Platgeslaan, maar op ‘n goeie wyse?

Om te sê ons het swaar weer gehad hier in die Vaal, is die understatement of the year.  Ek het Sondagaand, so bietjies-bietjies my beste onderbroek bevuil soos die weer geslaan het.

Die damn goed het geklink asof dit REG BO ons damn huis gebeur.

Nou kyk, ons het die oulikste ou Worshond. Maar die ding is so bang vir die weer soos die Duiwel vir ‘n slypsteen. (Ek het nooit daai vergelyking gevang nie. Kan een van die ouer garde dit vir my verduidelik?)

Anyhow… So slaan die weer, en so krap die hond om in die huis in gelaat te word. Ding is, ons het nog NOOIT dit gedoen nie. Hy het so een of twee keer gekrap, dan het ons hom boks toe gevat en hy was not altyd orraait.

Tog Sondagaand toe.

Maandagoggend met die reen wat val, was dit nie vir my snaaks om die hond nie te sien nie. Ek het maar aangeneem hy het veilig in sy boks gebly.

Gisteraand? Heeltemal ‘n ander storie.

Geen worshond wat ons inwag by die huis nie. Niks. Ons soek. Ons skree.

Niks.

Gisteraand skiet ‘n ou gebedjie op. Laat die liewe Heer tog net ons hond terug bring.

Vanoggend.

Niks.

Ek bel die DBV. Ja. Iemand het vanoggend gebel oor ‘n worshond wat hulle gekry het. Bruin, met so wit gesiggie van die ouderdom.

My hond.

Ek vra maar solank my Pa om te gaan kyk of dit die hond is. Wragtag waar dit is!

Lang storie kort. Ek is platgeslaan.

Deur die klein maniere wat ek God sien werk in my lewe. Eers met my gesteelde foon wat ek terug gekry het. Dan met die manier waarop Hy my gedagtes verander sodra ek te paniekerig raak. Ja ek weet, mens kan sê dit is die brein se manier om jou te help deel met die spanning. Ek glo net eenvoudig dit is God.

En nou met die hond ook.  Ek het NET die DBV gebel, toe die dame sê die oproep voor myne was iemand wat die worshond geraporteer het.

Al wat ek kan sê is: Dank die Vader…

Kyk, ek wil hê julle as my lesers moet weet, hierdie gaan nie nou Skeletor’s Journal of Bergpredikasies word nie.  Nope. nee. Sorry.

Ek is nie ‘n leek pastoor nie.

Wil ook nie wees nie.

Sal ook nie wees nie.

Maar wat gebeur het, het gebeur…

 

Coming soon…

Ladies and Barflies!

Tomorrow I will be hosting author L E May, who has written a blog post REALLY close to my heart.

So who is L E May?  She’s the author of Inspired by Night, a book, that I as a straight faced, Chuck Norris worshipping block of muscle and concrete, a man so manly that manly men look up to me, am liking just a tad too much.

Why? It is romance. It is erotic. Or so I am told. Have not gotten to the steamy parts yet. Or so I was told.

So hold on to your pants: Draw tight those draw strings. Don your Economic Freedom Fighter’s Beret and no… do not wear the beret. Unless you want to.

Hoorah!

Ek is nog hier…

Al is dit ook maar net-net.

Vandag my nuwe werkslys gekry vir die volgende paar maande. Hmmm. Dit lyk asof hulle nou actually wil hê ek moet werk!!!

Sjoe!

Anyhow…

Right. So.  Een van die mooie dae gaan ek vir julle ‘n gas-skrywer aanbied. Ek gaan nie veel meer sê as dit nie: Ek geniet haar boek tans rêrig baie, en ek is opgewonde om haar hier te kan hê…

Net vir die Afrikaanses: Sy is ‘n skrywer daar uit die Britte se wêreld uit, so kom ons hou die konsentrasie kamp kommentare vir onsself?

Ek weet dis moeilik, what with old Sloet Steenkamp se sufferings en all.

Maar kom ons wys haar dat oud litnetters ge-manierde wetters is?

Dankie.

Die uwe.

