂

          • rondomtaliedraai · September 18, 2014

            hehehehe… jy gaan op die oomblik ook nie langer as 2 min kan hardloop nie!

  4. ddupl3ss1s · September 18, 2014

    Ongelukkig weet ek te min oor angsverteuring, maar in ons fam is jongman wat dit ook beleef- hy gebruik medikasie(permanent) daarvoor. Soms word hy nog gepootjie deur die allesoorheersende belewenis van angs. Hy het ook vertel dat dit veral gebeur as hy soms ontspanne is..of daarteenoor moet vlieg . Ek het groot empatie. Dit is nie net so bolangse bietjie bangerig gevoel nie… vir die wat dit ervaar hoop ek daar is meer permanente medikasie wat die angs hokslaan, ek wens jou beterskap toe. Jammer , ek weet ek praat dalk sonder ervaring..maar volgens hom (fam. lid) wen jy deur vrede te maak daarmee..dit is soos verkoue wat sommige seisoene meer voorkom. Hy gaan gereeld sielkundige toe..daar waar hy lekker kan gesels met iemand wat begrip het vir die versteuring..(gereeld.)

    • Skeletor · September 18, 2014

      Ek het kalmeer pille wat my dokter my voorgeskryf het wat die lewe so bietjie beter gemaak het. Maar dae soos gister en vandag klap dit my nogals bad. Die ding wat my net worry is, wat as dit nie net sommer angs aanvalle is nie, maar iets fout (drasties) met my brein…

      • ddupl3ss1s · September 18, 2014

        Nee… dit is nie jou brein nie. Dan sou daardie dr. jou lankal aanbeveel het vir ‘n scan .Angsaanvalle is ‘n bliksem. Ek dink steeds jy moet regte medikasie sommige meds veroorsaak natuurlik ook angsaanvalle.

        • Skeletor · September 18, 2014

          Jy is mos van die Vaal. Ken jy vir ou Dokter Niek Grobbelaar? Die man is my huisdokter. Briljante dokter, sukkel altyd om plek te kry,so ja, dalk is jy reg.

          • ddupl3ss1s · September 18, 2014

            Ek ken vir dr. Niek… van Vredefort dae af (toe het hy net begin praktiseer) oeg voel ek darem oudddd !!. Jy moet maar geduldig met jouself wees. Onthou altyd dit is hoekom daar spesialiste in hul eie gebied is.. miskien moet jy vir hom raad vra, kalmeermiddel is dalk tydelike oplossing maar dalk is daar permanente medikasie vir sodanige angssteurnis. Laat dit goed gaan met jou. O en onthou , daar is altyd mense wat begrip het , gesels met drs.

            • Skeletor · September 18, 2014

              Ek gaan vir my weer ‘n afspraak maak by die sielkundige daar by ons. Dankie vir die inloer!

  5. Lewies Mymer · September 18, 2014

    Anxiety disorder is ‘n bliksem, ek weet, maar met die regte medikasie kan dit baie goed in toom gehou word. Die ergste daarvan is dat dit so bleddie irrasioneel is.

    • Skeletor · September 18, 2014

      Dis die ding. Ek het GEEN rede om angs aanvalle te kry nie. Ja, soos baie Suid Afrikaners is ek maar geworry oor my veiligheid, maar ek is nie paranoid tot die punt van pateties nie.
      Ek hou die deure gesluit as ons in die huis is, as ek voor uitgaan en ek is agter besig sluit ek die voordeur en so aan.
      Maar daar is dae wat dit my so erg klap ek vertel nou die dag my baas, ek het letterlik gevoel ek wil weghardloop!

  6. scrapydo · September 30, 2014

    Het nou al die geskryf hier gelees. Na jou antw wat jy vir Tina gegee het oor die inbraak op haar landgoed het ek besluit om bietjie te kom grawe hier in jou geskrifte. Ek stem saam met baie dinge wat van die vriende vir jou skryf. Jy is beslis besig om jouself op te werk(as ek dit so mag noem) in jou onderbewussyn. Die ding is dit moet op een of ander staduim uit en in die oopte kom. Dis waar die sielkundige of selfs jou gewone dr kan help. Hulle weet al watter vrae om te vra en wanneer om stil te bly en jou te laat praat. Ek praat van ondervinding. Ek het heelwat belewe in my lewe wat ek maar altyd weggebere het. Die swart hond het my op stadiums goed beet gehad en daarby was dan angs aanvalle ook.(nie so erg soos jy belewe nie- gelukkig) Met behulp van menigte drs en sielkundiges het ek op die einde n dr gekry wat al geweet het hoe ek optree voordat dit sleg gaan. Dan het ek saam met my antidepressant(wat ek lewenslank moet gebruik!) n “senuwee”pil soos ek dit genoem het gebruik vir paar weke om weer te stabilliseer.
    Om met sielkundige gereeld te praat help ook as jy een het wat jou verstaan. Dis so lekker om te weet as die sielkundige mens weer lig in die donkerte laat sien. Sjoe, dis nou n storie wat ek vir jou vertel.Moet byse om skool te hou in privaat skool met agtergeblewenis was n teelaarde vir angs. Sterkte maar vir jou, dit gaan nie altyd so nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s