Skeletor

 

Quotes: Terry Pratchett

In ‘n poging om die lesers wat hier land nie te depress totdat hulle hulle polse wil afkou nie, gee ek vandag vir julle ‘n paar Terry Pratchett quotes. Sir Terry is natuurlik die skrywer van die Discworld reeks boeke…

 

“The trouble with having an open mind, of course, is that people will insist on coming along and trying to put things in it.”

“Some humans would do anything to see if it was possible to do it. If you put a large switch in some cave somewhere, with a sign on it saying ‘End-of-the-World Switch. PLEASE DO NOT TOUCH’, the paint wouldn’t even have time to dry.”

“It is said that your life flashes before your eyes just before you die. That is true, it’s called Life.”

“Stories of imagination tend to upset those without one.”

“Wisdom comes from experience. Experience is often a result of lack of wisdom.”

“I’ll be more enthusiastic about encouraging thinking outside the box when there’s evidence of any thinking going on inside it.”

“Real stupidity beats artificial intelligence every time.”

“Sometimes glass glitters more than diamonds because it has more to prove.”

crazy-dog

Ek weet hoe jy voel, Tjom!

Gisteraand was seker die ergste wat ek nog die panic attacks beleef het. Net so vir die rekord, ek het vanogged weer een gehad. Derde dag na mekaar.

Gisteraand sit ons en kyk ‘n episode Castle. In kort, dit gaan oor ‘n skrywer, genaamd Richard Castle, wat ‘n New York speurder, Kate Beckett help om moord sake op te los. Dis nie so erg op die senuwees soos Criminal Minds wat met die donkerste van die mens se psiges deel nie.

Maar gisteraand se episode het so ietwat van ‘n emosionele einde gehad. En wel, die afgelope paar jaar vind ek dit maar moeilik om nie emosioneel betrokke te raak by ‘n TV show of fliek nie.

Met die dat ek besluit het, ek sal nie my manlikheid te VEEL van ‘n knou gee as ek so traantjie laat rol oor die hartseer in die episode nie.

Maar ja. Slim vang sy baas huil agter die klip!

Sal ek gisteraand vir jou trane uitpak wat skrik vir niks of niemand nie! Genade tog!

Ek voel vandag ek moet my Manly Membership Card gaan inhandig!

 

Skeletor’s Journal of Fear…

Die ding wat ek die meeste haat van die crap panic attacks is dat dit met my emosionele well being rond f_k for lack of a better term.

Vrees, hartseer en negatiewe emosies is nie iets wat ek te lank mee wil sit in my dag nie. Fine, ek raak kwaad. En waar ek dit vir dae sou wys, word ek kwaad, fret and fume ek en voel so bietjie jammer vir myself en dan is dit ook verby.

Tyd om aan te gaan met jou lewe. Om weer die mooi, die snaaks, en die opregte dinge te sien en te waardeer.

Die vrees? Dit is sommer net ‘n bullshit ding wat nou net my emosies oorvat, en maak nie saak hoe ek myself convince daarvan nie, ek net nie die gevoel van vrees kan afskud nie.

En maak nie saak wat ek vir myself sê nie:  Dit werk net nie. Ek het NIKS om oor bang te wees nie. Versigtig wees, op jou hoede is een ding.

Maar bang om uit jou werksplek se kombuis te gaan af kafee toe?

Woah! Stop die lorrie net daar.

Laas keer (So maand terug) toe ek die aanvalle gehad het, was ek te bang om huis toe te gaan. Vandag weer.

Maar die vrees pak as jy so alleen sit. In stilte. Mense is om jou maar jy praat nie.  Dis net jy en jou gedagtes.

En jou gedagtes vat jou na plekke toe wat jy nie wil gevat word nie.

Dis aaklig.

Dit roof jou…

 

Om jou kop te verloor…

Vandag se pos gaan baie selfbejammerend wees, ek moet erken. So as jy nie lus is om my op die skouer te pat en te sê: “Ag Shame Skeletor,” nie dan moet jy maar eerder verby hou,

So paar jaar terug het ek so bietjie droog gemaak by die werk.  ‘n Customer se navraag het ek so na gekyk, en vir twee weke nadat dit by my aangekom het, elke dag besluit ek sal dit more doen,

Totdat die customer ons bel, vra waar is haar werk, en die base by my wil weet wat aangaan.

Dit was die eerste dag wat ek een van die “aanvalle” gekry het.  Ek sal dit nooit vergeet nie.

‘n Sterk gevoel van deja-vu het by my opgekom, en vir ‘n wyle was ek in ‘n droom.  ‘n Swaar gesette swart vrou het ‘n trollie in ‘n lykshuis gestoot.  Ek kon nie die gesig van die persoon in die bed/trollie sien nie.  Maar die lykshuis was swart geverf, die beddens was van staatshospitaal kwaliteit.

Die tweede keer wat ek so aanval gekry het, was ek onder geen druk nie. Net so gesit toe boem! Weer dieselfde: Sterk gevoel van Deja Vu met ‘n droom van een of ander aard.

Maar dit was nou elke maand se storie. Aanval, deja vu en een of ander droom.

Dit was seker nou so twee jaar of wat terug.  Miskien meer.

Maar sedert dan, elke maand, vir een dag word ek platgeslaan deur die aanvalle.

Vandag is weer daar daai dag.

En alhoewel dit vandag baie minder gebeur as wat dit gewoontlik doen, is die ergste nog aan die kom.

Die loutere vrees vir die volgende twee of drie dae waarin ek gaan leef. Die geringste kraak van die hout gaan my vertel dat daar by ons ingebreek gaan word.

Verlede maand was die vrees so erg ek het gevoel ek wil eerder weghardloop as huis toe gaan na werk.  Wintermaande is die ergste, dit is dan wanneer jy donker by die huis kom. En jy weet nie wie of wat wag vir jou om die draai nie. Loutere vrees.

Helse vrees.

Daar is bitter min inligting oor wat ek deurgaan op die internet.  Die enigste iets wat ek kon kry was van ‘n man wat dieselfde simptome het as ek.

Hy het dit twee jaar of wat terug opgesit.  Geen resultate nie, geen inligting om hom te help nie.

My dokter het gedink dit is een of ander epilepsie en pille voorgeskryf. Nie gehelp nie.

Verdere leesstof het my vertel dit kan dalk agv spanning wees, of eerder Anxiety Disorder. Alhoewel die simptome wat ek het so hier en daar verskil, is dit die enigste ding wat naby kom aan wat ek ervaar.

So ek hoop. Ek bid dat dit net angs is.

Op die dae wat dit gebeur is ek bang. Ek rattle name af van mense wat ek in my lewe geken het. My eerste meisie wat Sannie van der Spuy. Haar ma Theresa, nooiensvan Smit. Was eers getroud met Chris, wat dood is wanneer? NIe te worry nie, jy was nog nooit goed met datums onthou nie.

Jou brein is okay. Jy onthou nog.  Soos altyd.  Niks ontsnap jou nie.

Maar die vrees is daar. Wat as ek ‘n gewas op die brein het? Wat as dit nie senuwees is nie? Ek is op ‘n senuweepil wat die aanvalle so bietjie onder beheer gebring het. So twee maande terug het ek dit elke twee weke gekry. Vandag is ons weer terug op so een keer ‘n maand.

So lyk of die pille dalk mag werk. Miskien die dokter vra vir sterkeres?

Ek is bang.  Wat as dit een of ander brein kanker is, wat besig is om my te beroof van my brein, my verbeelding? My vermoe om mense te laat lag, om ‘n vriend te wees, om ‘n lover in die regte lewe en ‘n ietwatse flirt op die blogs te wees.

Wat as ek nie daai storie kan klaar skryf nie?

Wat as ek HAAR vergeet? Vergeet van hoe dit voel om haar vas te hou? Om wakker te word in die middel van die aand, haar arm om my lyf.

As ek nie my eie naam kan onthou nie. Nie kan onthou wie ek is nie?

Ek is te jonk om dood te gaan.  Te jonk om, soos die een rekenaar tegnikus wat ek so vinnig ontmoet het, te kwyn totdat sy vrou met groot trane hom moes begrawe.

Die lewe bied my nog soveel. ‘n Amazing liefde, goeie blog vriende soos Tina en Net Ek. Mense wat ek nog moet irriteer, teen die mure uitdryf. Harmless mee moet flirt…

Lief hê soos net ek kan.

Vrees maak jou dood.

Dis al…